Ek kwyn weg van kommer, skenk my krag soos U in u woord beloof het. (Psalm 119:28)
Ietermago-kleintjie ‘vry gebore’ ná ma se redding
Navorsers en veeartse sien selde dragtige ietermago’s en daar is bitter min navorsing of inligting oor die ontwikkeling van ʼn ietermago-fetus.
Gedagte vir die dag: God weet alles
Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. (Psalm 139:1-2)
ToekomsVenster: God word nie ingeperk
God word nie deur die stelsels en wreedhede van hierdie wêreld bedreig nie. Wat vir die mens soos die einde van die pad lyk is vir God ʼn uitnodiging tot ʼn nuwe begin.
Gesondheidswerkers met bederfbekers verras
“Hiermee wil ons ʼn klein deeltjie bydra om hulle weer spesiaal, geliefd en gewaardeerd te laat voel,” sê Petro Maree, projekleier van Agape Bears.
Vyf seuns stap ure lank om hond te help
Vyf jong seuns van Philippi in die Wes-Kaap het Dinsdag uit hul pad gegaan om ʼn verlate en uitgeteerde hond te help wat onder ʼn bos langs die straat gelê het.
Talentsoekkompetisie reik ʼn ekstra hand na deelnemers
“Dit was vir ons belangrik om ʼn klein verskil in hierdie jong mense se lewens te probeer maak sodat ons weer vir hulle hoop kon gee en terselfdertyd wys dat daar mense is wat wel omgee.”
Helpende Hand bereik mylpaal ten spyte van pandemie
Hannes Noëth, Helpende Hand se uitvoerende direkteur, sê dit is nie net ʼn gewone mylpaal nie, maar ʼn mylpaal van hoop.
Gedagte vir die dag: ’n Feeslewe
Dit gaan altyd sleg met ’n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele lewe is ’n fees. (Spreuke 15:15)
ToekomsVenster: Spreek die waarheid onverskrokke
Die waarheid mag en kan nie gemuilband word nie. Mag ons getrou wees aan ons roeping.
Welsynswinkel maak regruk vir lente maklik
“Om jouself vir die lente reg te ruk, klink dalk na ’n reusetaak, maar Helpende Hand se nagenoeg 70 welsynswinkels landwyd maak dié takie soveel makliker.” Nou kan ‘n mens ook ‘n Ons Winkel selfs aanlyn vind.
Braai saam met Demi Lee en ander
By Monte de Dios in Pretoria gaan Demi Lee Moore asook Pieter Smith, die groep Held van Harte en Jemma ʼn vleisie op die kole gooi ter viering van Nasionale Braaidag op 24 September.
’n Boei vir bejaardes in die grendeldae
“Die Solidariteit Beweging se krisisfonds het in die afgelope vyf maande daarvoor gesorg dat Helpende Hand op verskeie maniere ons senior burgers kon ondersteun.”
Gedagte vir die dag: God se bystand
U het my gebed verhoor! Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente, U in die volle vergadering prys. (Psalm 22:22-23)
ToekomsVenster: So wil God oor ons getuig
Hou net die oë gevestig op Jesus. Hy is die Begin en die Voleinder van die geloof.
Hoe om nou die storms in jou lewe te oorbrug
Die Covid-19-pandemie het waarlik die mat onder ons mense se voete uitgepluk. Dan dink ek terug aan my ouma se verhale van hoe swaar hulle gekry het… die Afrikaner het egter weer opgestaan – die land herbou, hard gewerk en in God vertrou.
Gedagte vir die dag: Egtheid van geloof
Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ’n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. (1 Petrus 1:6-7)
ToekomsVenster: Eendag sal ons hierdie woorde hoor
Daar kan geen groter oomblik wees as om die dag te beleef waarin die Here ons sal komplimenteer met ons getrouheid nie, al was selfs ons getrouheid ʼn gawe van Bo.
Pretoriase eiendomsagentskap woeker saam met Wollies
“Sodra die honde gebad is, gaan ons hulle op die tennisbaan laat hardloop om droog te word en hulle sal met strikkies en linte en allerhande fraai goedjies mooi gemaak word vir die fotosessie.”
Jagters doen hulle deel om honger te bestry
#HelpJag kon met die hulp van 126 jagters sorg om teen die einde van Augustus sowat 26,6 ton wildsvleis vir voedingskemas van Helpende Hand in te samel.