“Sy was ʼn kind wie se geboorte nie gevier is nie, haar dood is nie betreur nie, maar deur te skryf oor die geregtigheid wat sy sal kry, gaan haar vir ewig laat voortleef.”
Alles vir Vrydag 26 April 2024
‘Blatante leuens’ gaan nie gesondheidsorg regruk nie
Die DA sê dit is hoogs onverantwoordelik van Panyaza Lesufi om die verwagting te skep dat gesondheidsorg in die nabye toekoms drasties gaan verbeter.
Nog twee Uniq-klerewinkels open in Gauteng
Die Shoprite-groep se Uniq-winkels het boonop ʼn selfbedien-betaaltoonbank wat beteken klante hanteer self die betalings deur ʼn skandeerder en rekenaar te gebruik.
Vier beseer toe Pta-tronk brand
Die vermoede is dat die brand in een van die eenhede uitgebreek en toe vinnig na ander eenhede versprei het weens die afwesigheid van brandmure tussen die eenhede.
(M)ooi so, (B)okkaptein (A)driaan
Oud-Springbokkaptein Adriaan Strauss het Donderdag sy meestersgraad in besigheidsadministrasie (MBA) met onderskeiding aan die Noordwes-Universiteit ontvang.
100 myl, 27 uur: Diabeet wil Drakensberg kafdraf
Jono le Roux se storie gaan nie net oor persoonlike triomf nie, maar is ook ʼn bewys van die vooruitgang in diabetessorg en -tegnologie.
Verslag: Talle SA’ners oorleef op skuld
Die uitwerking van die voortdurende stygende koste van elektrisiteit beteken ook dat 41% van landsburgers daarsonder klaarkom. Verbruikers sal vanjaar selfs meer noustrop trek nadat Eskom-tariewe onlangs met 12,74% gestyg het.
Anglo verwerp BHP-aanbod van $38,8 miljard
Die BHP-aanbod is opportunisties en versuim om Anglo American se vooruitsigte na waarde te skat, sê Anglo American se voorsitter.
Zuma perdfris en gesond – MKP
“Die valshede oor president Zuma se gesondheid is desperate pogings om ons vordering te ontwrig en ons vasberadenheid te verswak,” sê die MK-party.
Resep-video: Melktertskywe in die lugbraaier
Hierdie soetbederf sal binnekort een van jou gunstelingresepte wees!
Tronkstraf dekade ná man huishulp verkrag
Petrus Daniel Swart is ná ’n “marathon van ʼn verhoor” skuldig bevind aan verkragting.
‘Realistiese’ Rafa wen in Madrid
Rafael Nadal sal in die volgende ronde van die Madrid-ope teen Alex de Minaur te staan kom – ʼn speler wat sy terugkeer in Barcelona kortgeknip het.
Kia Seltos se suksesverhaal verder verbeter
Met die Kia Seltos se etos van “Own your journey” was Kia Suid-Afrika slim en in die kol om hierdie opgeknapte klein sportnuts in die skilderagtige dorpie Greyton in die Wes-Kaap bekend te stel.
Enyobeni-tragedie kon verhoed word – MRK
Met die ondersoek het dit duidelik geword die tragedie wat by die taverne afgespeel het, kan nie in afsondering gesien word nie en daar moet na die breër konteks gekyk word oor hoe alkohol in Suid-Afrika gebruik word.
Zuma lok juigende skare
“Wanneer hierdie verkiesing verby is, gaan ons wonderwerke verrig. Diegene wat nog net van ons gehoor het, gaan sien waartoe ons in staat is,” het die oudpresident vandeesweek by ʼn saamtrek in Nkandla gesê.
Lesotho-pa gevonnis oor verkragting van seun
Die seun het die voorval by sy stiefma aangemeld en die polisie op Ladybrand se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het dit ondersoek.
Lesufi se ‘leuens’ oor NGV gevaarlik
In die video beloof Lesufi onder meer dat enigiemand wat vir die ANC stem, ná stemdag by enige openbare of private gesondheidsorgfasiliteit sal kan instap om mediese hulp te ontvang – en die regering sal die rekening betaal.
Nestlé ontken produkte in arm lande is soeter
“Daar is geen dubbele standaard nie,” lui ʼn verklaring van die maatskappy. “Ons handhaaf oral dieselfde voeding-, gesondheid- en welstandbeginsels.”
ʼn Werkliheidsvreemde orde?
In plaas daarvan dat die heersende orde betekenisvolle magte (en nie net seremoniële magte nie) aan die veelheid van kultuurgemeenskappe en gebiede toeken, word ʼn kunsmatige eenheid deur nuwe elites van onbekwames van bo-af op die werklikheid afgedwing.
Hoe erger misdaad word…
Die paradoks is dat aangesien die Suid-Afrikaanse regering nie daarin slaag om die geweldsmisdaad-epidemie te hanteer nie, dit terselfdertyd die omvang van wat “misdaad” beteken, uitbrei.