Die arbeidshof in Johannesburg het vandag die ooreenkoms wat verlede week tussen Solidariteit en Telkom bereik is, ’n hofbevel gemaak.
Alles vir die sleutelwoord "Solidariteit"
Nuwe loonvoorstel om staking te beëindig
‘n Paar vakbonde, waaronder Solidariteit, het Sondag ʼn nuwe gekonsolideerde loonvoorstel aan die werkgewers in die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) voorgelê.
Telkom stem in om herstrukturering, afleggings te stop
In ’n ooreenkoms met die vakbond Solidariteit het Telkom vroeër vandag onderneem om sy huidige herstrukturerings- en afleggingsproses vir eers te staak. Dié onderneming sluit in die opskorting van die gebruik van ras as ‘n kriterium in die bepaling van afleggings.
‘Metaalbedryf-stakers sal jare moet werk om verlies in te haal’
Die vakbond Solidariteit sê stakers in die metaal- en ingenieursbedryf reeds twee tot drie jaar sal moet werk om die verlies wat hulle weens die staking gely het, in te haal.
Video: Telkom se rastellende afleggings in grap-video uitgebeeld
Solidariteit het ‘n video op YouTube gelaai wat kamstig Telkom se reaksie op die vakbond se veldtog teen dié maatskappy se rastellende afleggings uitbeeld.
Solidariteit begin reuseveldtog teen Telkom-afleggings
Die vakbond Solidariteit het vandag ’n reuseveldtog teen Telkom se huidige afleggingsproses, waar ras as kriterium gebruik word, van stapel gestuur.
Aanval op Solidariteit-lid: Beeldmateriaal bevestig Numsa-betrokkenheid
Die vakbond Solidariteit het vandag kringtelevisiemateriaal ontvang van ’n aanval waarin een van sy lede ernstig beseer is. Die video wys hoe die lid aangeval word, waarna gewapende persone in Numsa-kleredrag die toneel verlaat. Die beeldmateriaal volg onderaan die berig.
Solidariteit eis dat Telkom raskriteria vir aflegging laat vaar
Die vakbond Solidariteit het Telkom finaal aangemaan om die raskriteria vir afleggings wat Telkom tans gebruik, te laat vaar.
Hof staan interdik toe; vries SAPD-pos
Die arbeidshof in Johannesburg het ten gunste van die vakbond Solidariteit en lt.kol. Adolf Arendt beslis en gelas dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ‘n pos wat Arendt nie gekry het nie omdat hy wit is, moet vries.
Solidariteit verhoed dat niestakende werkers uitgesluit word
Die vakbond Solidariteit sê sy lede sal nie deur die werkgewersagentskap die Federasie van Staal- en Ingenieursbedrywe van Suid-Afrika (Seifsa) van hul werkplekke in die metaal- en ingenieursbedryf uitgesluit word nie.
‘Steeds net matriek nodig vir provinsiale hoof van misdaadintelligensie’
Die vakbond Solidariteit het die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Riah Piyega, versoek om te verklaar waarom die minimum akademiese vereiste vir die pos van provinsiale hoof van die polisie se misdaadintelligensie-afdeling net ’n matrieksertifikaat is.
Numsa gaan staak; Solidariteit veg voort vir niestakende werkers
Meer as 220 000 van Numsa se lede in die metaal- en ingenieurswesebedryf sal die week regoor die land begin staak terwyl die vakbond Solidariteit steeds veg om te verseker dat niestakende werkers sal kan werk.
Solidariteit verlaag Eskom-looneis
Die vakbond Solidariteit het aangedui dat hy sy looneis aan Eskom gaan verlaag ten einde die gaping tussen die werkgewer se aanbod en sy eis te verklein.
Vakbond versoek uitstel om metaalbedryfstaking te vermy
Die vakbond Solidariteit het Donderdag ‘n versoek gerig dat onderhandelinge met 21 dae verleng moet word om ‘n staking in die metaal en ingenieursbedryf te vermy. Numsa het Donderdag aangekondig sy lede is bereid om onbepaald te staak.
‘Arbeidswette oor stakings moet aangepas word’
Die vakbond Solidariteit het vandag gewaarsku dat ’n lang herstelproses voorlê ná Amcu se verlammende staking in die platinumbedryf.
Platinumstaking: ‘Humanitêre krisis nog lank nie verby’
Solidariteit Helpende Hand het die uiteindelike einde aan die platinumstaking verwelkom, maar beklemtoon dat die krisis nog lank nie opgelos is nie.
Werknemersvertroue daal in eerste kwartaal van 2014
Die komponent vir werknemersvertroue in die Solidariteit-ETM Arbeidsmarkindeks (AMI) het in die eerste kwartaal vanjaar na 45,7 gedaal, nadat dit in die laaste kwartaal van 2013 op 46,5 gestaan het.
Afleggings by Continental Tyres gestuit
Die vakbond Solidariteit het Donderdag in die arbeidshof in Port Elizabeth ‘n dringende interdik teen Continental Tyres bekom om die maatskappy se onbillike afleggingsproses te stuit.
Kenners oor moedertaalonderrig en vaardigheidstekort
Dr. Theuns Eloff, voormalige visekanselier van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê daar is ‘n direkte verband tussen moedertaalonderrig en akademiese prestasie.
Nuuskommentaar: Sol-Tech, Afrikaans en transformasie
‘n Aantal jare gelede stel die Vrystaatse Wetgewer ‘n persoon aan om die Vrystaatse media te monitor. Die persoon kon egter nie ‘n woord Afrikaans verstaan nie (en was boonop ‘n Kaizer Chiefs-ondersteuner).