Ds. Christiaan Jooste gesels in hierdie episode vanuit die Skrif oor die taak om kinders op te voed en te leer, asook wie se verantwoordelikheid dit nou regtig is.
Alles vir die sleutelwoord "onderwys"
Jong kinders sterf op pad skool toe
Een van die oorledenes se pa het vier uur by die hospitaal gewag, net om te hoor sy kind is op die toneel dood verklaar.
Lesufi kry wind van voor oor uitlatings
Volgens Solidariteit skep die LUR deur sy uitlatings die indruk dat die regering geensins ag slaan op die uitkomste van die proses van openbare deelname wat tans aan die gang is nie.
Beveg onderwyswetsontwerp, vra AfriForum, DA
AfriForum het ’n aanlyn petisie begin om steun teen die Wysigingswetsontwerp oor Basiese Onderwyswette (Bela-wet) te verkry.
Lesufi: ‘Skole mag nie ras, taal gebruik om uit te sluit’
Daar mag nie ’n enkele skool wees wat vir ’n sekere ras gereserveer word of ’n ras wat ’n sekere taal praat en alle ander kinders uitsluit nie.
Spogskole kanselleer sportdag oor ‘rassistiese uitlating’
Die betrokke leerder wat glo die uitlating gemaak het, is geskors, hangende ʼn formele dissiplinêre verhoor.
Dissipline moet leerders bemagtig en nie onderdruk
Kinders word gesien as gedissiplineerd wanneer hulle tjoepstil bly terwyl hulle op hul stoele agter tafels in netjies rye sit en in boeke skryf. Ek het dit al baie gesien, maar tog laat dit my altyd wonder: is dit regtig dissipline?
Luister: Die era van die kind
Hoekom onderrig ons? Wat is die doel van onderwys en opleiding? Is dit om ʼn jong mens so vinnig as moontlik in ʼn beroep in te stoot? In hierdie episode gesels ons met prof. Danie Goosen, akademiese hoof van Akademia, oor hoekom jy leerders in verwondering moet laat oor die ware, die goeie en die skone.
Talle skole wag nog vir geld van departement
“Indien die geld nie oorbetaal word nie, sit dié skole letterlik sonder water en elektrisiteit en kan die mees basiese skryfbehoeftes nie aan leerders voorsien word nie.”
Skoolaansoeke vir Gauteng eers in Julie oop
Aansoekers sal ook vanjaar ingelig word oor die taal waarin ʼn bepaalde skool klasgee wanneer hulle aansoek doen.
Luister: Die belewenis van opvoeding
Onthou jy nog daardie een onderwyser wat jou lewe verander het?
KZN-vloede: Skole se sukses lê in gemeenskappe se hande
Die vraag in almal se gedagtes is natuurlik: As die staat nie eers paaie in goeie tye kan instandhou nie, hoe op aarde gaan hulle onderwys in KwaZulu-Natal betyds herstel dat leerders, na Covid-inperking se onderwysverliese, nie nóg verder agter raak nie.
Truida se bottel vol waardes
Die kort brief getuig van iemand met karakter wat geanker is in die ewige deugde van nederigheid, onselfsugtigheid, mededeelsaamheid, dankbaarheid, opregtheid, ywer, spontaniteit, kreatiwiteit, netheid, uitnemende leierskap en laaste maar nie die minste nie, lewenslange leer met ʼn onblusbare soeke na die waarheid.
Drie kopskuiwe is nodig vir kreatiwiteit, innovasie in klaskamers
Met ʼn jeugwerkloosheidsyfer van meer as 65% is dit van kernbelang dat vaardighede soos kritiese denke, probleemoplossing, samewerking en kreatiwiteit in die klaskamer geleer word.
36 leerders glo vir dagga geskors
Die skool se beheerliggaam stel tans ondersoek in om uit te vind wie die dagga onder die leerders verkoop en versprei het.
Luister: Ja, daar is ’n toekoms vir Afrikaanse onderwys
Dit is geen geheim dat Afrikaanse onderwys in Suid-Afrika in ’n krisis is nie. Die aanslag teen Afrikaanse skole, wat ondanks enorme uitdagings steeds floreer, word jaarliks net groter.
’n Blik op die toekoms sal lekker wees
Dit is hierdie klein beginsels wat jou kinders ʼn onderrigbare hart gee wat fundamenteel is tot karakterbou.
Bybelvasvra gaan volstoom voort
Vir langer as vier dekades daag die Rapportryersbeweging se Bybelvasvra-kompetisie laerskoolleerders se Bybelkennis uit, ’n instelling wat vanjaar voortgesit word.
Hoe lyk respek en medemenslikheid in skole?
Natuurlik beteken medemenslikheid en omgee nie dat onderwysers ʼn laat-maar-loop-houding inneem, en laksheid en onverantwoordelikheid oorsien nie. Juis omdat hulle omgee, wil onderwysers leerders ondersteun om die mens te word wat hulle kan en behoort te wees.
Word ’n mentor vir onderwysers
Mentorskap in die onderwys is van onskatbare waarde, maar moenie onderskat wat dit vir jou as mentor kan beteken nie.