ʼn Tekort aan opwekkingskapasiteit kan die kragvoorsiener noop om op kort kennisgewing weer beurtkrag in te stel.
Alles vir Woensdag 10 Augustus 2022
Foto’s: ‘BSV’ se rooikop-teeboer haak af
“Daar is niks meer spesiaal as om trou te beloof aan mekaar voor die huis waar ons saam begin bou aan ʼn toekoms nie.”
OG wil saak oor munisipale bestuursverslae teenstaan
Die betrokke bestuursverslae kan ʼn nuwe tydvak vir aanspreeklikheid van staatsamptenare, rekenskap van belastinggeld en munisipale litigasie inlui, sou dit openbaar gemaak word.
Jeugboekskrywer Christien Neser help Bethlehem-kinders hul skryfpotlode skerpmaak
Tydens die kursus word die kinders gestimuleer om kreatief te dink oor daaglikse, doodgewone onderwerpe in hul eie leefwêreld wat inspirasie vir ʼn storie kan wees, waarna hulle toegerus word met ʼn verskeidenheid skryftegnieke en -geheime om dié stories die lig te laat sien.
Witdolfyn vrek kort ná reddingsoperasie
Veeartse het eindelik besluit om ʼn einde aan die soogdier se lyding te maak.
‘Rus in vrede, oom Rudi’
Van Jacques Kallis tot Adam Gilchrist het hulde aan die Suid-Afrikaanse skeidsregter Rudi Koertzen gebring wat Dinsdag in ’n motorongeluk gesterf het.
Nagmerrie! Spinnekoppe droom glo ook
Nuwe navorsing wys dat spinnekoppe waarskynlik ook droom.
Pta-dieretuin word dalk navorsingsentrum
“Regoor die wêreld beweeg mense weg van die [tradisionele] konsep van ’n dieretuin. Mense wil nie meer diere in gevangenskap sien nie en sal eerder nasionale parke besoek.”
‘Gruwelike’ klagtes oor staatshospitale stroom in
“Ons hoor van dokters en verpleegsters wat nie salarisse ontvang het nie, pasiënte wat nie kos kry nie of op die vloere moet slaap en wat sleg behandel word. Dit is verskriklike goed wat inkom.”
Vrou van Namibiese speaker sterf ná oorsese besoek
Jane Katjavivi was ʼn bekende skrywer wat ʼn aandeel gehad het om Namibiese literatuur op te bou en te bewaar.
Boewe beroof snoepwinkel met speelgoedgeweer
Die winkeleienaar het die rowers agternagesit en hy en lede van die gemeenskap het die wegkommotor met klippe bestook.
Suid-Afrika se ‘deurmekaar’ buitelandse beleid
Die pas afgelope samesprekings tussen die Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake, Naledi Pandor, en haar Amerikaanse eweknie, Anthony Blinken, vestig weer die aandag op die vraag waar die swaartepunt van Suid-Afrika se buitelandse beleid behoort te wees.
Professionele vervaardigers van reservoirs, watertenkstaanders, wagtorings
Staalboer vervaardig al sedert 2003 staalpaneeldamme, tenkstaanders en wagtorings.
Geen SA vleis na Namibië
Namibië het ook ʼn veterinêre isolasiekordon wat ongeveer die boonste kwart van die land teen die suidelike deel beskerm en die vleisbedryf pas daar die rooi lyn soos ʼn kleinood op.
Stamp teen knie hou Bongi uit
Bongi Mbonambi sal toetse ondergaan om die erns van die besering te bepaal, maar die Springbokke wil nie enige onnodige kanse waag nie.
Dís wat jy moet weet van WhatsApp se nuwe funksies
WhatsApp, die gewilde kletsapp, het splinternuwe privaatheidfunksies om sy gebruikers nóg meer gerus te stel.
Parlement moet ‘loslippige’ Cele oor verkrag-opmerking ondersoek
Die DA sê Bheki Cele se opmerking is net nog ʼn bewys dat hy nie geskik is vir sy amp nie en die trekpas moet kry.
Groot pret, baie te leer dié week by Sakeliga KragDag
As dit lyk asof alles om ons in duie stort, is die beste reaksie om jou moue op te rol, en te bou aan ʼn beter toekoms vir jou en jou kinders. Verandering begin egter by jouself, en om verantwoordelikheid vir jou omstandighede te neem.
DBV-inspekteur in Lenasia gekaap
“Ons het ons voertuie broodnodig vir ons werk, aangesien die NDBV regoor Suid-Afrika reis om diere in nood te help.”
Foto’s: Witdolfyn in Seine gered
Talle duikers en reddingswerkers het byna ses uur lank gespook om die 800 kilogram soogdier met ʼn net en ʼn hyskraan uit die rivier te lig.