“Ons bevraagteken of ʼn land wat gevaar loop om Agoa-voordele te verloor die voorreg moet hê om die 2023 Agoa-forum aan te bied,” lui die kommerwekkende brief aan pres. Joe Biden se administrasie.
Alles deur die skrywer Tania Heyns
Vrystaatse burgemeester in beskuldigdebank
Die waarnemende burgemeester van die Dihlabeng- plaaslike munisipaliteit (Bethlehem) het Maandag saam met die voormalige munisipale bestuurder in die beskuldigdebank van die landdroshof op die Vrystaatse dorp ingeskuif.
‘Sleutelverdagte’ in Cradock-4-moorde sterf
Hermanus Barend du Plessis, een van die laaste oorlewende oudpolisiebeamptes wat moontlik ʼn aandeel aan die destydse moord op die sogenaamde Cradock-4 gehad het, is onlangs dood.
Ses skotvry byna jaar ná skietery by taverne
Minstens 16 mense het in Julie verlede jaar by die Mdlalose-taverne in Nomzamo in Soweto omgekom toe onbekende mans in die vroeë oggendure op klante in die taverne losgebrand het.
‘Wees geduldig, hervorming kom,’ pleit Ramaphosa
Pres. Cyril Ramaphosa sê dit lyk dalk nie tans so nie, maar die Suid-Afrikaanse ekonomie ondergaan wel stelselmatig ʼn fundamentele transformasie.
Bruin landbouwerkers moet waai om rasteikens te haal
“Die boodskap wat die ANC met dié teikens aan die bruin gemeenskap stuur, is duidelik: Julle sal in die Wes-Kaap verdra word, mits julle in die regte bedrywe werk. In die res van die land en die ekonomie is julle nie welkom nie.”
Polisie hou motoris ure lank in Centurion aan; eis glo duisende
“Ek het aanvanklik geweier om my banklimiet te verander. Toe druk die een polisiebeampte langs my sy pistool teen my kop. Hy sê toe vir my hy dink dit sal die beste wees as ek na die sersant luister.”
Beurtkrag draai dié naweek by fase 1
Soos sake nou staan, sal fase 1 Saterdag vanaf 05:00 tot 16:00 ingestel word, gevolg deur fase 4 tot Saterdag middernag.
Arbeidshof kasty prokureurs wat ‘hopelose’ sake bring
Die regspanne is selfs verbied om enige gelde van hul kliënte te verhaal “om die eenvoudige rede dat albei sake hopeloos in wet en feite was”.
‘Polisie nalatig’ tydens Umbhaba-staking, bevind appèlhof
Die staking is destyds gekenmerk deur voorvalle van intimidasie, aanranding, opsetlike saakbeskadiging, vandalisme, diefstal en plundering terwyl polisiebeamptes toegekyk het hoe piesangboorde aan die brand gesteek en vars produkte weggedra word.
Ontvoerde baba 24 uur later weer tuis
Die vier maande oue babaseuntjie is Dinsdagmiddag buite sy ouerhuis in Dobsonville ontvoer.
Rahima Moosa-hospitaal op herstelpad
Die aanbevelings van die gesondheidsombudsman in ʼn poging om die beroerde situasie by die Rahima Moosa-moeder-en-kind-hospitaal (RMMCH) in Johannesburg te beredder, word nou glo ingestel.
Johannesburgse debat uitgestel ná burgemeester siek word
Burgemeester Kabelo Gwamanda voel sedert Dinsdagoggend al olik.
IMF aan SA: ‘Hervorm nou óf …’
Die Internasionale Monetêre Fonds se uitvoerende raad het darem nie net negatiewe nie, maar ook goeie terugvoer gehad tydens verlede maand se Artikel IV-konsultasie met Suid-Afrika. Dís wat hulle oor Suid-Afrika se ekonomie te sê gehad het:
Nagklubmoord: Fourie mag appelleer; bly agter tralies
“Geld kan nie geregtigheid koop nie,” het streeklanddros Ian Cox gesê nadat Gideon Fourie, wat vroeër skuldig bevind is aan die moord op Daniël Botha, se regsverteenwoordiger aangedui het dat Fourie ’n “hoë bedrag” sal betaal om op borgtog vrygelaat te word.
Skamele ekonomiese groei waarskynlik 2023-vooruitsig
Die meeste voorspellings dui stééds op skamele groei van tussen 0,2% en 0,3% vir die jaar in die geheel.
SA spring resessie net-net vry
Dié skamele dog welkome groeisyfer volg nadat sommige ekonome van FNB die land verlede week op ʼn “ligte resessie” voorberei het.
MRK ondersoek lankal nie meer Ashwin-‘rasherrie’
Ashwin Willemse het in 2018 van die SuperSport-stel afgestorm ná ʼn woordewisseling met Nick Mallett en Naas Botha.
Mike Pence gooi naam in hoed vir president
Die voormalige adjunkpresident sluit hom aan by ’n lys Republikeine wat beoog om die volgende Amerikaanse president te word, onder meer sy oudbaas Donald Trump onder wie hy vier jaar lank in die Withuis gedien het.
‘Tydsberekening verdag’ van senior ondersoeker se dood
Action Society sê die tydsberekening van ’n senior ondersoeker in die opspraakwekkende Thabo Bester-ontsnappingsaak se dood is verdag.