Pieter Myburg het destyds bedrieglike kwotasies ingedien wat die organisasie eindelik meer as R400 000 gekos het.
Alles vir Woensdag 15 Junie 2022
Jongboere moenie op ʼn eiland boer nie
“Ons is hier om hande te vat, betrokke te raak en hierdie been sterker te maak.”
Christia Visser spog met haar pienkvoet
“Dis onwerklik. Ek dink nie mens is ooit 100% gereed vir die groot verantwoordelikheid van ma-wees nie, maar wat ’n voorreg.”
Serena (40) terug op Wimbledon
Serena Williams se laaste professionele wedstryd was in Junie 2021 toe sy die baan, nogal op die einste Wimbledon, in trane verlaat het.
Cradock se skrywersfees verryk lewens
Wat gebeur as mens ʼn kreatiewe klippie in die middel van die Suid-Afrikaanse dam gooi? Dit veroorsaak rimpelings wat baie meer mense as net kunstenaars bevoordeel. Sarie Marais-Nell bekyk die Cradockse skrywersfees wat sedert 2010 baie lewens laat groei en blom.
Seuntjie steeds vermis ná hy in mangat val
Nooddienswerkers het die sesjarige kind se gesin reeds op die ergste voorberei.
Amasone-soektog: Twee in hegtenis
Bloed wat op een van die verdagtes se boot gevind is, is vir forensiese toetse gestuur om te bepaal of dit moontlik dié van die Britse joernalis, Dom Phillips, en spesialis, Bruno Pereira, is.
Vra vir Ed: Sal my lewenspolis my huisverband aflos?
Is jy onseker of jou lewenspolis jou huisverband ná jou afsterwe sal aflos en wat die oordragkoste sal wees om die eiendom op jou gade se naam te laat oordra? Ed het kundige advies.
Kaartjies vir epiese eindstryd feitlik uitverkoop
Slegs 27 500 kaartjies is weens Covid-19-regulasies vir dié epiese wedstryd beskikbaar gestel. Die provinsiale regering vra nou dat dié beleid dringend hersien word.
Video: Geheime gelowige dien land wat haar verstoot het
Sy moes talle ontberings deurmaak weens haar geloof in Jesus, maar vandag reik sy met God se liefde uit na dié wat haar verwerp en in die tronk gegooi het.
Bavuma: ‘Dit was nie ons beste poging’
Die Proteas het gister ’n gulde geleentheid om die T20-reeks teen Indië te beklink deur hul vingers laat glip toe hulle met 48 lopies in Visakhapatnam vasgeval het.
Plaasvoorman grusaam vermoor
Wessel Kriek moes verslae toekyk hoe die rower sy voorman wreed vermoor.
‘Beduidende vordering’ met spoornetwerk ná oorstromings
Sommige spoorlyne kon reeds oopgestel word en jaarlikse instandhoudingswerk is vervroeg om die spoorvragnetwerk weer behoorlik op dreef te kry.
Woede oor tugstappe teen Curro-onnies wat nie inent
Sommige beskuldig die privaatskolegroep van boeliery weens sy voortgesette beleid van verpligte inenting teen Covid-19.
Boek: ‘Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika’
Die boek vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang.
SA jeug skroom nie om beenmurgskenkers te word
Sedert Oktober 2020 het beenmurgskenkers met 65% onder jong Suid-Afrikaners gestyg.
Resep: ‘Tiaan Proe’ se gevulde quesadillas
Tiaan Proe se sakpas-quesadillas sal vir ʼn smaaklike kosblik-ete sorg.
Gedig: Winternag
“O koud is die windjie
en skraal.” Lees hier Eugène N Marais se alombekende gedig, “Winternag”.
Malema het geen berou oor ‘Kill the Boer’ – AfriForum
AfriForum se regsverteenwoordiger het aangevoer Malema se getuienis in Februarie vanjaar tydens die saak wys dat hy ten gunste van geweld is en wit mense haat.
Vier vas oor R3,5 miljoen se vetplante
Kuruman se veediefstaleenheid het omstreeks 04:30 Dinsdag op die verdagtes toegeslaan nadat ʼn wenk ontvang is.