Die Seriti-kommissie wat die wapentransaksie ondersoek, het gesê hy gaan vir eers nie kommentaar lewer oor bewerings dat president Jacob Zuma omkoopgeld ontvang het uit dié omstrede transaksie nie.
Alles vir die maand September 2014
Nuuskommentaar: Puk en transformasie; maar watter transformasie?
Herman Toerien sê dit is nie duidelik watter tipe transformasieproses by die Puk beplan word en watter invloed dit op Afrikaans op die kampus gaan hê nie.
Die pastoor mag nie laat wees nie! sê spoedvraat
ʼn 66-jarige man is Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn spoedoortreding op die N12 in Alberton in Gauteng.
Hartswater-ongeluk: Dodetal styg
Die polisie het die dodetal aangepas ná ʼn noodlottige ongeluk Saterdag op die N18 naby Hartswater in die Noord-Kaap.
DA sal “onnodige” opgraderings by parlement teenstaan
Die Demokratiese Alliansie het Sondag gesê hy gaan die voorgestelde opgraderings ter waarde van R1.4 miljard van die parlementêre gebied teenstaan.
Baba sterf in KZN-ongeluk
‘n Ses maande oue baba is Sondag dood en drie mense beseer in ʼn ongeluk op die N2, ongeveer 30 km buite Kokstad in KwaZulu-Natal.
Nigerië-ineenstorting: Nog lank voor oorskot huis toe kom
Dit gaan glo ʼn geruime tyd duur voordat die liggame van Suid-Afrikaners, wat gesterf het toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, teruggebring word.
Kaapstad-tiener doodgeskiet
ʼn 15-jarige seun is Sondagmiddag in Valhallapark in Kaapstad doodgeskiet.
Gedagte vir die dag: Gebruik God se krag
God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig. U het my met krag omgord vir die stryd, U het my teëstanders voor my laat swig. (2 Sam 22:33, 40)
Bokke se ster kan Saterdag se toets misloop
Een van die Springbokke se groot sterre Saterdag het net ‘n 50-50 kans om fiks te wees vir die naweek se toets teen die All Blacks op Ellispark.
Boland se wen nie genoeg vir uitspeelplek
Die Boland Kavaliers het weliswaar die naweek 27-6 teen die Border Bulldogs gewen, maar dit was nie genoeg om vir die uitspeelrondes in die Curriebeker se Eersteliga te kwalifiseer nie.
Zuma moet Phiyega afdank, sê DA
Die DA sê dit is nou die regte tyd vir pres. Jacob Zuma om ernstig oor Riah Phiyega se ontslag te besin.
De Deur-polisie ondersoek bestialiteit
ʼn 29-jarige man is Saterdag in De Deur in Gauteng in hegtenis geneem op aanklag van bestialiteit. WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.
Video: Minstens 31 dood ná Japan-vulkaan uitbars
Minstens 31 mense is Saterdag dood ná ʼn vulkaniese uitbarsting in Japan.
Projektiel tref Brakpan-huis
ʼn 20-jarige vrou is Saterdag beseer toe ʼn projektiel, wat deur ʼn mortier afgevuur is, ʼn huis in Brakpan, oos van Johannesburg getref het.
Nagenoeg 500 staatsamptenare geskors
Nagenoeg 500 sake van staatsdiensamptenare wat oor dissiplinêre redes geskors is, is op die regering se nuwe gesentraliseerde databasis aangeteken.
Vermeende bendelede in JHB aangekeer
Vier vermeende bendelede is in Doornfontein in Johannesburg aangekeer in verband met ʼn verskeidenheid van misdade.
Berig oor Thales-omkopery “slegs gerugte”
Die ANC het Sondag gesê ʼn berig in die Sunday Times oor bewerings van omkopery tussen pres. Jacob Zuma en die Franse wapenmaatskappy, Thales, is bloot gerugte.
Wêreldrekord verbreek: Vinnigste marathon ooit
Dennis Kimetto van Kenia het Sondag die marathon-wêreldrekord gebreek.
“Geen waterkrisis in Gauteng nie”
Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor water en sanitasie het Saterdag gesê daar is geen waterkrisis in Gauteng nie.