Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Alles vir Vrydag 20 September 2019
Amy-Leigh-ontvoering: Trane in die beskuldigdebank
Nel het begin huil toe besonderhede bekend gemaak is van haar twee minderjarige kinders wat ná haar inhegtenisneming in die sorg van hulle pa geplaas is.
Familietwis: Hoe ʼn testament dit kan voorkom
Ons kan strewe om ‘n volle lewe te hê, liefdevolle herinneringe en ‘n nalatenskap agter te laat vir ons familie. Ongelukkig kan sulke mooi herinneringe besmet word wanneer familielede oor jou boedel stry omdat hulle rigtingloos gelaat is
Wasbere is ‘ongenooide gaste’ op troufoto’s
As mens in die natuur jou troufoto’s wil neem, dan moet jy voorbereid wees op ʼn ongenooide gas of twee. ʼn Familie wasbere het by dié paartjie se fotosessie opgedaag.
Jong boer van die jaar kan (byna) alles met tang, draad regmaak
“Ek sal graag onthou wil word as ʼn eerlike persoon wat altyd sal help en graag betrokke wil wees,” sê boer.
Suid-Afrikaners is plesierig, maar drink dalk té veel?
Vir baie jong mense, veral studente, is die punt van drink om dronk te word, maar saam met dronkenskap kom talle gevare.
Alles Malan: Treffer-reeks boor ʼn aar raak
Die Malans van die Paarl het diep in kykers se harte gekruip. Wanneer kykers begin praat van karakters asof dit mense is wat hulle ken, moet jy weet die skrywers, regisseurs en vervaardigers het iets reggekry.
SA se voorste kroegman vat wêreld se bestes aan
Suid-Afrika se voorste kroegman, Owen O’Reilly, vertrek volgende week na Glasgow in Skotland om aan die eindstryd van die World Class Bartender-kompetisie deel te neem.
Woord: ramkat
‘n “Ramkat” is ‘n uithaler, uitblinker. Dit kan ook ‘n uitroep van bewondering wees.
Oudlid van Skerpioene in hof oor ‘bom’ by Menlyn Maine
Hy het in die laat 80’s by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) begin werk en later by die destydse Skerpioene aangesluit.
Springbokke teen All Blacks: Wie gaan eerste hou inkry?
Daar is ontsettend baie op die spel vir die Springbokke en All Blacks in Saterdag se Wêreldbeker-openingswedstryd in Jokohama, want nog nooit kon ʼn span die Webb Ellis-trofee omhoog hou as hy ʼn wedstryd in die groeprondes verloor het nie.
Verdagte in hof vir moord op emeritus-predikant
Die verdagte het ooggetuies se beskrywing gepas van ’n vreemde man wat die dag voor Barnard se moord in sy erf opgemerk is.
Video: Hier is Tasché se eerste musiekvideo
Tasché het saam met haar The Voice-mentor, Francios van Coke, Die Heuwels Fantasties se Hunter Kennedy en Die Gevaar se Richard Onraet gewerk om dié liedjie op te neem
Nuuskommentaar: Rassisme, versoening, inkomstegaping, restitusie, taalregte en Lesufi
Wie en wat stook kwaad in die land, en wie of wat bou aan ’n klimaat van versoening?
Vandag se sportnuus
Suid-Afrika se Ernie Els, Christiaan Bezuidenhout en George Coetzee is saam met ses ander gholfspelers net drie houe agter die voorloper ná die eerste ronde van die BMW PGA-toernooi.
Aarto ‘sal bestuursgedrag korrigeer’
Nagenoeg 14 000 mense sterf jaarliks op die land se paaie en volgens Chuwe is die ekonomiese impak daarvan sowat R147 miljard.
Tientalle Pretoria-buurte se watertoevoer beperk
“Inwoners word versoek om nie hul tuine nat te lei, motors te was of swembaddens vol te maak tot die watervloei na normaal teruggekeer het nie.”
Alle volke klap julle hande: Eenheid te midde van verskeidenheid
Wanneer hierdie eensgesindheid te midde van verskeidenheid, ook deursuur na die samelewing, ontstaan ’n organiese samebinding wat baie sterker is as ’n kunsmatige of gedwonge integrasie.
Eskom ontken beurtkrag-gerugte
“Die risiko is egter steeds daar aangesien die stelsel steeds stram en kwesbaar is terwyl instandhouding by aanlegte verhoog word.”
Misdaad in Suid-Afrika: Die skreiende werklikheid
Genl. Khehla Sitole het op ’n onlangse skriftelike navraag van die DA gereageer en gesê dat die aantal polisiereserviste oor die laaste nege jaar met 96% afgeneem het. As dit wel die geval is, het die wetstoepassers van Suid-Afrika geen duidelike plan om die landsburgers se veiligheid in die nabye toekoms te verseker nie.