Die besending horings is as “rekenaarafval” gemerk en was op pad na Maleisië.
Alles deur die skrywer Christel Cornelissen
Pa verloor moedige stryd ná rowerskote
“Sy het vir my gesê volgens die dokters was daar ʼn 99%-kans dat hy nie gaan oorleef nie, maar sy het tog vasgehou aan die 1%.”
Een sterf, talle beseer in Centurion-botsing
In ʼn afsonderlike voorval is drie mense dood toe hul motor ʼn boom in Bloemfontein getref het.
Viëtnamees vas wat glo onwettig in wild handel dryf
Soek-en-beslagleggingslasbriewe is tegelykertyd op ʼn plaas naby Bela-Bela in Limpopo – wat deur ʼn Viëtnamees besit word – en twee stooreenhede in Pretoria uitgevoer.
Situasie by hawens verbeter ná chaos
“ʼn Mens skakel nie net die worsmasjien af nie.”
Munisipale amptenaar, twee ander vas wat glo HOP-huise verkoop
Die niksvermoedende slagoffers sou reageer op advertensies op sosialemediaplatforms, waarna die sindikaat hulle glo na die munisipale kantoor sou stuur om die koopooreenkomste te gaan onderteken.
Claus Schroeder-moord: Duitsers eindelik gevonnis
Die hof het die staatsaanklaer en die ondersoekbeampte van die Valke geloof vir die “buitengewone poging” om die saak te ondersoek en met vervolging voort te gaan. Schroeder se liggaam is nooit gevind nie.
Covid trek Steve Hofmeyr ook plat
“Dis die gebede wat ek aanvoel, want daar is engele om ons,” skryf die geliefde sanger oor sy positiewe toets.
Covid-19-statistieke: Positiwiteitskoers styg weer
Nuwe gevalle is laer as ʼn dag tevore, maar steeds hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae.
Meer as 100 000 in Gauteng doen aansoek vir gr .8-plasing
Aanlyn aansoeke vir volgende jaar vind vanjaar in twee fases plaas.
NSFAS-studente by Fort Hare glo dakloos oor wanbetaling
Nzimande het sy kommer te kenne gegee oor ʼn brief wat op sosialemediaplatforms die ronde doen – glo uitgestuur deur die universiteit – wat handel oor ʼn versoek vir die betaling van private akkommodasie vir studente.
Lewenslank vir rower wat moor
Marasha en sy makkers het op 1 Mei 2017, gewapen met vuurwapens, wagte en werkers by die Shoprite-winkel gyselaar gehou en beroof.
Gevangene in hegtenis vir moord op Leeuwkop-beampte
Die ervare beampte is vermoedelik verkrag en verwurg.
Netcare vies oor bekende hartchirurg se ‘teen-inentingsmening’
Vosloo sê onder meer in die video dat die samestelling van die entstof grootliks vertroulik is, soos “die speserymengsel vir Kentucky Fried Chicken”.
Steeds geen huurkontrakte vir boere
Die minister van landbou het drie maande gelede reeds met die geraakte boere vergader, maar weinig vordering is glo sedertdien gemaak.
Gesin wag vir ‘volgende klop aan deur’
Jayden is ʼn outismelyer wat oral deur sy geliefde hond, Pepper, vergesel word. Die gesin sukkel nog om ʼn bekostigbare nuwe blyplek in Kimberley te kry.
Polisie maak glo gereed vir verdere onluste
Die egtheid van ʼn boodskap wat waarsku oor hernieude onluste in Augustus word egter bevraagteken.
Wolk oor kop van RGB-president óók
Bewerings teen Nemutandani sluit in dat hy eise ingedien het vir verskillende uitgawes ten spyte van duidelike direktiewe van die minister van gesondheid wat sulke eise verbied.
Werkers kan dalk deel van pensioen in 2022 bekom
Huidige wetgewing verbied enige toegang tot aftreegeld tensy ʼn werker bedank of afgelê word.
Vakbonde gaan appelleer oor Mango-besluit
Vakbonde is veral bekommerd daaroor dat maatskappye ʼn resolusie oor sakeredding in teorie kan deurvoer, maar dit in werklikheid nooit indien nie.