Die parlement behoort teen aanstaande maand nuwe reëls in plek te hê om leiers van artikel 9-instellings wat nie die mas opkom nie, mee te verwyder, nadat goeie vordering met die opstel van sulke reëls vanoggend in die parlementêre reëlskomitee gemaak is.
Lees meerAlles vir Vrydag 20 September 2019
Tieners vas wat glo 10-jarige skiet
Drie tieners sal na verwagting Maandag in die Estcourt-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn op aanklag dat hulle ʼn 10-jarige meisie geskiet en haar selfoon gesteel het.
Ma gevonnis oor moord op haar vier kinders
ʼn Ma is Vrydag in die hooggeregshof in Mpumalanga gevonnis op aanklag dat sy haar vier biologiese kinders, twee dogters (onderskeidelik agt en vier jaar oud), en twee seuns (sewe jaar en 11 maande oud) in Desember 2018 in Witbank vermoor het.
Mboweni erken probleme in munisipaliteite
Die minister van finansies, Tito Mboweni, het toegegee dat die nasionale tesourie verskeie probleme ondervind om munisipaliteite te help om hul finansiële bestuursprobleme op te los, ten spyte van die gebruik van peperduur tegniese adviseurs.
ToekomsVenster: Kerse is vir die donker bedoel
Die Gees van die Here verlaat jou nooit en hou jou geselskap wanneer die alleenheid op jou toesak.
Ses sterf in KZN-ongeluk
Ses persone is Vrydagmiddag dood in ʼn ongeluk in Nkanyezini in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.
‘Baasbrein’ in Mooinooi-saak oorlede
Koos Strydom, die vermeende baasbrein in die moord op Joey en Anisha van Niekerk, is Vrydagmiddag om 13:20 oorlede.
Japan klop Russe, maar sjoe!
Die verwagtinge, veral ná ʼn kort, kragtige en kleurvolle openingseremonie, was hemelhoog en dit het sekerlik daartoe bygedra dat Japan se rugbyspan sy Wêreldbekeraanslag in Tokio met ʼn bondel senuwees begin het.
Wêreldbeker: Die openingseremonie in foto’s
Die 2019 Wêreldbeker-rugbytoernooi het vandag afgeskop. Die toernooi vind oor 44 dae plaas, altesaam 20 spanne neem deel en die eindstryd vind op Saterdag 2 November plaas.
Slimkop bou kunshand wat met denke beweeg
ʼn Slimkop van Schweizer‑Reneke in Noordwes het ʼn plan beraam om die probleme van indringende chirurgie, uitsonderlike duur kunsledemate en afvalplastiek, wat net aanhou ophoop, met een wetenskapprojek op te los.
Ou vlag: AfriForum se aansoek om appèl geweier
“Nadat die gronde van die appèl en die argumente van die advokaat oorweeg is sonder om die dele van die uitspraak te herhaal, word die appèl van die hand gewys.”
Ray Dylan vind sy pad terug country toe
“Ray kry dit keer op keer reg om sy aanhangers met sy unieke stem en ongelooflike talent met die kitaar, elektries en ander, geïnteresseerd te hou.”
Foto’s: Só lyk oumagrootjie op matriekafskeid
Te danke aan weldoeners wat hulle harte oopgemaak het, kon ouma Emil langs haar kleinseun pronk in haar splinternuwe blou rok.
Hoe geestesgesondheid die kontinent kan help
Meer as 45% van Afrika se bevolking bestaan uit babas, kinders en jong volwassenes en teen 2030 gaan die kontinent na raming die grootste getal kinders onder die ouderdom van 18 jaar in die wêreld hê.
‘Baasbrein’ in Mooinooi-saak nie oorlede
Daar is intussen ook bewerings dat Strydom gif of pille ingekry het en dat hy sy eie lewe probeer neem het.
Roodeplaatdam nou ‘een groot slikdam’
Die gemeenskap langs die erg besoedelde Pienaarsrivier en Roodeplaatdam in Gauteng het selfs onlangs die Menseregtekommissie (MRK) gevra om te help.
Aros wys eerste ontvangers van onderwysbeurse aan
Studente kan kies tussen ʼn BEd-graad in die grondslag- of intermediêre fase.
Amy-Leigh-ontvoering: Twee vroue in tronk gedreig
Die vroue voer aan die gevangenes saam met wie hulle aangehou word, het die regstreekse uitsending van die borgtog-verrigtinge gevolg.
Magdalene Minnaar se solo-produksie op Aardklop is vol eerstes
Minnaar deel ook van haar eie komposisies en gedigte vir die eerste keer op dié feesverhoog. Sy stel ook haar digbundel Portret op Aardklop bekend.
SA wyn- en toerismebedryf beloon
“Die toekennings is geskep om vertroue in die wyn- en kostoerismebedryf te bevorder en om standaarde in dienslewering en opleiding te verhoog.”