Stoelgangmonsters is van sommige pasiënte versamel en laboratoriumuitslae oor die oorsprong van die uitbreking sal na verwagting deur die loop van die naweek beskikbaar wees.
Alles vir Sondag 21 Mei 2023
Man vas wat ‘tik’ glo in Postnet-pakkie wil stuur
Die man wou die dwelms van sowat R4 000 glo met die koerierdiens na Frankryk laat versend.
Rus staan breed in Rune se pad
Holger Rune en Daniil Medvedev kruis vandag rakette in die eindstryd van die Italiaanse Ope in Rome.
Platsak, maar reg vir beurtkrag
Hoewel beurtkrag in die meeste gevalle nie heeltemal omseil kan word nie, is daar wel ʼn paar items wat Suid-Afrikaners kan aanskaf om die beurtkragpenarie so effe draagliker te maak.
Ministers se huise: R1,4 miljoen vir nuwe kombuis, kragopwekkers kos nóg miljoene
Die opknapping van ʼn kombuis teen ʼn allemintige R1,4 miljoen, beroking teen R240 000 om van kokkerotte ontslae te raak en R54 000 om ʼn gordynreling te vervang.
Forum soek meer seggenskap oor polisie in Wes-Kaap
Die organisasie Kaapse Forum sê hy is oortuig dat sukses met sy aansoek in die Konstitusionele Hof die weg sal baan vir Wes-Kapenaars en inwoners van ander provinsies om grondwetlik bemagtig te word met seggenskap oor hoe hulle regeer word.
Tshwane-varsproduktemark: Vordering gemaak, maar steeds nie genoeg
Met ʼn omset van ongeveer R4 miljard per jaar – waarvan die Tshwane-metro 5% of ongeveer R20 miljoen per maand vir die bedryf van die mark invorder – is daar talle vrae oor waarom behoorlike instandhouding nie by die fasiliteit gedoen word nie.
Raskwotas: ‘Hoe lank voor ons weer potloodtoets sien?’ – DA
“Kinders wat tans studeer om opgeleide beroepslui te word, sal tot werkloosheid gedoem wees omdat hulle die ‘verkeerde’ velkleur het. Selfs meer van ons kinders sal emigreer en vaardighede sal landuit vlug,” waarsku John Steenhuisen, leier van die DA.
Hofsaak oor River Club se skade groter as net dié ontwikkeling
Die stad gaan ook nie ʼn kostebevel teen die Observatory Civic Organisation laat vaar nie en sal probeer om die geld wat Kaapstad aan regskoste hieraan moes bestee, te herwin.
Nadine ‘blom’ as omroeper, motiveringspreker
Nadine Blom het met Maroela Media oor haar werk as radio-omroeper, uitdagings rondom aanlynveiligheid vir kinders en nuwe musiek gesels.
Musiekspel bring genesing vir dié ‘Die Kaplyn’-akteur
Abel Knobel gesels oor ‘Die Kaplyn’ en hoe dié musiekspel hom en sy pa nader aan mekaar gebring het.
La Rochelle is Europese rugbymeesters
Bekendes soos Dillyn Leyds en Raymond Rhule het saam met La Rochelle feesgevier toe die Fransmanne ʼn merkwaardige terugvegpoging in die Kampioenebeker-eindstryd teen Leinster van stapel gestuur het.
Bestendige Koepka voor in PGA-toernooi
Koepka is op die eerste putjie uitgejou weens sy betrokkenheid by die LIV-gholfreeks, maar het met puik spel gou die sentiment omgekeer en is later op elke putjie toegejuig.
Nog streepsuiker vir Blitsbokke
Die Blitsbokke se teleurstellende vertonings in dié seisoen se sewesreeks duur voort.
Raskwotas: 2 uit 3 wittes gaan moet waai
Twee uit drie wit werknemers in die boonste vier posvlakke gaan hul poste binne die volgende vyf jaar moet ontruim om die regering se sektorale rasteikens te haal, dui ‘n voorlopige verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) aan.
Gedagte vir die dag: Die goedheid van die Vader
Mefiboset, wie se voete gebreklik was, het in Jerusalem gebly, want hy het van toe af by die koning aan huis geëet. (2 Samuel 9:13)