Is boere aangewese op hulself om misdaad op plase te bekamp omdat hulle telkens deur die polisie in die steek gelaat word? En indien boere wel noodgedwonge self moet ingryp, waarom word hulle nie deur die staat beskerm nie? Kenners verduidelik.
Soekresultate vir: pampoenkraal
Pampoenkraal: ‘Prys die Here’ sê sewe ná ontslag
“Dit was ʼn lang en emosionele saak, en dit was nie ʼn maklike besluit vir my nie. Ek het my besluit gegrond op die wet en die feite wat in die hof aangebied is,” het regter Bruce Langa Dinsdag tydens sy uitspraak gesê.
Pampoenkraal: Verligting ná drie vrygespreek word
“Ons is verlig dat die waarheid geseëvier het en dat ons gebede verhoor is.”
Pampoenkraal-boere doen aansoek om ontslag
Die verdediging sê die staat het ʼn swak saak en nie kon bewys dat die beskuldigdes wel die misdrywe waarvoor hulle aangekla word, gepleeg het nie.
Pampoenkraal-getuie se verklaring ‘verdwyn’
Adv. Jaap Cilliers het aangevoer dat Eric Hlatswayo se getuienis verskil van sy verklaring aan die polisie.
Getuie sê hy wou oom op Pampoenkraal-plaas red
Die verdediging se weergawe van die gebeure op die Pampoenkraal-plaas verskil egter drasties van dié van die sleutelgetuie.
Pampoenkraal: Getuienis oor aanranding in twyfel getrek
Volgens adv. Jaap Cilliers is Hlatshwayo nie eerlik met die hof nie en het hy en die res van die groep die dag op die plaas opgedaag om “doelbewus te probeer om ʼn situasie (moontlik polities gedrewe) te skep, wat tot die tragiese skietdood van Mgcini en Zenzele Coka” gelei het.
‘Ons het vrede,’ sê boervrou oor Pampoenkraal-saak
“Ons het vrede in ons harte dat die volle waarheid ontbloot sal word. Ons staan vir die waarheid en geregtigheid.”
Pampoenkraal: Polisie menigmale geskakel
Die verdediging het Vrydag ook die staatsgetuie Siyabonga Hlatshwayo, se getuienis in twyfel getrek oor of die groep mans werklik op die plaas was om oor “werk te onderhandel”.
Beurtkrag beduiwel Pampoenkraal-saak
Die saak is oorgeplaas na die landdroshof in Evander, Mpumalanga, weens voortdurende kragonderbrekings.
Pampoenkraal-video wys boere was nie aggressief
Daar het Woensdagmiddag ʼn groep betogers buite die hof byeengekom wat gesing en plakkate met woorde op soos “Black Lives Matter” in die lug geswaai het.
Boer maand vóór Pampoenkraal-voorval gewaarsku
Adv. Jaap Cilliers van die verdediging het tydens kruisondervraging geargumenteer dat die groep voormalige plaaswerkers Vrydag na Pampoenkraal is met die doel “om die reg in eie hande te neem”.
Pampoenkraal: Staat sê beskuldigdes had ‘gemeenskaplike doel’
’n Groep familielede en vriende van die Coka-broers het Dinsdag die hofsaak bygewoon en het T-hemde aangehad waarop die broers se name en foto’s van hul gesigte gedruk is.
Pampoenkraal-beskuldigdes pleit onskuldig
Die verhoor het Maandag begin.
Kyk uit vir dié nuusstories in 2023
Daar was geen tekort aan nuusgebeure in 2022 nie – van die president se versteekte miljoene in sy rusbank tot die baas van Eskom se onlangse bedanking. Dié stories sal na verwagting die hoofopskrifte in 2023 haal.
Van Pofadder tot Pampoenkraal
Daar was vanjaar weer talle opspraakwekkende hofsake wat die media se aandag getrek het. Hier is enkele hoogtepunte.
Pampoenkraal-8: Hooggeregshof staan borgtog toe
Die agt mans is borgtog toegestaan nadat hulle hul tot die hooggeregshof gewend het.
Pampoenkraal: Mans weer in hof
Piet Retief was dié keer doodstil met geen betoger in sig nie.
7 vas vir nóg 2 moorde op Pampoenkraal
Drie van dié verdagtes staan ook tereg op die Coka-broers se moorde in April vanjaar.
Nuuskommentaar: Die EFF, ANC en die soeke na rassegeregtigheid
Die EFF het al die kuns vervolmaak om alle situasies waarin swart en wit mense in wisselwerking tree en die swart persoon volgens die party benadeel word, in ʼn rassepolarisering te verander.