“Vir hom was dit ʼn voorreg om sy gemeenskap te dien.”
Alles vir Donderdag 5 Mei 2022
Nog ʼn veiligheidswag in KZN vermoor
Dit is die derde veiligheidswag wat die afgelope paar dae in die gebied vermoor word, terwyl ʼn polisiebeampte Woensdag in Umbilo doodgeskiet is.
‘Top Gun’ vlieg weer hoog ná 36 jaar
Tom Cruise het per helikopter by die wêreldpremière van dié lankverwagte opvolgfliek aangekom.
Ma wat teregstaan vir moord pleit dalk skuldig
Daar was vanoggend geen familielede in die hof toe ʼn 45-jarige vrou van Ballito in die beskuldigdebank verskyn het nie. Sy het verwese voorgekom.
Wes-Kaap kry dalk minder onnies, dokters oor sensus
Met net nege dae totdat die sensusopname in die Wes-Kaap tot ʼn einde kom, het net 60% van dié provinsie se inwoners hulle al laat tel.
Video: Vervolgverhaal oor kernwapens beloof om te boei
“Ewe skielik gons Gansvlei van agente, kernbomgeheime en uraanverrykte leë emmers wat iewers begrawe is, en almal wil weet wat die konnotasie met die werklikheid is.”
Taalgebruik: albei, beide, sowel as
Taaltoffie ondersoek die verskil in gebruik tussen “albei”, “beide” en “sowel as”.
Leon van Nierop se fliekresensie: Memory
Soos vla oor poeding, kleur die aksie en gevegstonele die dramatiese gebeure, en wat vir die derde ster verantwoordelik is, is omdat jy nooit regtig weet wat om volgende te verwag nie.
Zontes-buksie nou selfs beter
Voor jy die fiets veroordeel oor sy herkoms, gaan vat hom ten minste vir ’n toetsrit.
Boek: ‘Mara’ – Marida Fitzpatrick
“Wat is gevaarliker as jou eie bloed?” Dit is die vraag wat Marida Fitzpatrick in haar jongste sielkundige riller vra.
Bewaarder in Krugerwildtuin doodgeskiet
Die wildbewaarder was tydens die voorval aan diens.
Rohan kan vir Sharks selfs meer byt gee
Die oudleerling van Hoërskool Waterkloof is ’n doring op die aanval en hy het 23 drieë in sy 73 wedstryde vir Sale gedruk.
Leon se fliekresensie: Downton Abbey: A New Era
Die fliek is snaaks, luuks op die oog, hartseer en selfs boeiend.
Grootse regstryd oor Covid-19-regulasies begin
“Die kern van die probleem is nie bloot die dra van maskers of getalle by byeenkomste nie, maar die magte van die regering.”
Waarskuwing vir brande in dié Kaapse provinsies
Volgens die weerdiens is die brandgevaarindeks in dié gebiede meer as 75, wat beteken dat daar ʼn beduidende risiko is vir ernstige en verwoestende veldbrande.
Laerskoolleerder buite skool vermoor
Die beweerde moordenaar is al vroeër dieselfde dag aangesê om huis toe te gaan nadat daar ʼn onderonsie tussen die twee gr. 6-leerders was.
Luister: Wiele2Wiele vat die langpad met Opel-bussie
Wiele2Wiele vat hierdie week die langpad met Opel se Zafira Life bussie en ry ook met Audi se elektriese e-tron S Sportback.
Engelsman verbeter Brevis se sesslaanrekord
’n Opgewonde Graeme Smith het vanuit die kommentatorshokkie gesê dat dit een van die beste houe is wat hy al gesien het.
Enkele tjippie vir R1 300 te koop
Die verkoper meen die tjippie is enig in sy soort.
Resep: Blomkool-en-kaasskottel
Hierdie blomkool-en-kaas-gereg sal daardie heerlike bord kookkos se laaste kersie op die koek wees.