Net betyds vir toerismemaand het Suid-Afrikaners nou weer die geleentheid om hul land én sy ryk, uiteenlopende nasionale skatte te verken.
Silwerskermfees bemagtig steeds die plaaslike rolprentbedryf
Die eerste kykNET Silwerskerm-webinaar sal van 2 tot 4 September plaasvind.
Virtuele koor soek na jou stem
Hoop Ongegrendeld, ʼn aanlyn Afrikaanse koorportaal, het jou stem nodig om deel te word van ʼn virtuele koorproduksie, wat ʼn boodskap van hoop wil uitdra.
Stap saam met Donnalee en kroos vir sonskyn
“Dit voel dalk of die jaar gekanselleer is, maar vriendelikheid, deernis, sonskyn, geluk, samesyn, om daar vir mekaar te wees, en liefde is beslis nié gekanselleer nie.”
Nuwe aanlyn formaat vir vanjaar se Silwerskermfees
“Ons is opgewonde oor die insluiting van internasionale vennote om saam te werk, te inspireer en noodsaaklike bedryfskennis met Suid-Afrikaanse rolprentmakers te deel.”
Sleep vlerk in jou moedertaal met Armand Aucamp se nuwe app
“Ons weet en glo dat Koer al die regte boksies op die eeue oue vraag sal aftik: ‘Sal jy met my kys?’.”
Niël Rademan: ‘Geen kunstenaar kan sonder applous voortgaan nie’
Hessequa Harmonie, ʼn klassieke musiek- en woordkunsfees, gaan voort te midde van die Covid-19-pandemie. Dié fees word van 15 tot 19 September in Heidelberg, Suid-Kaap, aangebied.
Lexus- en Toyota-eienaars kan Classics 2020 gratis kyk
Die Lexus Classics-konsert verbreek dié naweek die stilte met sy eie nuwe digitale weergawe van die gewilde konsertreeks.
Kunsbeleggers bie miljoene op Stern, Pierneef en kie
Suid-Afrikaanse versamelwyn en kunswerke van JH Pierneef, Pieter Wenning, Gregoire Boonzaier en Irma Stern is die afgelope naweek vir miljoene opgeveil.
Pierneef, Stern onder hamer by winterveiling
Strauss & Co se winterveiling vind regstreeks vanaf 26 tot 28 Julie plaas. Kunswerke van JH Pierneef, Pieter Wenning, Gregoire Boonzaier en Irma Stern word dán onder die hamer gebring.
Foto’s: Voortrekkermonument kry ’n veelkleurige baadjie
Maroela Media het verlede week die geleentheid gehad om self te gaan loer hoe daar gerepeteer word vir die aanlyn konsert wat op Vrouedag (9 Augustus) uitgesaai sal word.
Spoegwolf, Corlea, Jannie Moolman aanlyn by Voortrekkermonument
“Die Spoegwolf-masjien het nodig om weer te loop. Ons kan nie wag nie. Ons gaan ʼn hele paar liedjies vir die eerste keer ooit speel.”
Beleef ‘Eet Kreef! Herleef’ in musiekrolprent
Die groep het ook vroeër vanjaar ʼn Fiësta-toekenning verower vir beste musiekgedrewe produksie – podium.
Unieke uiteet-ervaring tydens Covid-19
Die restaurant moedig mense aan om ʼn kombersie saam te bring of om ʼn matras agter op jou bakkie te gooi vir ʼn snoesige en romantiese aand uit.
Sandra Prinsloo aanlyn te sien in ‘Oskar en die pienk tannie’
“Die seuntjie se positiwiteit ten spyte van sy lot is wat so aangrypend is en veral in hierdie tyd is dit vir ons ʼn goeie les.”
‘Fynskrif’-akteur skep aanlyn platform vir akteursgemeenskap
“Ons as vryskutakteurs kan ʼn beweging begin waar ons ons eie droomprojekte laat realiseer deur mekaar te bemagtig.”
Digitale konsert help ‘Angels’ én sangers
Vyf uitmuntende sangers is deel van 2020 se opwindendste digitale konsert ter ondersteuning van Jacaranda FM se Good Morning Angels-projek.
Innibos Digitaal skop dié naweek af
Die Standard Bank Innibos Kunstefees neem hierdie naweek ʼn digitale gestalte aan vir die heel eerste Innibos Digitaal-fees.
Bernice West: Nuwe lieflingkind van Afrikaanse musiek
“Die Here het net die pad vir my so mooi oopgemaak, en ek is so bevoorreg om reeds te kan doen waarvoor ek lief is.”
E-konsertgids: Dié vermaak op Jeugdag aanlyn te sien
Dinsdag 16 Junie is Jeugdag en Maroela Media het ʼn konsertgids saamgestel van aanlyn konserte waarmee musiekliefhebbers op dié vakansiedag kan ontspan.