“Ons voel dat die tyd nou reg is om ons vertroue in die spelers te plaas wie se spelpeil na ons mening die beste is. Ons kan ongelukkig net 23 spelers kies, maar almal in die groep verstaan dat die land eerste kom.”
Alles vir die sleutelwoord "Rugbywêreldbeker 2023"
Bokke verwelkom druk, sê komkommerkoel Pollard
Die Springbokke se ongekende vermoë om nie net druk te absorbeer nie, maar ook om van hul beste rugby in die groot oomblikke van ʼn Wêreldbeker-toernooi te speel, beïndruk vriend en vyand in Frankryk.
Umaga kap na ‘mooiweer-ondersteuners’
“Nou speel ons in die halfeindstryd en almal doen hul bes om weer ’n plekkie op die All Blacks-perdekar te kry.”
Rose op hul hoede vir vindingryke Bokke
“Wys vir my een van hul swakhede uit en ek sal iets soortgelyks van die Franse, Iere en selfs die All Blacks kan sê.”
O’Keeffe gaan weer fluitjie blaas in Bok-stryd
Jaco Peyper sal weens ʼn besering nie deel van die naweek se aksie wees nie.
Rassie verwag taai toets teen Rose
Rassie Erasmus waarsku dat die Springbokke dit nie kan bekostig om na buitestanders te luister wat verkondig dat Engeland ʼn swak rugbyspan is nie.
Bokke weer no. 1 op wêreldranglys
“Ons werk saam as ʼn span en ons veg vir mekaar op die speelveld,” het Siya Kolisi ná die Springbokke se spesiale vertoning teen Frankryk gesê.
Kyk: Arnold Geerdts oor skeidsregters, blitsige Kolbe
Die sportkenner waag ook ʼn opinie oor wie hierdie naweek as wenners van die veld af kan stap.
Mening: Vlieënde Kolbe een vir die boeke
In ʼn wedstryd wat Suid-Afrika met ʼn enkele punt gewen het, was Cheslin Kolbe se dapperheid en vaardigheid om Thomas Ramos se stelskoppoging te fnuik, deurslaggewend.
Rugbywêreldbeker: Raai die telling en wen
Suid-Afrika kom op 21 Oktober 2023 te staan teen Engeland in die halfeindstryd van die Rugbywêreldbeker. Raai die telling en staan die kans om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.
Uitkloprugby op sy beste
Manjifiek is een van daardie woorde wat die deursettingsvermoë en vasbyt van Siya Kolisi se span beskryf.
Geluk aan die kwarteindstryd se ‘raai die telling’-wenner
‘n Gelukkige Maroela-leser wat die telling korrek geraai (of die naaste aan die eindtelling geraai het), het die kans gestaan om ʼn midweek by ATKV-Oorde te wen.
Hane kloek, kla en kerm oor O’Keeffe
“Ek wil nie ʼn bitter persoon wees wat oor die skeidsregter kla bloot omdat ek die kragmeting verloor het nie, maar ek dink nie dit was op standaard nie.”
Bokke kruis swaarde met Rose in halfeindstryd
Kom ons hou duim vas dat beurtkrag Saterdag afgelas word. Die Springbokke speel immers om 21:00 teen Engeland in die Wêreldbeker-halfeindstryd op die Stade de France.
‘Vive la’ Springbokke!
Die Springbokke het vir Frankryk met een punt op die Stade de France geklop om vir die halfeindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi te kwalifiseer.
Gʼn sprokieseinde vir Ierland se ‘beste ooit’
In sy finale Wêreldbeker-toernooi het die 38-jarige Johnny Sexton 58 punte aangeteken, drie drieë gedruk en die toutjies vir Ierland getrek – hy was steeds ʼn baie gevaarlike teenstander.
Kolbe, Arendse slaggereed om Haan-vleuels te oorskadu
“Ek het goeie herinneringe van die Stade de France, maar dit is alles in die verlede. Nou het ek ʼn geleentheid om nuwe herinneringe te skep; dinge wat my ʼn leeftyd sal bybly.”
WB-kwarteindstryd breek wéér Ierse harte
Nieu-Seeland is deur na nóg ʼn Wêreldbeker-halfeindstryd, terwyl Ierland nóg ʼn Wêreldbeker-kwarteindstryd verloor het.
Pumas blus Wallis se vuur
Die Pumas, wat rustyd met 6 – 10 agter was, het met dié oorwinning die eerste span geword wat tot die halfeindronde kon deurdring.
Bokke sien uit na Franse kwarteindstryd
“Dit gaan ʼn taai wedstryd wees want Frankryk se entoesiastiese ondersteuners staan ook bankvas agter hul span, maar ons is hier om ons land te verteenwoordig.”