“Ek is so bly die parlement het uiteindelik ’n punt bereik waar ons grond kan onteien, en ek wil graag die voortou neem.”
Alles vir die sleutelwoord "grondonteiening"
Oor vandag se diaspora-politiek en selfopgelegde ballingskap
Die apartheidsmuseum in Johannesburg is ʼn onwaarskynlike plek om ʼn aanhaling te sien wat soveel betekenis vir Afrikaners en Afrikaanssprekendes vandag het, maar dit weerklink met die nuwe tydperk waarin ons nou is, skryf Alida Kok.
Departement sal eerste onteienaars wees, sê Sisulu
Die departement van menslike nedersettings sal die eerste grondonteienaars wees sodra die wetgewing van krag word, het minister Lindiwe Sisulu Dinsdag gesê.
Nuuskommentaar: Belangrikheid van Nederlandse parlementêre mosie oor grondgryp in SA
Daar is rede tot groot opgewondenheid dat die ANC se voorgenome grondonteiening sonder vergoeding nou in die Nederlandse parlement bloedneus gekry het. Maar die yster moet gesmee word terwyl dit warm is, en met groot kundigheid gedoen word.
Nederland aanvaar mosie oor grondonteiening in SA
Die Nederlandse parlement het ʼn mosie aanvaar wat klem lê op die feit dat die Internasionale Deklarasie van Menseregte en die Afrika-Handves oor Mense- en Volkereregte die onteiening van eiendom op grond van velkleur verbied.
Grondonteiening: TLU SA ‘stuur noodsein’ aan buiteland
“Suid-Afrikaners kan dié petisie teken wat deel sal vorm van ʼn formele versoekskrif wat aan leiers, ambassadeurs en invloedryke rolspelers van ander lande oorhandig sal word.”
Die EFF sal SA nog ten gronde laat gaan
Vir Suid-Afrika: nasionaliseer alle grond en maak gereed vir die moeder van alle korrupsies. Vergeet van Transnet, SAA of Eskom of Sanral – omkopery en afpersing sal groteske afmetings aanneem net soos in China voor dié land tot sy sinne gekom het.
IVP steun ‘verantwoordelike’ grondonteiening
“Ons glo nie in ’n onverantwoordelike grondverdelingsbeleid nie. ’n Praktiese voorbeeld daarvan is Zimbabwe.”
Agri SA, grondpaneel slaags oor verslag
Die presidensiële adviespaneel oor grondhervorming het Agri SA gekap nadat laasgenoemde ʼn minderheidsverslag oor grondhervorming en onteiening sonder vergoeding aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur het.
SA’ners ‘dodelik gekant’ teen grondonteiening, sê IRR
Die Instituut vir Rassebetrekkinge (IRR) het Woensdag bokse by die Uniegebou in Pretoria afgelewer met die name van ongeveer 160 000 Suid-Afrikaners wat gekant is teen onteiening sonder vergoeding.
‘Retoriek kweek klimaat vir onwettige grondgrype’
“Ongeag wat die onderliggende oorsake van hierdie protes is, word ’n vernietigende verontagsaming van eiendomsregte aangemoedig deur onverantwoordelike en kortsigtige politieke uitlatings.”
Ramaphosa aan boere: ‘Almal in SA het rol om te speel’
Pres. Cyril Ramaphosa het wéér die versekering gegee dat grondonteiening nét ingevolge wetgewing gedoen sal word en het mense gevra om in die land te bly en ‘n verskil hier te help maak.
Boer Nick: ‘Ek kies om deel te wees van die oplossing’
Serfontein is ʼn Bonsmara-boer van die Vrystaat wie se naam verlede jaar bekend geword het nadat hy ʼn eerlike en openhartige ope brief aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf het. Dié brief het nie net daartoe gelei dat Serfontein ʼn persoonlike oproep van Ramaphosa ontvang het nie, maar ook dat Serfontein by die raadgewende paneel oor grondhervorming ingesluit is.
Kenners sê burgery moet as teenwig vir staatsmag optree
Die sakeorganisasie Sakeliga sê praktiese kwessies moet gepak word om rigting te gee aan die debat oor eiendomsreg. Die organisasie het Woensdag tydens ʼn seminaar met ander instellings en kenners vergader om ʼn verklaring te help formuleer wat gebruik kan word as ʼn verwysingsdokument tydens die debat.
Die dieper reg van eiendomsreg
Om werklik ’n alternatiewe denkwyse op die tafel te sit, om ’n vernietigende ideologie van staatsinmenging die hoof te bied, moet ’n mens jou eie vertrekpunte hersien en die debat terug na eerste beginsels neem.
Boere ‘moet self grondhervorming doen’
“As jy dit nie self doen nie, gaan iemand dit vir jou doen – dan gaan onteiening gebeur.”
Behou hof se rol as arbiter oor grondwaarde, meen parlement
In sy omvangryke voorlegging het die invloedryke regspraktisyn adv. Tembeka Ngcukaitobi bevind die Grondwet hoef nie gewysig te word nie.
Trengove oor grond en ‘weerlegbare vermoede van wit bevoorregting’
Trengove het in sy voorlegging gesê een van die maniere waarop grondhervorming versnel kan word, is dat die weerlegbare regsvermoede in die wet ingebou kan word dat grond in wit besit deur bevoorregting bekom is. Die wit eienaar sal die teendeel dan moet bewys.
Wees versigtig met Grondwet, maan kundige insette
Die eerste drie kennersmenings wat ingewin is deur die parlement se ad hoc-komitee oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het gemaan tot groot omsigtigheid.
Grondkwessie amptelik volgende parlement se kopseer
Die EFF het Dinsdag die ANC daarvan beskuldig dat hy ʼn vertragingstaktiek gebruik en aangevoer grondonteiening sal slegs ʼn werklikheid wees wanneer die EFF aan bewind is.