Die raad van die SAUK, die bestuur sowel as die personeel het hul medelye met sy familie en vriende betuig.
Alles vir die maand November 2017
Man (57) op KZN-plaas vermoor
Die verdagtes het met sy vrou na ʼn kitsbank gery en haar gedwing om vir hulle geld te trek.
Man (69) stap 2 km vir hulp ná NW-plaasaanval
“Hulle het die hele yskas met vleis en al na sy bakkie gedra. Die inhoud van die koskaste is in koelbokse gepak en ook uitgedra. Ander waardevolle items soos die televisie en sy selfoon is ook gesteel,” het Prinsloo gesê.
Tiener verdrink in KwaZulu-Natal
“’n Meisie is glo gesien dryf in die water en aan land gebring deur lewensredders. Hulle het met hartmassering begin en paramedici ontbied.”
[Foto’s] ‘Vreemde reuk’ lei tot reusevonds
“Ses 48 kg-gassilinders, 22 plastiekbaddens, een termometer, twee vlekvryestaalstowe, drie Jojo-watertenks (inhoudsmaat 1 500 l elk), een yskas, twee vrieskaste, 141 droograkke, ʼn digitale skaal en afkoelwaaiers is aangetref.”
Baba kritiek ná bakkie met 21 mense rol
ʼn Ses maande oue baba is in ʼn kritieke toestand ná ʼn bakkie wat 21 mense vervoer het in Amanzimtoti gerol het.
Cheetahs was nooit in die wenprentjie nie
As jy 20-3 agter is en gedwing word om in jou eie gebied te speel, gaan jy nie sommer as wenspan van die veld stap nie.
Gedagte vir die dag: Kyk op
Lea het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het hom Juda genoem, “want,” het sy gesê, “nou sal ek die Here prys!” (Genesis 29:35)
Kwagga skitter teen die All Blacks op Twickenham
Kwagga Smith is al die hele jaar een van net twee Blitsbokke wat werklik in die vyftienmankode oortuig het – en Saterdagmiddag was hy op sy allerbeste in die wedstryd tussen die Britse Barbarians en die All Blacks op Twickenham.
Afrikaanse sangeres deel groot nuus
“Ons is so opgewonde om hierdie wonderlike nuus met almal te deel!”
Man vas vir Worcester-moord
ʼn 21-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn jong man van Worcester.
Hierdie Kings gaan nog ʼn paar spanne laat les opsê
Die ou afgesaagde uitdrukking is “so naby maar tog so ver.” En dit is seker hoe die Southern Kings Saterdagmiddag gevoel het.
Herrie oor nóg ʼn student se Swart Maandag-uitlating
“Like…All this killing wouldn’t be necessary if you had just GAVE BACK THE LAND!!!!” [sic]
Vermiste man se lyk in vlak graf gevind
ʼn Middeljarige man wat sedert Oktober vermis was, se liggaam is in ʼn vlak graf naby ʼn wildsplaas in Limpopo gevind.
Drie ‘transitorowers’ doodgeskiet
“Ongelukkig vir die boewe was polisiebeamptes in die omgewing.”
Vrou op Limpopo-plaas vermoor
ʼn Vrou se liggaam is Vrydag op ʼn plaas in Limpopo gevind nadat sy vermoedelik verkrag is.
Roofkopie van Zuma-boek versprei digitaal
ʼn Roofkopie van die omstrede pas uitgereikte boek oor pres. Jacob Zuma, The President’s Keepers, versprei soos ʼn veldbrand onwettig op sosiale media.
[Video] SA pianiste verstom met 40 vingers op een klavier
Vier bekroonde Suid-Afrikaanse pianiste laat die monde oophang in ʼn video wat opnuut op sosiale media die ronde doen waar hulle gesamentlik die klawers tokkel.
Jong man in Worcester doodgesteek
ʼn 19-jarige man is Vrydag in Worcester in die Wes-Kaap vermoor.
Rowers ‘in uniform’ slaan op plaas toe
Die Tzaneen-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na verdagtes wat Vrydagaand op ʼn plaas in die omgewing toegeslaan het en ʼn man tydens ʼn rooftog geskiet het.