Vandag se sportnuus

Dis terugbetaaltyd vir die Springbokke wat Vrydag in Koemagaja teen Japan in ʼn Wêreldbeker-opwarmwedstryd speel, en in tennisnuus is Serena Williams op koers na haar 24ste Grand Slam-titel nadat sy Elina Svitolina in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope oorrompel het.