Francois van Coke se derde album, Dagdrome in suburbia, is onlangs bekendgestel. Die liedjie met dieselfde naam, wat hy saam met Spoegwolf sing, betree vandeesweek se Top-20.
Alles vir Dinsdag 29 Oktober 2019
Wen: Racheltjie de Beer-verhaal nou ook leesstof vir oud en jonk
Vyf lesers staan elk die kans om óf ʼn kopie van Die verhaal van Racheltjie de Beer óf Die storie van Racheltjie de Beer (kinderboekuitgawe) te wen.
Gevierde digter se liefdespoësie
Ek het nie ’n woordeboek nodig om sy gedigte te probeer ontsyfer nie; ek kan myself net verloor in die mooi daarvan.
Woede ná Totalsports Etzebeth-kartonbeelde uit winkels gooi
Totalsports se besluit om kartonbeelde van die Springbokslot Eben Etzebeth uit sy winkels te verwyder, het uiteenlopende reaksie ontlok.
Wonderfamilie kweek volgende generasie se entrepreneurs
Onder leiding van hul ma, is drie kinders besig om met planne te woeker vir sakeondernemings wat ʼn verskil aan Suid-Afrika kan maak.
Wat maak Orania daar?
Ek het Orania al verskeie kere besoek en het besluit om verder te gaan ondersoek instel na, soos baie dit sien, hierdie vreemde, abnormale gemeenskap. Hier is hoe ek die Orania-idees verstaan:
‘Blohm-Kraal-Woorde’: Waar kuns, poësie en musiek byeenkom
“Ons het baie feeste in die land, meestal kommersieel, maar min werklike kunstefeeste wat die verskillende soorte kunste ontgin.”
Loop oor dié glasvloer, 100 verdiepings hoog
Toeriste sal binnekort New York kan beleef soos nog nooit vantevore nie, danksy ʼn nuwe uitsigdek, byna 350 meter bo die grond.
Luister: Abel Knobel sing nóú sy eie deuntjie
Hy het ook onlangs sy lyf akteur gehou as die psigopaat Gerben Brummer in die sepie 7de Laan.
‘Rowers’ vas ná strooptogte by klerewinkels
Die rowers het eers by Ackermans en kort daarna by Mr. Price toegeslaan.
Eers bergfietswedren, dán eindstryd
Gewilde bergfietswedren verkort roete om voorsiening te maak vir die Wêreldbeker-eindstryd.
Petrolprys daal volgende maand
Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) sal brandstofpryse deur die bank in November daal.
Sasol base stem in om te bedank
Sasol se uitvoerende raad voel dat die stappe nodig was om vertroue van die onderneming se aandeelhouers te herstel.
Beoogde wetsontwerpe bedreig handel met VSA – Sakeliga
Sou die wette van toepassing word, gaan die belastingvrystelling opgeskort word en sal plaaslike vervaardigers hul pryse moet opstoot, wat uitvoere sal laat daal.
Waterkrisis: ‘Suid-Afrikaners gebruik te veel water’
“ʼn Harde werklikheid staar ons in die gesig en ons moet onmiddellik begin om Suid-Afrika [water]rampbestand te maak. Dit is van die uiterste belang.”
Polisiehoës weer vandag in hof oor Marikana-sterftes
Die saak teen die voormalige adjunk-kommissaris van polisie in Noordwes en drie ander senior polisiebeamptes word vandag voortgesit.
Nuuskommentaar: Omkopery van joernaliste
Daarom is dit nou belangrik om agter die kap van die beweerde liefdesdriehoek en die omkopery van joernaliste te kom.
Zille se terugkeer bied DA ʼn selfondersoekmoment
Dit is hierdie twis wat die DA tans verdeel, eerder as – soos baie dink – die bitterheid van ʼn voormalige partyleier.
Kaapse damme voller; droogte pla steeds
Só lyk Kaapse damme ná die naweek se reën.
Verbruikersake: Maak só seker jou vakansieplanne draai reg uit
Dis al amper die einde van die skooljaar en vir baie (gelukkige) verbruikers beteken dit tyd om uit te span en die spanning van die afgelope jaar af te skud. Ina Opperman het gaan kyk wat jou regte as verbruiker is wanneer jy vakansieplek en vervoer bespreek.