Die ANC het die EFF se mosie ondersteun ten gunste van onteiening sonder vergoeding. Die DA, Cope, ACDP en VF Plus is almal gekant teen onteiening sonder vergoeding.
Alles vir die sleutelwoord "grondonteiening"
Oor grond: As jy twyfel oor die toekoms, plant!
Die Solidariteit Helpende Hand het pas hulle 2018-kongres gehad met die tema Saai. Hierdie artikel is ʼn verwerking van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, se toespraak tydens die kongres.
ANC verheug oor grondgryp-uitspraak; AfriForum wil voortveg
“Die ANC het nog altyd gesê die aansoek is niks anders nie as ʼn wanhopige poging om die parlement te vertraag in sy reaksie op ons mense se strewe na grondonteiening in openbare belang,”
Hof sê oor grondonteiening-aansoek
AfriForum se regspan wou keer dat die verslag, wat volgens die burgerregte-organisasie vol gebreke en ongeldig is, volgende week in die parlement gedebatteer word.
Grondonteiening-hofuitspraak begin van ʼn lang pad
Vanoggend se uitspraak is dus die eerste stap in ʼn lang reis wat oor hierdie kwessie vir Suid-Afrika voorlê.
Is die EFF se einde in sig?
Een van die dinge wat ek hierdie jaar geleer het, is dat die EFF probeer om soos boelies op te tree terwyl hulle eintlik net blaf eerder as byt.
Uitspraak voorbehou in hofsaak oor grondonteiening
Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal Vrydagoggend om tienuur uitspraak lewer in die saak tussen AfriForum en die parlement oor die moontlike verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik.
Hofsaak oor grondonteiening begin vandag
Die saak begin om 10:00 en daar heers landwye belangstelling – ’n groot media-kontingent is reeds by die hooggeregshofgebou neffens die Wes-Kaapse wetgewer saamgetrek.
AfriForum se aansoek teen grondgrypverslag uitgestel
“Wat ook al die uitslag is, dis maar net een veldslag in ʼn baie lang stryd teen onteiening sonder vergoeding.”
Parlement reageer op AfriForum se onteieningsaansoek
AfriForum wil die parlement in werklikheid met ʼn hofbevel stuit omdat lede meen die komitee moes elke voorlegging oorweeg het.”
Podlitiek: Grondonteiening uitgepluis, die Unisa fopnuuspaleis en Cyril se ware kleure wys
Podlitiek bespreek die grondwetlike hersieningskomitee se amptelike verslag, fopnuus deur ʼn Unisa werknemer en Cyril Ramaphosa se Bosasa-skandaal.
AfriForum wil hof toe om onteiening sonder vergoeding te verhoed
Die burgerregte-organisasie AfriForum het aan sy regspan opdrag gegee om voor te berei vir regsoptrede om die proses te stuit om artikel 25 van die Grondwet (die eiendomsregklousule) te verander om vir onteiening sonder vergoeding voorsiening te maak.
Grondonteiening: ‘Hoekom moet boere nog voedsel produseer?’
“Boere sal nou twee keer dink om daardie groot onkoste aan te gaan as daar ʼn groot moontlikheid is dat die grond gevat kan word en hulle die risiko loop om alles te verloor.”
Steve Hofmeyr: ‘Laat die wêreld weet wat in SA gebeur’
“Ons president sit tussen die duiwel en die diepblou see. Hy moet ʼn mooi prentjie aan die wêreld verkoop, terwyl hy hier die monster wat hy geskep het moet onderdruk.”
Grondonteiening: Ramaphosa paai oorsee
Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag terwyl ʼn voorlopige verslag goedgekeur is om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, gesê die fokus van grondhervorming is onder meer om beleggersvertroue te handhaaf.
Onteiening: Organisasies reageer oor groen lig vir grondwetwysiging
Verskeie organisasies het reageer ná LP’s Donderdagoggend ten gunste van die voorgestelde wysiging aan die Grondwet gestem het om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.
Stappie nader aan grondonteiening sonder vergoeding
Grondonteiening sonder vergoeding is nou nog ʼn stap nader daaraan om ʼn werklikheid te word.
Podlitiek: Gevegte in parlement, Discovery se present en eiendomsregte geskend
In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span rusies in die wetgewer, die salaris van Discovery se baas en die deurlopende debat oor grondonteiening.
Nuuskommentaar: Gaan grondonteiening sonder vergoeding slaag?
Die parlementêre komitee oor grondwetwysiging gaan vandag ’n belangrike standpunt inneem oor die toekoms van artikel 25 van die Grondwet. Die ANC-meerderheid word van brouwerk beskuldig, en die regsmense staan reeds nader.
Studie oor impak van onteiening sonder vergoeding voorspel donker tye
Grondonteiening sonder vergoeding (GSV) is ’n beleid wat, sou dit in werking tree, Suid-Afrika se sosio-ekonomiese klimaat drasties sal verander.