Die voertuig wat Donderdagoggend in Mount Edgecombe in Durban gekaap is, is sowat 12km verder verlate in die Waterloo-gebied gevind.
Alles vir die sleutelwoord "KwaZulu-Natal"
Veiligheidswag doodgeskiet tydens kaping
ʼn Veiligheidswag is Donderdagoggend doodgeskiet en twee mense beseer tydens ʼn kaping in Durban.
Vrou sterf ná bakkie op grondpad rol
ʼn Vrou is Woensdag in KwaZulu-Natal dood nadat haar bakkie op ʼn grondpad gerol het.
43 beseer toe vragmotor omslaan
Altesaam 43 plaaswerkers is beseer toe ʼn vragmotor op ʼn grondpad in Wartburg, KwaZulu-Natal, omgeslaan het.
Pasgebore babaseun in veld gelos
ʼn Pasgebore babaseun is Woensdag in ʼn stuk veld in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal gevind.
Beursprogram vir maagde ‘ernstige oortreding van menseregte’
Bathabile Dlamini, die minister van maatskaplike ontwikkeling en leier van die ANC se Vroueliga, het haar uiteindelik uitgespreek oor meisies wat maagdelikheidstoetse moet ondergaan om studiebeurse te kry.
Durban-busdiens vandag weer in werking
Werknemers van Durban se munisipale busdiens is laat Maandag betaal nadat busbestuurders verskeie hoofroetes tot die stad afgesper en die oggendverkeer erg ontwrig het.
Video: Rehabilitasie van St. Lucia-meer beplan
‘n Onseker toekoms staar die St. Lucia-meer, Suid-Afrika se eerste wêrelderfenisgebied, in die gesig weens die voortslepende droogte.
Ontsnapte verdagte doodgeskiet
ʼn Verdagte wat uit die aanhoudingselle by die Nyoni-polisiestasie in KwaZulu-Natal ontsnap het, is doodgeskiet, het die provinsiale polisie Maandag gesê.
Visserman verdrink tydens kompetisie
ʼn Visserman het verdrink tydens ʼn hengelkompetisie aan die Transkeise Wildekus in die Oos-Kaap.
Drie Lesotho-tieners vas vir dwelmhandel
Drie tieners van Lesotho is Vrydag in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel nadat 125 kg dagga in hul besit gevind is.
Drie dood in skietery by polisiestasie
Drie mense is dood in ʼn skietery by ʼn polisiestasie aan die KwaZulu-Natalse noordkus.
Richardsbaai-man dood toe inwoners ‘inbreker’ agternasit
ʼn Inwoner van Richardsbaai is Dinsdag doodgeskiet ná ʼn reeks inbrake by verskeie huise in die Veldenvlei-buurt, maar daar is steeds teenstrydige berigte oor wie hom geskiet het.
Man in hof vir moord op verkeershoof
Die man wat na bewering Pietermaritzburg se hoofverkeersbeampte doodgeskiet het, het Dinsdag vlugtig in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn.
[Foto’s]: SA’ners jubel oor riviere wat weer vloei
Foto’s van die broodnodige reën wat oor die hele Suid-Afrika geval het, het baie positiewe reaksie op sosiale media uitgelok.
Kleuter kom op ma se liggaam af
ʼn Vierjarige seuntjie het Maandagoggend op sy ma se liggaam afgekom in hul huis in Verulam, KwaZulu-Natal.
Man sterf toe motor boom tref
ʼn Jong man is Maandagoggend dood toe die motor wat hy bestuur het teen ʼn boom gebots het in Westville, Durban.
Drie sterf in Thorneville-ongeluk
Drie persone is dood en drie persone is in ʼn kritieke toestand na ʼn trompop botsing op die R56 naby Thornville in KwaZulu-Natal.
Polisie skiet drie dood
Die polisie in KwaZulu-Natal het drie vermeende motordiewe in Malvern doodgeskiet.
‘Growwe ongehoorsaamheid’ lei tot kommissaris se skorsing
Die KwaZulu-Natalse streekskommissaris van korrektiewe dienste, Mnikelwa Nxele, is summier geskors, het die departement gesê.