Eskom moes Dinsdagaand inderhaas bekommerde Suid-Afrikaners paai nadat die kragvoorsiener vroeër die dag gesê het fase 5 tot 8-beurtkrag kan toegepas word om die las op die kragnetwerk te verlig.
Alles vir die sleutelwoord "Eskom"
Beurtkrag: Só staan sake
Gordhan het vanoggend erken dit gaan ʼn enorme stryd wees om die kragkrisis te oorkom.
Beurtkrag sal trae ekonomiese groei verder strem
Kommer oor die ekonomie en of Eskom wel daarin sal kan slag om elektrisiteit suksesvol te voorsien, is hierdie week die groot besprekingspunt op finansiële markte en onder beleggers.
Nuuskommentaar: België verkoop surpluskrag teen verlies ʼn jaar ná beurtkrag
Kwalik ses maande gelede is die Belge gewaarsku dat hulle dalk strawwe beurtkrag tydens die Europese winter te wagte kan wees, maar die afgelope naweek is so ’n groot surplus van krag gelewer dat groot bedrywe betaal is om meer krag te gebruik. Intussen gaan Suid-Afrika onder fase 4-beurtkrag gebuk. Kan Suid-Afrika iets by België leer?
Beurtkrag deur die nag, môre weer toegepas
Beurtkrag sal deur die nag Maandag en weer Dinsdag toegepas word.
Beurtkrag waarskynlik tot Donderdag toegepas
Nadat fase 2-beurtkrag deur die nag toegepas is, het fase 4-beurtkrag om 09:00 begin en dit sal tot 23:00 vanaand voortduur.
Fase 4-beurtkrag Saterdag ingestel
Kragonderbrekings het Saterdagoggend na fase 4 opgeskuif “weens ʼn gebrek aan bykomende opwekkingsvermoë wat ʼn daling in invoere van Mosambiek insluit”, het Eskom Saterdag gesê.
Beurtkrag duur die naweek voort
Eskom het Vrydagmiddag bekend gemaak dat beurtkrag die naweek sal voortduur.
Beurtkrag weer vandag toegepas
Eskom het aangekondig dat daar Vrydag weer beurtkrag toegepas sal word.
Beurtkrag vandag toegepas
Eskom het aangekondig dat hy vandag beurtkrag sal toepas.
Mabuza sê oor Medupi, Kusile-kontrakte
Die kontrakte om die Medupi- en Kusile-kragstasies te bou is baie sleg gestruktureer en dit het tot korrupsie gelei, het adjunkpres. David Mabuza Dinsdag in die parlement toegegee.
Eskom waarsku oor hoë risiko vir beurtkrag
Eskom het Dinsdag gesê die risiko vir beurtkrag bly hoog.
Eskom mag nie net munisipaliteite se krag afsny
Die uitspraak het verreikende implikasies vir plaaslike sakegemeenskappe en die publiek landwyd.
‘Sakelui, verbruikers betaal weer vir Eskom-foute’
“Die skrif is aan die muur vir Eskom.”
Vyf dinge wat u oor die ANC se pensioenwegraping moet weet
Voorgeskrewe bates is nie ’n nuwe idee nie – die Nasionalistiese regering het dit ook gebruik, om fondse na ekonomiese sektore van hul keuse te kanaliseer – maar dit is stewig terug op die agenda met die insluiting daarvan in die ANC se verkiesingsmanifes wat onlangs bekendgemaak is.
Nersa gee goedkeuring vir 9,4%-verhoging vir Eskom
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Eskom goedkeuring gegee om ʼn 9,4%-verhoging in 2019/2020 te implementeer.
Staatskaping: ‘By Eskom moes jy net die opdragte uitvoer’
“By Eskom was dit ongehoord om nie opdragte uit te voer nie. Ek dink destyds was dit ʼn geval van ‘kom ons voer net die opdrag uit, ons kan ons later bekommer oor die storie’.”
Moody’s wil meer weet oor Eskom se reddingsplan
Suid-Afrika se positiewe kredietgradering deur Moody’s Investor Services, hang tans aan ’n dun draadjie.
Gordhan se Eskom-span bekend
Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Maandag ʼn tegniese oorsigspan aangewys wat ʼn vinnige oorsig van bedrywighede en instandhouding by Eskom se kragstasies sal doen.
Eskom-beampte bevestig twyfelagtige Huarong-transaksie
Sincedile Ebenezer Shweni het getuienis bevestig hoe uitvoerende beamptes van Eskom ʼn leningstransaksie van R25 miljard van die Chinese Huarong-batebestuursmaatskappy bekom het, ondanks interne waarskuwings.