Tanya de Vente-Bijker het met ʼn paar vroue in Suid-Afrika gesels wat besluit het basta met ouderdom, hulle verander van koers, pak nuwe avonture aan en leef nog voluit. Hier is hul stories.
Lees meerAlles vir Vrydag 1 Januarie 2021
Buurman verkrag, beroof glo bejaarde
’n 92-jarige vrou is Oujaarsaand glo deur haar buurman verkrag.
Luister: Hier is die grootste omgewingstories van 2020
Bonné de Bod, omgewingsjoernalis en die bekroonde vervaardiger en aanbieder van natuurlewe-dokumentêre, het met Maroela Media telefonies van Johannesburg af gesels oor die grootste omgewingstories van 2020.
Minister veroordeel verspreiding van ‘ou foto’
’n Foto van minister Thulas Nxesi waarin dit voorkom of hy die afsonderingsregulasies verontagsaam, het die lig gesien. Die minister hou vol die foto is reeds jare gelede geneem.
Honderde in Gauteng agter tralies ná Oujaar
Die inwoners van Hillbrow in Johannesburg het egter vir die tweede agtereenvolgende jaar met polisiebeamptes saamgewerk en daar is geen misdaadvoorvalle in dié buurt aangemeld nie.
Maroela Media se 10 gewildste sportstories vir 2020
Hierdie sportstories is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media.
Rubriek: Komaan, Suster, bly by of bly agter!
Gaan was jou masker, drink jou gesondheid-smoothie, trek jou skirt hoog op en kom help trek, Suster! Januarie 2021 is hier!
Nuwejaarsboodskap: Hoop, die kompas van 2021
“Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou” (Jesaja 41:10).
Handwerk: ’n Gehekelde droomvanger en macramé-kussing
Idees-tydskrif het patrone vir ʼn gehekelde droomvanger en macramé-kussing verskaf. Albei die handwerkprojekte is nou weer hoogmode en sal enige naaldwerkers se kriewelrige selfdoen-vingers tydens die vakansie kan besig hou.
Matriekeindeksamen: Minister kondig nuwe regulasies vir nasieners af
Sowat 45 000 nasieners begin Maandag by 181 nasiensentrums landwyd aan 1 058 699 kandidate se antwoordstelle merk.
Ervaar Heidelberg, en SA, se erfenis só
Heidelberg se leuse is Spero Meliora – om hoër te strewe. Wanneer ons weer voor die ou stasiegebou stop en ek gekarwei word na die mikrobrouery wat Heidelberg se eie boetiekbier met ʼn erfenistema brou, weet ek – Heidelberg se geskiedenis getuig daarvan dat hierdie strewe bereik is.
Tuinroete: Geen visvang sonder permit toegelaat
Dít volg nadat vakansiegangers na bewering met visstokke na die strande gestroom het onder die voorwendsel dat hulle visvang.
Wenke om jou vel teen die somerson te beskerm
Die somer is hier, die son skyn en almal bring meer tyd buite deur.
Byna 500 oor Oujaar in Limpopo vas
Sommiges is in hegtenis geneem nadat hulle nie gesigmaskers in die openbaar gedra het nie, terwyl ander nie die aandklokreël gehoorsaam het nie.
‘Om stadig te lewe’
“In ons era gaan dinge vinnig. Terwyl jy werk toe ry, eet jy gou jou energiestafie en piesang. Jy vleg deur die verkeer met een hand op die stuurwiel. Met die ander hand stuur jy behendig ’n SMS aan jou kinders wat nog lê en slaap.”
8 sterf in botsing kort ná middernag
Die botsing het kort ná middernag op die N1 plaasgevind.
Vrou (53) in Vrystaat vermis
Rita Hawkins van die Wes-Kaap het by familie in Parys gekuier voordat sy Woensdag as vermis aangemeld is.
Maroela Media se 10 gewildste resepte vir 2020
Hierdie resepte is in 2020 die meeste gelees op Maroela Media.
Nuwejaarsdag: Geen traumagevalle by Chris Hani vir eerste keer ooit
Die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het vir die eerste keer in dié hospitaal se geskiedenis op Nuwejaarsdag tot dusver nog nie ’n enkele pasiënt by sy trauma-eenheid behandel nie.
Brexit: Big Ben kondig geskiedkundige oomblik aan
Brittanje het amptelik die Europese Unie se gemeenskaplike mark verlaat.