Busse vanaf Pietermaritzburg sou vanoggend omstreeks 08:00 passassiers na hul onderskeie bestemmings vervoer.
Alles deur die skrywer Maroela-redaksie
N2 by Plett weer oopgestel
“Dié pad was die afgelope week weens gewelddadige betogings gesluit.”
Grootste aardbewing in dekades tref Kalifornië
Die aardbewing volg kort op die hakke van nog ʼn aardbewing van 6,4 wat dieselfde gebied Donderdag getref het.
Rooimiere kry toestemming om werk voorlopig voort te sit
Die opskorting het teenkanting uit verskeie oorde, onder meer van die VF Plus, ontvang.
Vakbond sê droom oor gesondheidsversekering gaan ‘ramp’ wees
“In plaas daarvan om die uitnemende private sektor te straf deur die de facto-nasionalisering van gesondheidsorg, behoort hierdie vaardighede en stelsels waaroor die private sektor beskik, aangewend te word om die stelsel te verbeter sodat almal dit kan benut.”
AfriForum verwelkom buitelandse teenstand teen voorgenome grondonteiening
ʼn Meerderheid van die lede van die Tweede Kamer in die Nederlandse parlement het ten gunste van die mosie gestem en daardeur opdrag aan die Nederlandse regering gegee om deur bilaterale en ander internasionale prosesse duidelik standpunt daaroor in te neem.
Man gevonnis ná hy vrou 20 keer steek
“Die baba, wat deur die beskuldigde beseer is, het twee wonde opgedoen. Die kind het nou pyn wanneer sy opgetel word en sal sê, ‘My oupa het my seergemaak’.”
Hidrobreking in die Karoo met hofsaak gekeer
“Hierdie is ‘n groot oorwinning om te verseker dat ons omgewing bewaar word.”
Man in hof ná poging tot moord op polisiebeampte
Dumisani Nene (37), wat tereg staan op aanklag van poging tot moord op ʼn polisiebeampte, het Donderdag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn.
Nederland aanvaar mosie oor grondonteiening in SA
Die Nederlandse parlement het ʼn mosie aanvaar wat klem lê op die feit dat die Internasionale Deklarasie van Menseregte en die Afrika-Handves oor Mense- en Volkereregte die onteiening van eiendom op grond van velkleur verbied.
Babapoppe vir Alzheimer-pasiënte is ʼn groot sukses
“Dis ʼn eenvoudige idee, maar dit werk! Al weet ons nie presies wat hulle dink nie, kan mens sien die pop het beslis gehelp om ʼn goeie herinnering te herroep.”
Taalgebruik: waardeer, waardeur
Moenie dié twee woorde met mekaar verwar nie.
Verkeerspolisie waarsku teen N2 naby Plett, Knysna; pad steeds gesluit
“Die situasie is plofbaar,” het Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeerspolisiehoof, gewaarsku.
Maimane sê Ramaphosa moet ‘self opdok’ vir regskoste in Bosasa-saak
“Geen burger is verhewe bo die reg nie, ook nie die president nie. Die DA gaan nie toekyk hoe politici staatsmag misbruik nie en sal verseker dat verkose verteenwoordigers aanspreeklik gehou word.”
Inkomstediens bewus van probleem met eFiling-stelsel
Die SAID het kliënte bedank wat die probleem onder sy aandag gebring het en het verskoning gevra vir die frustrasie wat dit veroorsaak het.
Bekende Namib-olifant doodgeskiet
“Dit was beter vir ons om dit só te doen.”
Bekendes deel video’s van ‘proppie’-uitdaging
Daar was al verskeie uitdagings op sosiale media waaraan an bekendes tot Jan Alleman deelgeneem het. Met die jongste uitdaging moet jy ‘n proppie van ‘n bottel afskop sonder dat die bottel omval.
Gedig: geel walvis
“My pa het net eendag beslyt ôs moet begin goed doen asse family…” Nathan Trantraal se “geel walvis” – in Kaaps.
Vrou sterf toe seiljag in storm beland
Twee mans en hul hond, van Oos-Londen, het oorleef, maar ʼn vrou is dood, toe hul seiljag in ʼn storm beland het.
Gebou ontruim ná brand by Addington-hospitaal
Die hospitaalbestuur het beveel dat die gebou ontruim word en talle pasiënte, ook kinders en pasgebore babas en hulle ma’s, die gebou moes verlaat.