Die selfoonnetwerkreus MTN het aangekondig dat hy alle bande met die Afrikaans is Groot-handelsmerk gesny het, ná versoeke op sosiale media omdat die sanger Steve Hofmeyr by die konserte optree.
Alles vir die sleutelwoord "mtn"
Oud-ambassadeur van SA vas oor MTN-ooreenkoms
Die geld is glo gebruik om ʼn huis in Pretoria te koop.
Clicks se bestuurshoof tree ná 13 jaar uit
In ander maatskappynuus het die privaat hospitaalgroep Life Healthcare sy belang in Max Healthcare vir R4,3 miljard verkoop aan die globale beleggingsfirma KKR & Co.
Plaaslike telekommunikasiereus sukkel weer met Nigerië
MTN het gesê hy gaan hom na die hof in Nigerië wend. Intussen het die Nigeriese Kamer van Koophandel dié stap deur die sentrale bank as ’n heksejag beskryf en aangevoer dat daar voorbeelde van ernstige oortredinge is en dat die sentrale bank niks gedoen het nie.
Verslag toon dié selfoonnetwerk troon weer bo uit
Dié selfoondiensverskaffer het weer die titel opgeraap nadat Suid-Afrika se gewildste selfoonnetwerke aan meer as 142 000 spoedtoetse onderwerp is – byna 25 000 toetse meer as die vorige verslag.
MTN waarsku teen slenter
MTN het ʼn waarskuwing gerig om versigtig te wees vir ʼn slenter wat die ronde doen.
R200 000 borgtog vir ‘MTN-bedrieër’
Die 42-jarige vrou is by MTN se hoofkantoor in Fairlands in hegtenis geneem op aanklag van bedrog en diefstal ter waarde van ongeveer R24 miljoen.
Naweek agter tralies ná sy glo R24 miljoen by MTN steel
ʼn Vrou wat MTN glo met R24 miljoen bedrieg het, moet die naweek agter tralies deurbring, weens klanktoerusting wat nie wou werk nie.
MTN waarsku teen slenter
MTN het verbruikers gewaarsku teen ʼn slenter wat sommige van hul kliente se rekeninge negatief kan beïnvloed.
MTN skik buite die hof oor Nigerië-boete
MTN het Vrydag gesê die maatskappy is ʼn lewenslyn aangebied toe Nigeriese owerhede bepaal het dat ʼn boete van $3,9 miljard buite die hof geskik mag word.
Petisie om WhatsApp te red
ʼn Petisie is opgestel nadat die selfoonreuse Vodacom en MTN die Suid-Afrikaanse regering versoek het om gratis bel- en boodskapverskaffers soos WhatsApp en Skype te “reguleer”.
MTN betwis boete
MTN het hom tot die hooggeregshof in Lagos, Nigerië gewend oor ʼn reuseboete wat dié selfoondiensverskaffer in die land ontvang het.
VF Plus help MTN-gebruikers
Die Vryheidsfront Plus het Maandag gesê hy bied sy hulp aan vir MTN-klante wat tot dusver nie kon regkom ná foute weens vermoedelik administratiewe probleme ingesluip het nie.
MTN-hoof bedank
Sifiso Dabengwa, MTN se uitvoerende hoof, het bedank kort nadat die maatskappy ʼn multi-miljardrandse boete in Nigerië opgelê is.
MTN moet miljarde opdok in Nigerië
Die Nigeriese Kommunikasiekommissie het ʼn boete van US$5.2 miljard aan MTN in Nigerië uitgereik.
MTN-staking verby
Mteto Nyathi, die nuwe uitvoerende hoof van MTN, het Donderdag gesê die staking by dié telekommunikasiereus is verby.
MTN-inbelsentrum gesluit weens staking
MTN het Sondag sy inbelsentrum gesluit terwyl die staking oor salarisse en bonusse by die maatskappy voortduur.
MTN beplan reuse-afleggings: Solidariteit
Die vakbond Solidariteit sê die selfoonnetwerk-diensverskaffer MTN het Vrydag in ’n artikel 189-kennisgewing aan werknemers aangedui dat hy sowat 847 personeellede in bestuursposte wil aflê.
Okosa-tariewe ongeldig, onwettig verklaar
ʼn Nuwe asimmetriese interkonneksietarief-stelsel wat deur die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) voorgestel is, is Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof as ongeldig en onwettig verklaar, het eNCA berig.
MTN en Vodacom pak Okosa in die hof
MTN en Vodacom moes hul koste vir oproepe na ander netwerke bekend gemaak het, het die Johannesburgse hooggeregshof Woensdag gehoor.