Cloete Murray, wat verantwoordelik was vir die likwidasie van onder meer Bosasa, se seun is reeds Saterdag op die toneel van die skietery dood.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Pa kritiek, seun sterf in skietery op N1
Cloete Murray, likwidateur van onder meer Bosasa, en sy seun Thomas was vermoedelik die slagoffers in die skietery.
SA wil gasheer wees sou Oekraïne, Rusland wou gesels
Suid-Afrika en die Verenigde Arabiese Emirate is albei bereid om gasheer te wees sou Oekraïne en Rusland besluit om in persoon om dieselfde tafel te sit.
EFF nog voor stilstand met R150 000 gelooi
Die EFF het nog nie eers begin betoog nie en het al klaar ’n stewige rekening van die Stad Kaapstad ontvang in aanloop tot sy nasionale stilstand.
Nóg ’n interdik in aanloop tot nasionale stilstand bekom
Die DA het aanvanklik aansoek gedoen om die nasionale stilstand in geheel as onwettig te laat verklaar. Die hof het egter die aansoek van die hand gewys.
Tshwane stééds sonder burgemeester
Die Stad Tshwane het steeds nie ’n nuwe burgemeester verkies nie nadat lede van die veelpartykoalisie Vrydagaand uit ’n raadsvergadering gestap het.
Lasbrief vir Poetin uitgereik
Dit is egter hoogs onwaarskynlik dat daar iets van die lasbriewe sal kom.
Te min word gedoen om padvarke te straf
Onkundige, korrupte of onentoesiastiese wetstoepassers veroorsaak soms dat ongelukke nie behoorlik ondersoek word nie.
Geen ‘doodloopspore’ vir dié raaiseljagter
Wouter Botes is op die spoor van sommige van Suid-Afrika se tergendste geheime. En as ʼn raaisel nie vandag opgelos word nie, glo hy, sal dit môre of oormôre opgelos wees.
‘Ons het ons lesse geleer in 2021’ – NatJoints
Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur sê hy is hierdie keer meer voorbereid.
Wes-Kaap kry interdik voor nasionale stilstand
Dié interdik verbied enige onwettige betogings, aanhitsing tot geweld, intimidasie en die beskadiging van eiendom eerskomende Maandag in die Wes-Kaap.
Ligte meer aan as af dié naweek
Dit is die derde sarsie goeie nuus vanaf die sukkelende Eskom oor die afgelope paar dae.
Mans vas vir biokinetikus se ontvoering
Van Riana Pretorius is daar egter steeds geen spoor nie.
‘Wonderwerk’ ná bakkie oor peuter ry
“Ek het oor ons kind gery!” het Wayne Erasmus gegil terwyl hy met sy kind in sy arms na sy vrou gehardloop het.
Sikloon Freddy dalk eindelik uitgewoed
Weervoorspellers verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê dit is onwaarskynlik dat die sikloon weer ʼn oplewing sal beleef.
Onakkurate waardasie kan belastingbetalers rook
Mense wat eiendom in Johannesburg besit se erfbelasting kan dalk binnekort die hoogte inskiet weens onakkurate waardasie van hul eiendom.
Graderingsagentskap het goeie nuus vir Eskom
Eskom se kredietgradering het nog nie verhoog nie, maar dit kan.
‘SA moet weet wie breek en plunder Eskom’
“Dit word beweer dat vier kriminele kartelle binne Eskom bedrywig is, sy hulpbronne plunder, dit droogbloei en die land op sy knieë bring. Hierdie vier kriminele groepe steel miljarde rand deur Eskom se verkrygingsprosesse te beheer.”
Mkhwebane getuig oor CR17-veldtog
“Vir my is dit ’n kwessie van lewe en dood.”
Ramaphosa oor EFF-betoging: ‘Wanorde en anargie sal nie geduld word’
“Regimeverandering kan slegs by die stembus tot stand kom, dit kan nie deur anargie plaasvind nie,” het Ramaphosa gesê.