Daar is tans twee parallelle prosesse aan die gang om grondonteiening sonder vergoeding in te stel.
Alles vir die sleutelwoord "grondonteiening"
Wees debatvoerders, nie apologete nie
Wees in 2019 ʼn debatvoerder – iemand wat roekelose uitlatings uitdaag en bevraagteken en dit nie klakkeloos navolg nie. En wees iemand wat bereid is om die ongewilde standpunt in te neem en verwerp politieke korrektheid – veral wanneer dit teenstrydig is met die waarheid.
Podlitiek: Skaapslag op Cliftonstrand, so het Zille-seun in die sop beland en die regeringshand vat my land
Hierdie week sing die Podlitiek-span nuwe liedjies, “Skaapslag op Cliftonstrand” en “Onwettige wiskundeklasse deur Helen Zille se seun”, en waag uiteindelik weer ’n opinie oor grondhervorming en die jongste verwikkelinge ten opsigte van hierdie netelige kwessie.
Ramaphosa: ‘Fase van versnelde grondhervorming kom’
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag gesê Suid-Afrika betree nou ʼn nuwe fase van “versnelde grondhervorming”.
Uitspraak oor SAOG ʼn ‘oorwinning vir Zim-boere’
“Noudat die hoogste hof in Suid-Afrika bevind het dat Zuma as staatshoof onregmatig tot nadeel van Zimbabwiese boere opgetree het, beteken dit dat die Suid-Afrikaanse regering aanspreeklik gehou kan word vir die verliese wat boere gely het weens Suid-Afrika se optrede om die SAOG-tribunaal se werksaamhede op te skort.”
ANC gee net lippediens sewentig jaar na verklaring van menseregte
Met die algemene verkiesing van 2019 voor oë is dit duidelik dat kortsigtige politieke winste belangriker is as grondwetlike regte en waardes, en die Universele Verklaring van Menseregte is bloot ’n irritasie.
ANC se haas oor grondonteiening is ‘verkiesingstegniek’, sê DA
Die ANC se “kunsmatige kommernis” oor grondhervorming neem met elke verkiesingsiklus toe en die party gebruik grondonteiening nou as ʼn verkiesingstegniek, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.
ANC lig sluier oor planne met grond
Die ANC sal nie ‘n duim toegee aan die EFF oor nasionalisering van grond nie en sal baie versigtig wees om nie ander lande se foute met grondhervorming en grondonteiening te maak nie, het die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, vandag in die parlement belowe.
Agt LP’s sal Grondwetwysiging saamstel
Die ANC-koukus het Vrydag gesê hy het agt van sy LP’s ontplooi om op ʼn ad hoc-komitee te dien wat ʼn konsepdokument vir die wysiging aan die Grondwet sal saamstel om uitdruklik grondonteiening sonder vergoeding toe te laat.
ANC wil grondgrypwet teen einde Maart afhandel
Die versigtige en eng bewoording van die resolusie is ‘n verdere aanduiding dat die gematigde deel van die ANC tans die beheer oor die tersaaklike proses oorgeneem het.
Dit is waarom beslaglegging op grond (vir eers) van die baan is
Die rede vir prof. Koos Malan se oënskynlike optimisme, skryf hy, is dat die kragte wat tans teen die inwerkingstelling van onteiening sonder vergoeding as ʼn maatreël is, is net eenvoudig so sterk dat die ANC nie kan waag om dit nou al in te stel nie.
Podlitiek: NVG se nuwe hoof, staatsinstellings se pampoene, onteiening kry hardloopskoene
Hierdie week bespreek Podlitiek die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, die probleme by Eskom en die SAUK, asook die verslag deur die grondwetlike hersieningskomitee wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is.
Grondonteiening: ‘Ons sal dit beveg tot in die hoogste hof’
Twintig organisasies het Woensdag op ʼn spitsberaad in Centurion hulle opnuut daartoe verbind om saam te werk om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat, selfs tot in die hoogste hof te beveg.
‘Onteiening is spyker in ekonomie se doodskis’
“Die lyn is in die sand getrek en Agri SA sal alles in sy vermoë doen om produsente se belange te beskerm”
Nuuskommentaar: Gaan grondgryp-inhaligheid die ‘projek’ sink?
Nou lê ’n stywe pad voor oor grondgryp – in landsbelang. Gelukkig het die EFF en die ANC haaks geraak oor die finale bestemming, en sonder die EFF se stemme kan die ANC nie ’n tweederde-meerderheid behaal nie.
‘Onteiening sonder vergoeding ʼn gifkelk vir SA’
Verskeie politieke partye en organisasies het uitgevaar nadat die Nasionale Vergadering die grondonteieningverslag aanvaar het.
ANC en EFF verskil oor grondkwessie
Op dieselfde dag dat die Nasionale Vergadering gestem het ten gunste van die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het die ANC en die EFF se samewerking oor die kwessie uitgerafel, en lyk ‘n wysiging van die Grondwet wiskundig onwaarskynlik.
Dringende spitsberaad oor onteiening sonder vergoeding gehou
Die sakeorganisasie Sakeliga hou Woensdag ʼn dringende spitsberaad vir organisasies gekant teen onteiening sonder vergoeding.
DA: Grondgrypverslag ʼn klug
Die DA is daartoe verbind om die geveg tot in die hoogste hof te voer.
DA kondig vandag planne aan in stryd oor grondkwessie
Met die volgende algemene verkiesing net ‘n paar maande weg, sal partye op alle dele van die politieke spektrum probeer om munt te slaan uit wat vir die meeste Suid-Afrikaners ʼn onseker en kommerwekkende situasie is. Alle verwagting is dat die vonke gaan spat.