Van die wêreld se gevaarlikste snelboulers het al met indrukwekkende snorre gespog – van Dennis Lillee en Fred Spofforth tot Mitchell Johnson en Anrich Nortjé.
Novak gee homself ʼn rede om te glo
Tennisliefhebbers het ʼn bevestiging gekry van iets wat hulle eintlik lankal reeds weet: Selfs al sukkel Novak Djokovic met ʼn besering is hy steeds beter as die meeste ander spelers.
Goeie naweek vir SA Gholf
Die Suid-Afrikaners in die American Express-veld het die naweek deeglike kennis van hulself laat neem.
Griek amper die pad byster teen Sinner
Stefanos Tsitsipas het vóór gister se wedstryd nie ʼn enkele stel in vanjaar se Australiese Ope-toernooi afgestaan nie. Hy moes egter harde bene teen Italië se Jannik Sinner kou.
6/20: Roelof laat Giants struikel
Daar is min spelers wat met soveel passie soos Roelof van der Merwe speel – die voormalige Protea wat deesdae vir Nederland in aksie is.
Masuku se droomskop gee Cheetahs vlerke
Siya Masuku het Sondagmiddag nader gestaan en komkommerkoel met die strafdoel van sowat 45 meter geslaag.
Lions gaan van vyfde na tweede rat
Ondanks ʼn geploeter in die tweede helfte – nadat hulle ʼn rustydvoorsprong van 27–5 opgebou het – het die Lions steeds genoeg gedoen om die Dragons te klop.
Proteas speel soos dorings teen Rose
Dit was hoogdrama in Kaapstad toe ʼn briljante Suid-Afrikaanse netbalspan gelykop teen Engeland in die vierhoekige reeks gespeel het.
Novak veg voort ondanks besering
“Soms werk die pynpille en die behandeling; ander kere weer glad nie. Dit is omtrent vir jou ʼn tuimeltreinrit.”
Bezuidenhout skitter met 10 voëltjies
Die meeste van die aandag was op die Spaanse gholfspeler Jon Rahm en die Amerikaanse groentjie Davis Thompson gerig, maar die opmars van Suid-Afrika se Christiaan Bezuidenhout is ʼn bietjie opsy geskuif.
Trane rol oor die Blitsbokke
Die Blitsbokke sal beslis die gordyn wil toetrek oor hul vertoning by Wêreldrugby se sewestoernooi in Hamilton, Nieu-Seeland.
Stormers vat in tweede helfte vlam
Die Stormers, wat rustyd met 3-6 teen die Franse ASM Clermont-span agtergeloop het, het in die tweede helfte na die hoogste rat oorgeskakel.
’Quins lag laaste in aksiebelaaide stryd
Die Sharks het egter met hul vier drieë ʼn waardevolle bonuspunt weg van die huis ingeoes. Kyk ook hier na Eben Etzebeth se opportunistiese drie.
Silwer Varings te sterk vir Proteas
Die Proteas het goed in die eerste twee kwarte gespeel, maar die Kiwi’s het die doelkrane in die derde kwart oopgedraai.
Grigor staal hom vir Novak-aanslag
Intussen is verlede jaar se finalis, Daniil Medvedev, deur Sebastian Korda uitgeskakel.
Coetzee blink uit in Abu Dhabi
Die Engelsman Luke Donald, wat later vanjaar die kaptein van die Europese Ryderbekerspan is, sal die 17de putjie nog lank onthou.
Blitsbokke op wenpad ná derde sege
Geoordeel aan hul vertonings op die eerste dag, behoort die Blitsbokke die nodige grofgeskut te hê om tot die halfeindronde deur te dring.
Siviele eis dreig oor rugbybeserings
Die eisers vra dat Wêreldrugby “onmiddellike veranderings” aan die spel aanbring, soos ʼn verpligte limiet op die hoeveelheid fisieke kontak wat tydens oefensessies plaasvind.
Bulls dis gevriesde spel in koue op
Die Pretorianers het met een van hul swakste vertonings van die afgelope paar jaar vorendag gekom toe Lyon hulle in ʼn Kampioenebeker-wedstryd oorrompel het.
Proteas wil vir opskuddings sorg
Norma Plummer het in die aanloop tot die vierhoekige reeks in Kaapstad daarop gesinspeel dat die Proteas nie sommer vir Australië, Engeland of Nieu-Seeland sal terugstaan nie.