ANC-LP Jackson Mthembu, wat Sondag in Witbank tydens ʼn gewapende roof geskiet is, sterk aan in die hospitaal.
Alles vir die sleutelwoord "witbank"
Ses vas ná betogings in Kriel
Ses mense is in hegtenis geneem nadat inwoners van die Thubelihle-township paaie buite Kriel in Mpumalanga versper het.
10-jarige sterf ná veldrenmotorfietsongeluk
Joshua Jennings, ʼn 10-jarige veldrenmotorfietskampioen van Johannesburg, is Sondag in ʼn motorfietsongeluk by ʼn veldrenbaan in Witbank, Mpumalanga, dood.
Pastoorsgesin dood aangetref in Witbank-huis; vierjarige oorleef
Die polisie in eMalahleni (Witbank), Mpumalanga sê dit is ʼn raaisel hoe ʼn vierjarige seuntjie dae lank oorleef het nadat die res van sy gesin glo weens koolstofmonoksiedvergiftiging dood is.
Polisiereservis, drie ander vas oor transitoroof
Die Valke het vier mense in hegtenis geneem in verband met die rooftog by die SBV-transitomaatskappy se kontantsentrum in Witbank, Mpumlanga waartydens nagenoeg R87 miljoen gesteel is.
Foto’s: Dié drie soek na bankroof
Die polisie is op soek na drie mans wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het en die Standard Bank in eMalahleni (Witbank) beroof het.
Transitoroof: Meer as R40 m glo gesteel
Die Valke sê sy soektog na ʼn bende ‘gesofistikeerde rowers’ wat verlede week miljoene rande by die SBV-transitomaatskappy se kontantsentrum in Witbank, Mpumlanga geroof het, gaan onverpoosd voort.
Een verdagte, een veiligheidswag dood tydens Witbank-transitorooftog
Twee mense, insluitend ʼn veiligheidswag, is Dinsdag tydens ʼn transitorooftog in Witbank doodgeskiet en ʼn derde is beseer.
Gewapende rowers in Witbank doodgeskiet
Twee vermeende rowers is Dinsdag by ʼn winkelsentrum in Witbank tydens ʼn skermutseling met transito-sekuriteitswagte doodgeskiet.
Dagga-onnie uitgevang
’n Onderwyser (45) van Witbank wat vandag vir die besit van dagga in hegtenis geneem is nadat ’n skoolseun namens hom van dié dwelm verkoop het, sal Vrydag in die landdroshof in Witbank verskyn.
Polisievlieënier was glo dronk
ʼn Geregtelike ondersoek in die Emalahleni (Witbank)-landdroshof het beweringe aangehoor dat die vlieënier van ʼn polisiehelikopter wat in Julie 2010 neergestort en die dood van sewe mense veroorsaak het, glo dronk was, het Beeld Maandag berig.
Foto’s: Digte mis veroorsaak chaos op N4
Digte mis op die N4-snelweg het Vrydagoggend chaos veroorsaak en vermoedelik tot ʼn kettingbotsing gelei waarin ʼn bejaarde vrou dood is en 15 voertuie betrokke was.
Eienaar waag lewe om diere uit brand te red
Die eienaar van ʼn troeteldierwinkel in Emalahleni (Witbank) is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal nadat hy in sy brandende winkel ingehardloop het om sy eksotiese diere te red.
Weerlig slaan 29 beeste dood
Altesaam 29 beeste is dood nadat weerlig hulle op die plaas Booyzynkraal, tussen Groblersdal en eMalahleni (Witbank) doodgeslaan het.
Een kritiek ná twee trokke bots
ʼn Vragmotorbestuurder is in ʼn kritieke toestand nadat sy voertuig Dinsdagaand van agter teen ʼn ander vragmotor op die N12 naby Witbank gebots het.
Sekureitswagte toe eintlik mynwerkers
Mynwerkers is Dinsdag deur vermeende koperdiewe gyselaar gehou in ‘n Xstrata-steenkoolmyn in Witbank.
Vasgekeerde sekuriteitswagte by Witbank-myn gered
15 Sekuriteitswagte van die Xstrata-steenkoolmyn (XCSA) in Witbank wat deur vermeende koperdiewe in ‘n ondergrondse skag gyselaar gehou was, is gered.