Die Seriti-kommissie se bevinding dat geen bewyse van bedrog of omkopery in dié multimiljardrand-wapentransaksie gevind kon word nie, “is ʼn klug en dui op ʼn vermorsing van belastingbetalers se geld”.
Alles vir die sleutelwoord "VF Plus"
VF Plus kap ANC oor Gupta-familie
Die Vryheidsfront Plus het gesê die ANC plunder land se minerale rykdom onder die dekmantel van transformasie.
Zuma moet verantwoordelikheid aanvaar vir ‘Guptanami’
Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn beroep op president Jacob Zuma gedoen om verantwoordelikheid te aanvaar vir die waarskynlike werkverliese wat weens die Gupta-familie se korrupte uitbuiting van die staat kan ontstaan.
‘Speaker verskoon jouself’
Opposisiepartye het Dinsdag in die Nasionale Vergadering soos een man geëis: “Speaker verskoon jouself”.
Probleme om Aarto te implementeer stuur af op mislukking
Probleme by die owerheid vir padverkeersoortredings (RTIA) om behoorlik te funksioneer, laat dit glo duidelik blyk dat die liggaam hoegenaamd nie in staat sal wees vir ʼn massiewe bykomende werklas soos e-tol-boetes nie.
Nkandla-toespraak: ‘Begin van Zuma se roemlose einde’
Die VF Plus het in reaksie op Zuma se toespraak Vrydagaand, oor die Nkandla-uitspraak, gesê dit is duidelik die president het geen werklike begrip van die erns of implikasies van die uitspraak nie.
Guptagate: ‘Valke moet Zuma ook ondersoek’
Die VF Plus het Woensdag die Valke versoek om die verhouding tussen president Jacob Zuma en die Gupta-familie te ondersoek.
‘Sanral-dagvaardings onwettig’
Kort nadat die nasionale padagentskap (Sanral) aangekondig het dat motoriste wat nie hul uitstaande e-tolskuld betaal nie nou gedagvaar sal word, het die Organisation Undoing Tax Abuse (Outa) gesê daar is geen grond waarop motoriste wat nooit vir e-tol geregistreer het, gedagvaar kan word nie.
‘Ontkennings sal Gupta-beweringe nie laat verdwyn nie’
Die VF Plus het gesê net soos met Nkandla, sal pres. Jacob Zuma wel agterkom dat ontkennings en stilswye nie die Gupta-beweringe sal laat verdwyn nie.
Skok oor Guptas-aanbod: ‘Jonas was nie die enigste een nie’
Politieke partye het Woensdagaand met skok gereageer oor Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, se erkenning dat die Gupta-familie hom wel die pos van minister van finansies aangebied het en het beweer dit is nie die enigste keer wat die Guptas in politieke besluite betrokke was nie.
Randfontein-moorde: Brittanje genader oor ‘anargie’ in SA
ʼn Beroep word op die Britse regering gedoen om in te tree nadat een van dié land se burgers, Monty McCormack (73), saam met sy seun, dié se verloofde en haar dogter op ʼn kleinhoewe aan die Wes-Rand vermoor is.
Staatshospitale nie voorbereid op al hoe meer pasiënte
Die Vryheidsfront Plus het Vrydag gesê met mediese fondse en privaathospitale wat tans onder die soeklig is weens die astronomiese kostes van hul dienste, is die vloei van pasiënte na staatshospitale besig om ingrypend toe te neem.
Afrikaanse radio verbied glo Mulder deelname
Die Vryheidsfront Plus het Dinsdag gesê die SAUK se Afrikaanse radiostasie, Radio Sonder Grense, het sy leier verbied om verder deel te neem aan Lynette Francis se program Praat Saam.
Enige Sanral-boete sal onwettig wees, sê VF Plus
Dreigemente van organisasies wat Sanral se e-tolgeld moet invorder oor die moontlike vervolging van nie-betalers, kan in Sanral se gesig ontplof, het die VF Plus Donderdag gesê.
Begrotingsrede 2016: Politieke partye reageer
“Die vraag is of dit nie te min te laat is nie.”
VF Plus gryp in om Highveld Steel te probeer red
Die VF Plus het die voorsiter van die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid in ʼn skrywe versoek om dringend in te gryp in ʼn poging om die staalvervaardiger Highveld Steel van ondergang te red.
Staatsrede 2016: ‘Zuma soos bottel sonder gas’
“Die staatsrede van pres. Jacob Zuma vanaand was verbeeldingloos en sonder om werklik die ernstige Suid-Afrikaanse ekonomiese probleme aan te spreek,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, ná afloop van die geleentheid in die parlement gesê.
US-blackface: ‘DStv sal ‘X-Files’ van die televisie moet haal’
Die hele kwessie rondom die sogenaamde pers “blackface”-geval by die Universiteit Stellenbosch (US) is gek.
OB gevra om Tshwane-metropolisiehoof te ondersoek
Die VF Plus het die Openbare Beskermer (OB) gevra om drie klagtes te ondersoek wat direk verband hou met die hoof van die Tshwane-metropolisie, Moloko Racheku.
Nuuskommentaar: Oom Paul en die kriminalisering van Afrikanergeskiedenis
In ’n poging om veral die DA as faktor in die komende munisipale verkiesing te erodeer, skroom die ANC nie om genadeloos ’n verbale rasse-oorlog te stook nie. Maar gaan so ’n stokery noodwendig verbaal bly, veral as die Afrikaner en sy helde gekriminaliseer word?