“Ek was op baie maniere stomgeslaan deur die Japanse kultuur. Daar is soveel diepte en ʼn ryk kultuur om daar te ontgin. Dit gaan alles oor harmonie, hoflikheid, respek en goeie maniere. Hulle is ook ʼn bietjie meer terughoudend as die Suid-Afrikaners.”
Alles vir die sleutelwoord "luister"
Luister: Christenskap en kos saam op een tafel
“Om aandagtig te lewe beteken vir my dat ek die sintuie waarmee God ons gemaak het waarlik gebruik. Ek kan net ʼn bietjie stadiger lewe en besef waarmee ek op die oomblik besig is, en dit waardeer.”
Luister: Vermy slaggate in musiekbedryf met dié werkswinkel
Hugo Ludik, Vaughan Gardiner en Alishia van Deventer het kragte saamgesnoer om ʼn werkswinkel aan te bied vir opkomende sangers, musikante, bestuurders en agente om dié musiekbedryf beter te verstaan.
Luister: Janie Bay ʼn alternatiewe, vars bries in Afrikaans
“Ek volg maar net my instink en skryf wat ek voel eg is aan myself, asook die klank wat ek al oor die jare ontwikkel het.”
Hulde gebring aan Piet Botha: ‘Goeienag, Generaal’
“Die einde van jou lewe is so ʼn groot verlies wat rippel deur ons harte van oral oor die plek. Die Here vat altyd die niceste mense vir Homself.”
Eerste op Maroela: Dewald se nuwe musiekvideo
Dewald Wasserfall vertel hy het aan die album geskryf toe daar beurtkrag was en het een dag ʼn halwe dag se werk verloor toe hy nie die stoor-knoppie gedruk het nie. Die inspirasie vir die titelsnit, “Elektrisiteit”, is hieruit gebore.
Luister: Elandré sing Afrikaans aan die brand
“As ek in die boomhuis was kon ek die heuwels van Despatch in die verte sien en ek het altyd gewonder wat lê anderkant dit.”
Luister: Elvis Blue oor sy kinderjare en ʼn lewe van geluk
“Ek verbeel my ek sit eendag saam met my kinders op ʼn lughawe en hulle gaan iewers waar ek nie gaan wees nie. En dan wil ek hê my kinders moet onthou dat ʼn deel van hulle altyd sal bly op die plek waar hulle grootgeword het.”
Luister: Kunstenaars snoer kragte saam om SA te help bou
“Om die waarheid te sê het dit ʼn halfuur geneem om al die kunstenaars te kry om opgewonde te wees oor die konsert en om te sê as die datum reg is, is hulle in.”
Luister: Zita Pretorius terug met nuwe enkelsnit (en stilletjies getroud!)
“Dit was ʼn ongelooflike lekker familiegeleentheid en dit was baie klein en intiem.”
Luister: Geen Trompie vir dié Saarkie-bende
Die lede van Saarkie sê dit is lekker om saam met mans musiek te maak, maar dat hulle nooit amptelik deel van Saarkie sal word nie.
Luister: Margit en Marion deel weer verhoog na 17 jaar
Nou is dié dinamiese duo terug met ʼn nuwe produksie genaamd Die voordele van eierwit.
Luister: 20-jarige debuteer as sanger, liedjieskrywer
“My pa was mal oor musiek, en ons het altyd saam gesit en daarna geluister, al kon ek nog nie die woorde verstaan nie.
Luister: ‘Skemerson’ se Pietie en Elize: ‘Dis nie maklik om plek van vrede te vind’
“Daar is nie een vloekwoord, ʼn stukkie naaktheid of geweld in nie en tog is dit een van die rouste flieks wat jy sal kyk.”
Luister: Elme Churr sê ‘jy is genoeg’
“Jy kan nie ander mense help voordat jou eie bekertjie nie vol is nie.”
Luister: Robbie oor huldeblyk aan rugbyheld Patrick Lambie
“Hy is toe nou mal daaroor en het laat weet die liedjie het aan sy hart gevat.”
Luister: Germandt sing soos ʼn kanarie
Germandt Geldenhuys vertel oor sy rolle in ‘Binnelanders’ en ‘Kanarie’, sy toneelstuk ‘Keelvol’, sy vriendskap met sy medester en beste vriendin, Je-Ani Swiegelaar, én sy florerende sangloopbaan.
Charlize Berg praat oor ma-wees
“Ouerskap het ʼn volmaaktheid by my lewe kom byvoeg. Genade en liefde het nuwe definisies gekry – groter en dieper as ooit.”
Luister: Anna Davel vertel stories met haar musiek
“Eers het ek begin deur liedjies te skryf en dit vir ander kunstenaars te stuur om te sing. Toe eendag bel Laurika Rauch my en sê vir my dat ek nie my liedjies vir ander mense moet stuur nie, maar dat ek hulle self moet sing.”
Luister: Vierkuns vir ‘Die Kontrak’-hartebreker
“Om vir Ghoema genomineer te word was nog altyd ʼn groot droom vir my.”