Die president het Maandagaand weereens ingrypende maatreëls aangekondig in ʼn poging om die Covid-19-pandemie te stuit. Dit sluit in die opskorting van drankverkope Maandag om middernag.
Lees meerAlles vir Maandag 28 Desember 2020
‘Ekonomiese inperkings sal ‘n ramp wees’
Solidariteit het in afwagting op die aankondiging van moontlike nuwe regulasies gesê ekonomiese inperkings sal ‘n ramp wees.
Federer nié vanjaar by Australiese Ope in aksie
Federer, ʼn groot gunsteling onder die Melbourne-skare, het sedert sy debuut in 2003 nog nie ʼn Australiese Ope misgeloop nie en het die trofee al ses keer huis toe geneem.
Skadevergoeding vir man wat in stort op skip gly
Die tragedie het gebeur twee dae voordat die passasierskip in Rio de Janeiro sou aankom.
Ramaphosa spreek weer vanaand die land toe
Suid-Afrika het Sondag die eenmiljoenkerf van bevestigde Covid-19-gevalle verbygesteek.
Vyf gesonde gewoontes vir die feestyd
“Die feestyd is ook nie noodwendig die beste tyd om gewig te wil verloor nie, maar dit beteken nie jy moet gewig optel nie. Weet egter sommer nou al, jy gaan in die versoeking kom om te veel te eet en minder te oefen.”
Covid-19: Netcare kanselleer verlof oor meer infeksies
Volgens Netcare is daar nou, tydens die tweede vlaag van die pandemie, veel meer pasiënte in hospitale opgeneem as tydens die eerste golf.
Borg ’n wiegie en help red ’n weggooibaba se lewe
Dit is ʼn hartverskeurende werklikheid in Suid-Afrika: sowat 3 000 kinders word jaarliks in ons land weggegooi. ʼn Plek wat ʼn alternatief wil skep vir hierdie babas is Door of Hope Children’s Mission in Johannesburg.
Soektog na tiener by Melkbosstrand duur voort
“Die stad se kuslyn lok jaarliks duisende besoekers en verdrinkings kom ongelukkig steeds voor. In vergelyking met dit waaraan ons gewoond is, was die feestyd tot dusver betreklik stil.”
Britse toeriste sluip oornag uit Switserse ski-oord
Die gaste se ontbyt was onaangeraak en dit het die hoteliers ʼn aanduiding gegee dat alles nie pluis is nie.
Hof beslis skoolhoof het ongrondwetlik opgetree deur eksamen te weier
Hy het aangevoer die besluit om hom huis toe te stuur het sy reg op basiese en verdere onderrig geskend. As hy eers in Mei die eksamen kan aflê, sal hy eers later met verder studies kan begin, het hy aangevoer.
Nuwejaarsboodskap: Die lig skyn altyd waar God is
“Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee (Joh. 8:12).”
Storietyd: ‘Tarzan, heerser van die ape’
“Ek gaan hom grootmaak asof hy my seun is!” het sy vir Kerchak, die yslike leier van die trop, gesê toe hy die kleintjie uit haar arms wou pluk. Sy het gesien hoe die outjie vir haar glimlag en gefluister: “Ek gaan jou Tarzan noem.”
EU-lidlande keur Brexit-handelsooreenkoms goed
Ambassadeurs van die EU het in Brussel vergader om die laaste goedkeuring vir die ooreenkoms te gee.
6 lekker bykosse vir die feestyd
ʼn Braaibroodjie en mengselslaai is altyd ‘n wenner maar dit is ook lekker om met nuwe idees te eksperimenteer.
Moordverdagte in hegtenis ná skietery met polisie
Die man is gesoek ná die moord op vier taxipassasiers die afgelope naweek.
Luister: Verhaal van VBS se epiese bedrog van R2 miljard
Miljarde rande het saam met die droom van die bank verdwyn, wat hom bemark het as ʼn vreeslose voorstander van swart vooruitgang, en dit was meestal mense wat dit reeds nie breed gehad het nie, wat hulle laaste spaargeldjies met dié bank se ineenstorting verloor het. Dewald van Rensburg het met Maroela Media gesels oor sy boek “VBS: A Dream Defrauded” wat die bankskandaal tot op die been oopvlek.
Verkeersbeamptes vas vir beweerde omkopery
Intussen is meer as 3 000 motoriste reeds sedert die begin van die maand vir verskeie verkeersoortredings in hegtenis geneem.
Resep: Tuisgemaakte sjokoladegranola
Maak hierdie vakansie jou eie granola vir ontbyt of ʼn lekker peuselhappie.
Siya Kolisi kry Covid-19-toetsuitslag ná vrou positief toets
Kolisi se vrou, Rachel, het vroeër positief vir die virussiekte getoets.