Avbob het Dinsdag ʼn splinternuwe webwerf bekendgestel wat daaraan toegewy is om nuwe digters se digkuns in al elf amptelike landstale ten toon te stel.
Mandela-onthullings: ʼn Ambulans wat brand en die oomblikke voor sy dood
Dié onthullings word gemaak in ʼn nuwe boek deur dr. Vejay Ramlakan, hoof van oudpres. Nelson Mandela se mediese span.
Man nag lank vasgebind ná kleinhoewe-aanval
Die aanvallers het gesê hulle gaan hom skiet. Hulle het hom vasgebind en ʼn kombers oor sy kop gegooi.
[Foto’s] Duisende kospakkies om hongersnood te voorkom
Die parkeerarea van die Time Square-kasinokompleks in Pretoria was Dinsdag ʼn miernes van bedrywigheid soos honderde vrywilligers kospakkies vir die Rise Against Hunger-inisiatief gepak het.
Speaker ‘op kort afstand’ doodgeskiet
Die speaker van die Raymond Mhlaba plaaslike munisipaliteit is Maandagaand koelbloedig in Fort Beaufort in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Herrie oor seuntjie wat met tuinslang afgespuit word
ʼn Foto van ʼn naakte seuntjie wat glo by ʼn kleuterskool met ʼn tuinslang afgespuit word in die snerpende winterkoue, het sosialemediaverbruikers warm onder die kraag.
Patoloë dreig om nasionaal te staak
Die staking volg nadat die nasionale gesondheidslaboratoriumdienste (NHLS) aangedui het hulle gaan nie die 7,3% salarisverhoging wat deur die patoloë en hul unies geëis word kan bybring nie.
Man moor glo eers vriend voor hy verkrag
ʼn 35-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy oor die naweek glo sy vriend vermoor en daarna ʼn vrou ontvoer en verkrag het.
Afrikaans Plus – ʼn nuwe strategie vir die ATKV
Die ATKV is steeds trots Afrikaans, maar “nie meer op ʼn selfsugtige basis nie,” sê Deidre le Hanie, die nuwe besturende direkteur van die ATKV.
Jhb-man begrawe ná raaiseldood
Die nadoodse ondersoek wat deur die staat gedoen is, is reeds afgehandel en die familie het die uitslae daarvan ontvang.
Vrou dood op kombuisvloer aangetref
Omdat die oorledene se suster geestelik versteurd is en haar man nie kan praat nie, kon niemand aan die polisie sê wat gebeur het nie.
Soektog na vermiste vissermanne voortgesit
“Sewe vissermanne is opgespoor van wie ses hospitaal toe moes gaan, een se liggaam is opgespoor en agt is steeds soek.”
Motorfietsongeluk eis jong man
ʼn Jong man, vermoedelik in sy 20’s, is Maandagaand in ʼn botsing in Gauteng dood.
Mandela-dag vandag wêreldwyd gevier
Nelson Mandela-dag word Dinsdag by verskeie geleenthede en op plekke reg oor Suid-Afrika gevier.
Man (40) in hof ná hy glo vriend se dogter (12) verkrag
Die man het die meisie na ʼn agterkamer gesleep, haar mond toegedruk en haar verkrag.
Skermswewer tref huis
Die man het veelvuldige beserings opgedoen toe hy ʼn muur van ʼn huis tydens die skermsweef-poging getref het.
Man sterf toe motor hom teen boom vaspen
Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die man was tussen die motor en ʼn boom vasgepen by die aankoms van nooddienste op die toneel.
Teenveldtog poog om afbrekende kunswerk te oorskadu
Die veldtog het ten doel om hierdie “kunswerk” toe te plak – met positiewe, opbouende woorde waarmee elke Suid-Afrikaner kan identifiseer.
Dreigende staking kan tot nog afleggings in staalbedryf lei
ʼn Staking in die bedryf sal nie net ʼn geweldige negatiewe impak op sowel die plaaslike staalbedryf en die land se ekonomie hê nie, maar ook op werksgeleenthede in die bedryf.
Só lyk Wes-Kaapse damvlakke nou
Die damvlakke in die Wes-Kaap is die afgelope week effens hoër, maar dit is nog nie naastenby die vlakke op dieselfde tyd verlede jaar nie, volgens statistiek deur die departement van water en sanitasie.