Om te sien hoe hierdie drama hom voltrek, en die onverwagse wendings wat intree, maak die prys van ʼn fliektoegangskaartjie absoluut die moeite werd.
Alles vir die sleutelwoord "fliekresensie"
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Klein Karoo 2’
Floris Groenewald, Maroela Media se eie fliekkenner, het na die nuwe rolprent ‘Klein Karoo 2’ gaan kyk.
Leon van Nierop se resensie: Time is Up
Die twee sterre sinspeel daarop dat volwassenes vinnig deur hierdie spookasem romantiese drama sal sien, maar tieners sal hulle verlustig in elke liewe cliché wat al ooit vir romantiese dramas geskep is.
Leon van Nierop se resensie: My Son
Niemand weet wat gaan gebeur nie, veral nie McAvoy nie, en die gebeure laat jou verbysterd en verstom. Gooi ook nie die beeldskone natuur weg nie.
Leon van Nierop se resensie: The Hardy Boys
Dis ʼn soort Engelse Trompie-reeks, en handel oor twee boeties wat die dood van hul ma probeer oplos. ʼn Skadelose reeks waarna jou kinders, onder jou toesig, met vrymoedigheid kan kyk.
Leon van Nierop se resensie: Squid Game
Hier moet jy fyn trap tussen die bloedige pietersielie, selfs al is jy ʼn ouer. Want die reeks is baie beslis nie geskik vir kinders onder 16 nie.
Leon van Nierop se resensie: Zero to Zero
Al kyk jy net na een dokumentêr in jou lewe, maak hierdie een ʼn prioriteit.
Leon van Nierop se resensie: No Time To Die
Hierdie Bond, die 25ste in die reeks, is baie meer ernstig en gedug, maar dit vier ook sy avonture.
Fliekvlooi Floris se fliekresensie: ‘Kaalgat Karel’
Floris Groenewald het na die nuwe Afrikaanse rolprent ‘Kaalgat Karel’ gekyk.
Leon van Nierop se resensie: Sweet Girl
As jy nie omgee oor motiverings en vergesogte eindes nie, mag jy dol wees hieroor.
Leon van Nierop se resensie: The Defeated
As jy ʼn liefhebber van oorlogflieks is, veral oor die nagevolge van die Tweede Wêreldoorlog, is hierdie een ʼn boerpotwenner vir jou.
Leon van Nierop se resensie: The Cook of Castamar
Wat hierdie reeks anders maak as die gewone dramas wat jy dikwels stroom, is die vreemde plek waar dit afspeel, die unieke storie en die spanning tussen die koningshuis en die edelman wat die huis/paleis besit, maar nie weer in die regering wil diens doen nie.
Leon van Nierop se resensie: The Last Letter from your Lover
Soms wil ʼn mens net na mooi mense staar wat in moeilike situasies beland waaruit hulle hulself nie gemaklik sal wikkel nie.
Leon van Nierop se resensie: Seance
Sekere genres het sekere reëls, en soos sepies soms uit melodramatiese geween bestaan, wemel grillers, soos hierdie fliek, van sy eie clichés.
Leon van Nierop se resensie: Strangers you know
Die reeks handel oor die mees berugte moorde wat nog op vroue in Suid-Afrika gepleeg is. Dis met dodelike presiesheid aanmekaargesit.
Leon van Nierop se resensie: 7500
ʼn Storie wat net in ʼn vliegtuig se stuurkajuit afspeel? Hu? Is jy ernstig? Kan dit regtig werk? Wel, ja!
Leon van Nierop se resensie: A Quiet Place Part II
Die gehoor gaan terug na die bekende gemaksone-gruwelkasteel, want hulle wil weer bang raak vir klank, stilte, te ontsenu wees om te hoes, en elke geluidjie met agterdog te bejeën.
Leon van Nierop se resensie: Love Sarah
Lanklaas gelag? Nie eintlik ʼn bakker nie, maar jy het nog altyd die begeerte gehad om soetighede of ander lippe-aflek-disse voor te sit wat mense laat swymel en popel? Dan is hierdie die rolprent vir jou.
Leon van Nierop se resensie: The Serpent
“The Serpent” is op die waarheid gegrond en handel oor een van die mees boosaardige, berugte en gevaarlike narsistiese psigopate wat die wêreld ooit geken het.
Leon van Nierop se resensie: The Father
As jy tans worstel met ʼn familielid wat aan demensie ly, sal hierdie tragiese, noukeurig geregisseerde rolprent jou tot in jou siel ruk.