Dié burgerregte-organisasie is van voorneme om verskeie regsaksies teen onteiening sonder vergoeding van stapel te stuur indien dit nodig sou wees.
Alles vir die sleutelwoord "grondonteiening"
Nuuskommentaar: Grondgryp sonder vergoeding en grondhervorming
En in watter heelal is dit geregverdig dat iemand grond met ’n lening of ʼn verband koop, en die ontneemde eienaar wat geen vergoeding gekry het nie bly steeds vir die uitstaande skuld verantwoordelik, soos die banksektor volgens berigte aandring?
Pompeo-uitspraak aanduiding dat Weste kennis neem van ANC se grondplanne
Pompeo se kritiek was reguit en ondubbelsinnig oor wat die ooglopende gevolge van ʼn beleid van onteiening sonder vergoeding vir Suid-Afrika sal wees, sê Marius Croucamp.
Nuwe regsplan kan stryd teen onteiening sonder vergoeding verander
“Die impak hiervan, nie net op die individu nie, maar ook op die finansiële sektor, is geweldig.”
Nuuskommentaar: Faktore wat die erns van plaasaanvalle verdoesel
Terwyl AfriForum-ambassadeurs die wêreld deurkruis om op die erns van plaasaanvalle en die regering se voorgenome grondgryp sonder vergoeding te wys, is daar verskeie faktore wat hierdie edel taak baie bemoeilik, en ander wat weer die veldtog kan rugsteun. Die nuwe syfers wat AfriForum pas bekend gemaak het, toon dat plaasaanvalle die afgelope jaar skerp gestyg het.
TLU SA ondersteun ‘ware geskiedenis oor grondbesit’
“Buiten ʼn verwronge en vernietigende ideologie waaraan die ANC so styf vashou, word hulle onakkurate weergawe oor die geskiedenis van grondbesit en die ontwikkeling van die land so wyd en gereeld verkondig dat nie net hulleself nie, maar nuwe generasies en ander oningeligte mense dit nou as die enigste waarheid glo.”
Pompeo-uitspraak ʼn ‘belangrike waarskuwing’
“Aangesien die VSA een van Suid-Afrika se grootste handelsvennote is, moet die Suid-Afrikaanse regering Pompeo se waarskuwing met erns bejeën en besef dat ideologies gedrewe beleidsrigtings ernstige bedreigings vir die land se ekonomie inhou.”
Amerikaanse minister veroordeel grondonteiening
“Só ʼn beleid sal katastrofaal vir Suid-Afrika se ekonomie en sy mense wees.”
Staatsrede: Ramaphosa praat baie, doen min
Ramaphosa moet eerder op dié sake in 2020 fokus.
AfriForum dien sy kommentaar oor artikel 25 in
AfriForum oorweeg regsaksie sou die Grondwet onder meer verander word.
Só maak mens om gehoor te word in onteieningsdebat
Verskillende godsdiensleiers sal op 17 Februarie met die ad hoc-komitee vergader om die geloofsgemeenskap se siening oor grondonteiening oor te dra.
Nederlandse regering vra vrae oor grondonteiening
Die Nederlandse parlement het reeds sy kommer oor die beplande grondonteiening sonder vergoeding uitgespreek.
Grondonteiening: TLU dreig met internasionale regsaksie
“Enige verandering aan die Grondwet wat neerkom op diskriminasie teen eiendom wat deur wit mense besit word, sal die wettigheid van die Grondwet in die gedrang bring.”
AfriForum oorweeg regstappe oor e-posse vir onteiening
Van die e-posse aan die parlement oor grondonteiening is glo versper.
Grondonteiening: Publiek het nou tot einde Februarie vir kommentaar
Die DA het reeds derduisende besware ontvang teen die vooropgestelde wysiging van artikel 25.
Grondonteiening: Slegs enkele dae oor om jou sê te sê
Suid-Afrikaners het nog slegs tot Vrydag kans om terugvoer te gee oor grondonteiening sonder vergoeding.
ANC oorspeel hand met nuwe grondvoorstel
Die jongste ANC-jakkalsdraai oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vereenvoudig was veronderstel om ʼn triomf vir die regerende party te wees.
Grondonteiening, ANC wil volle mag hê
Indien die ANC sy wens kry, sal die regering kan besluit in watter gevalle “nul vergoeding” vir grond geld.
IVP wil buitelandse arbeiders beperk
Die IVP is ook teen enige verandering aan die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik.
AfriForum dien besware teen grondonteiening in
“Waarteen AfriForum gekant is, is dat grondeienaarskap bloot deur ras bepaal word.”