Skaars 10 minute nadat Maroela Media Dinsdag berig het dat ʼn vrou van Danabaai in die Wes-Kaap in besit is van ʼn jong vrou se verlore beursie en op soek is na haar, is die beursie met sy eienaar herenig.
Vreemd
Video: Man in trane na ‘groot nuus’ in fotohokkie
Jessica Devins en haar man is gaande oor fotohokkies en sy het daarom besluit om die nuus, dat hy ʼn pa gaan word, in een van dié hokkies met hom te deel.
Foto’s: Kunspret met piesangs
Stephan Brusche, ʼn kunstenaar van Rotterdam in Nederland, skep ongelooflike kunswerke met piesangs.
Video: Advertensie oor huishoudelike geweld maak opspraak tydens Super Bowl
ʼn Treffende, dog baie ontstellende advertensie wat ten doel het om bewustheid rakende huishoudelike geweld te skep, het vanjaar groot opspraak gemaak by die Super Bowl.
Video: ʼn Skitterblink koperpot in ʼn japtrap, sonder chemikalieë
Is jou koperpot vuil? Dis geen probleem nie – met dié twee items wat daagliks in die meeste huishoudings gebruik word, kan jy ʼn vuil koperpot sonder moeite blink poets. Maroela Media het dit op ander koperitems getoets en dit werk net so goed.
Broers herskep kinderfoto’s vir ma
Drie volwasse broers het besluit om foto’s van hul kinderdae te herskep en vir hulle ma ʼn spesiale kalender daarvan te maak.
Krokodil byt man van Pretoria
Okkert Smit (53) van Pretoria het ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn krokodil hom by die Rust de Winter-dam, noordoos van Pretoria, aan die kuit beetgekry het.
Video: Só sny mens ʼn soetrissie
ʼn Soetrissie is veral heerlik in slaaie en pastageregte, maar dit is soms ʼn tameletjie om die soetrissie maklik te sny.
Video: Noodkerse tydens beurtkrag
Eskom is steeds besig om beurtkrag toe te pas, maar hierdie video wys vir jou oulike maniere hoe om ʼn paar noodkerse te maak uit eenvoudige items wat jy sommer in jou huis beskikbaar het.
Vrou betaal R1,8 m. per jaar om op passasierskip te woon
ʼn Weduwee van Florida in die VSA spandeer $164 000 (nagenoeg R1,8 miljoen) per jaar om permanent op ʼn luukse passasierskip te woon.
Hier is die Mej. SA-finaliste
Die top 12 Mej. SA-finaliste wat sal meeding om die titel van Mej. Suid-Afrika 2015, is aangewys.
Video: Helen Zille gryp in tydens verkeersknoop
Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het Saterdag dadelik ingegryp tydens ʼn verkeersknoop voor haar huis, Leeuwenhof, in Kaapstad.
Video: Boogskutter-video baie gewild
ʼn Video oor Lars Andersen, meester van die eeueoue tegniek van boogskut, is baie gewild op sosiale media en is die afgelope 24 uur meer as 3 miljoen keer gekyk.
Video: Ongelooflike kunswerk met 64 000 eetstokkies
ʼn Kunstenaar, Red Hong Yi, van Maleisië, het ʼn indrukwekkende meesterstuk met 64 000 eetstokkies gebou.
Video: Miljoene vir katjies wat “ontplof”
ʼn Nuwe kaartspeletjie wat gebaseer is op katjies wat ontplof, ʼn paar bokke en lang rughare, het binne drie dae op die skarefinansieringswebwerf reeds meer as $3 miljoen (R34 miljoen) gewerf. Die doelwit was $10 000.
Video: Beste handeklap-vertoning ooit
ʼn Video van ses jong mans wat met ʼn handeklap-vertoning aan ʼn talentkompetisie by ʼn jeugkonferensie deelgeneem het, doen weer die ronde op sosiale media.
Video: Kangaroe hop vrou van fiets af
ʼn Vrou van Canberra in Australië is vroeër die week deur ʼn kangaroe van haar fiets af gespring.
Man se Facebook-profielfoto’s gryp verbeelding aan
Hy is ʼn chirurg, ʼn myner, Indiana Jones, ʼn onderwyser en nog vele meer. Niemand weet egter wie hy regtig is nie behalwe dat sy Facebook-profielfoto’s wyd op sosiale media versprei word.
Video: Grootste foto ooit
Dit is veral die einde van dié video van die grootste foto ooit wat mens se asem wegslaan. Meer as 2.7 miljoen mense het reeds die video op YouTube gekyk.
Heldhaftige reddingspoging in Kampsbaai
Shane Keenan (18) van Fourways in Johannesburg is Maandag by Kampsbaai in Kaapstad tydens ʼn waaghalsige reddingspoging van verdrinking gered, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in ʼn verklaring gesê.