Tog is ek ook dank aan die IRV verskuldig, aangesien die omstredenheid wat hy geskep het, gehelp het dat duisende mense reeds na die dokumentêr op YouTube gekyk het. Hopelik sal dit help om gesonde debat te stimuleer, waar groter ruimte vir uiteenlopende standpunte geskep word.
Alles vir die sleutelwoord "grondonteiening"
Anglo American skenk grond aan munisipaliteit
Anglo American Platinum het 270 hektaar grond aan die Rustenburg-munisipaliteit in Noordwes geskenk.
NK-onteieningslys ‘desperate verkiesingstaktiek’
“Hierdie lys maak dit dan regtig ook baie moeilik vir landbou om die welwillendheid te behou ten opsigte van grondhervormingsaksies wat tans in die Noord-Kaap is en tans binne landbou plaasvind.”
Gesprek oor grondkwessie op Woordfees lok honderde
Kirsten meen die korporatiewe en landbousektor moet juis nou pro-aktief optree wat grondhervorming betref sodat dit, op hul eie inisiatief, so suksesvol as moontlik kan afloop.
Grondbesettings sal nie geduld word nie, sê ANC-voorsitter
Grondbesettings sal nie in KwaZulu-Natal geduld word nie, het die voorsitter van die ANC in die provinsie, Sihle Zikalala, Dinsdag gesê.
Nie ʼn woord oor OSV by grondkonferensie
Presies hoe gebeur dit dat ’n konferensie oor grondhervorming op dié tydstip kan plaasvind sonder enige werklike bespreking van OSV?
Sluier gelig oor pad vorentoe vir grondonteiening
Die parlementêre ad hoc-komitee oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, het die sluier gelig oor hoe hulle hul taak vorentoe sien.
Nuuskommentaar: Geregtigheid deur die waarheid
Die waarheid maak vry, maar as twee verskillende gemeenskappe dieselfde grondgebied deel maar totaal verskillende sienings oor die waarheid het, kan die gevolglike spanning selfs tot burgeroorlog lei. Hierdie waarheid word in Suid-Afrika goed gedemonstreer deur beskouings oor hoe mense aan hul grond gekom het.
Nuuskommentaar: ‘Mandela was wittes te genadig’ – skryfster
Verskillende opvattings oor byvoorbeeld grondbesit en die diefstal daarvan vertroebel rasseverhoudinge. Maar nie almal is meer afgestem op versoening nie, en ’n skynbaar ál groter wordende groep verkwalik selfs wyle Nelson Mandela daarvoor dat hy ter wille van versoening wittes te genadig was.
DA: ‘ANC wil grondkwessie voor verkiesing deurdruk’
“Die ANC het 24 jaar gehad om hierdie ongeregtigheid aan te pak en hy het misluk. Om die Grondwet te verander is maar net ʼn manier om vir die ANC tyd te wen sodat die party kan voortgaan om te plunder terwyl die land in absolute armoede verval.”
Staatsrede: ‘Landbou verdien regering se ondersteuning’
Agri SA, een van Suid-Afrika se grootste landbou-organisasies, se boodskap aan pres. Cyril Ramaphosa met die oog op sy tweede staatsrede is eenvoudig: landbou benodig die gesamentlike ondersteuning van al die regeringsdepartemente.
Ramaphosa stel beleggers gerus oor onteiening sonder vergoeding
Beleggers hoef nie bekommerd te wees dat hul beleggings en bates van hul weggeneem sal word tydens grondonteiening sonder vergoeding nie, het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag gesê.
Hou vas, die 2019-mallemeulerit is rof!
Die politieke geveg is ver van verby. Hou vas, die rit gaan nóg rowwer raak, skryf Leopold Scholtz.
‘Ramaphosa oneerlik oor onteiening sonder vergoeding’
President Cyril Ramaphosa mislei Suid-Afrika deur voor te gee dat onteiening sonder vergoeding noodsaaklik is om grondhervorming te laat slaag, sê die VF Plus.
Departement vat 58 plase terug ná SOE-ondersoek
Die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming het Vrydag gesê hy het, ná verdoemende bevindings in ʼn verslag deur die spesiale ondersoekeenheid (SOE) oor twyfelagtige grondooreenkomste, 58 plase teruggevat en van die betrokke personeel het bedank, afgetree of is sanksies opgelê.
Grondkwessie ‘nie meer ʼn nare monster’
“Ons het dit in verskillende forums wêreldwyd gesê en die versekering gegee dat ons nie grondgrype in Suid-Afrika sal toelaat nie.”
AfriForum begin veldtog teen onteieningswetsontwerp
“Dit is waarom dit noodsaaklik is dat die publiek by die stryd betrokke raak om eiendomsreg te beskerm.”
Al weer die falende staat
TLU SA het aangedui dat hy stappe teen die regering oorweeg en die moontlikheid van ’n klasaksie ondersoek waardeur boere dalk skadevergoeding kan eis.
Ramaphosa: ‘Grondgrype sal nie toegelaat word’
“Grondonteiening sonder vergoeding was nog altyd deel van die grondwetlike raamwerk wat ons het en die huidige proses is net om dit duidelik te maak.”
ANC ‘wil beheer oor ekonomie konsolideer’
Te oordeel na sy manifes beoog die ANC om swart ekonomiese bemagtiging (SEB) uit te brei deur nog knellender bepalings oor eienaarskap en selektiewe afdwinging van mededingingswetgewing.