Die Tshwane-stadsraad het gesê streng waterbeperkings sal ingestel word in etlike gebiede wat onder dié stadsraad val as gevolg van ʼn verhoogde watergebruik en lae reservoir-watervlakke sedert September vanjaar.
Alles vir die sleutelwoord "Tshwane"
Mans kry 12 lewensvonnisse, 768 jaar vir verkragting
“Al die slagoffers is geteiken naby die Kolonade-, Wonderpark en Hartebees-winkelsentrum, asook langs die Molefe Makinta-snelweg in Noordwes. Die verkragters het altyd dieselde modus operandi gehad.”
Korrupsie by Tshwane-lisensiekantore ook ontbloot
Die Stad Tshwane sal binnekort beamptes by die stad se lisensiekantoor skors wat na bewering by verskeie korrupte bedrywighede betrokke was.
[Foto’s] Pta-spruit skoongemaak ná dieselstorting
ʼn Skoonmaakoperasie is steeds by die Moreleta-spruit in die ooste van Pretoria aan die gang nadat diesel in die spruit gestort is.
‘Tshwane het ANC-verkiesingsveldtog befonds’
Die EFF het Donderdag aanklagte van korrupsie en wanadministrasie teen Kgosientso Ramokgopa, die voormalige burgemeester van Tshwane, verskeie beamptes van die stad en die ANC, by die Pretoria-Sentraal polisiestasie ingedien.
Korrupsie-aanklagte teen voormalige Tshwane-beamptes
Solly Msimanga, die burgemeester van Tshwane, het Woensdag aanklagte van korrupsie ingedien teen senior beamptes van die stad se vorige administrasie.
Geen luukse motors meer vir Tshwane-amptenare
“Ek sal nie toelaat dat openbare geld op luukse motors bestee word, terwyl ons mense met dienslewering, huise en werksgeleenthede sukkel nie. ʼn Hyundai i20 of Toyota Corolla kan presies dieselfde werk vir ʼn politikus doen as ʼn duur sedanmotor.”
Tshwane-burgemeester maak nuwe komitee bekend
Die nuutverkose burgemeester van Tshwane, Solly Msimanga, het Vrydag die nuwe lede van die stad se burgemeesterskomitee by ʼn perskonferensie aangekondig.
DA wen in die Tshwane-metro
Die DA het geskiedenis gemaak deur die ANC te onttroon as die grootste party in die Tshwane-metro.
Nog ʼn slag vir Tshwane oor slimmeterkontrak
AfriSake het die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria vandag genader om ʼn dringende hofbevel teen die Tshwane-metroraad te kry om te keer dat dié munisipaliteit R950 miljoen aan PEU Capital betaal.
Sepiester vra jou hulp
Die bekende aktrise het haar tot sosiale media gewend om steun te vra vir ʼn kwessie wat haar na aan die hart lê.
PTA-munisipaliteit ontken R15 m. vir wegneemetes
Die Tshwane-metro in Pretoria het mediaberigte dat daar nagenoeg R15 miljoen in een maand aan wegneemetes spandeer is vir personeellede, ontken.
Paul Kruger-beeld in foelie bedek; Voortrekkerrok vir Mandela-beeld versoek
Die Tshwane-metroraad het Front Nasionaal se versoek om die standbeeld van oudpresident Nelson Mandela by die Uniegebou in Pretoria van 1 tot 16 Desember in ʼn Voortrekkerrok en -kappie aan te trek, as “blatante uitlokking” beskryf.
Hof sê oor Tshwane-fees
Die Tshwane-metroraad se aansoek om die organiseerders van die TribeOne-musiekfees te dwing om voort te gaan met die geleentheid, is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria van die rol geskrap.
Pretoria-buurte sonder water
Meeste voorstede in Pretoria was Dinsdag sonder water ná probleme by die Palmiet-pompstasie.
Gekanselleerde fees kos Tshwane miljoene
Ongeveer R65 miljoen van die stad van Tshwane is verkwis nadat die TribeOne-musiekfees Donderdag gekanselleer is, berig City Press.
Metropolisie-hoë geskors
ʼn Senior beampte van die Tshwane-metropolisie wat vir bedrog ondersoek word, is geskors.
Antwoorde gesoek oor metropolisie-hoë se aanstelling
Die munisipale vakbond Samwu het die Tshwane-metroraad versoek om te verduidelik hoe ʼn senior metropolisiebeampte aangestel is nadat sy na bewering haar kwalifikasies vervals het.
Video: Skikking kom 18 jaar ná slaggat-ongeluk
Annemarie Jacobs is al sedert 1996 in ‘n regsgeding met die Tshwane-metroraad gewikkel, nadat sy deur ‘n slaggat gery het wat oor die breedte van een motorbaan gestrek het.
Twee verkeersbeamptes vas vir omkopery
Twee verkeersbeamptes van die Tshwane-metropolisie is in hegtenis geneem nadat hulle glo Donderdagaand ‘n motoris probeer omkoop het.