Die De Afrikander Handelhuis (D.A.H) is ʼn handelsmerk wat deur ʼn groep jong Afrikaanssprekendes ontwerp is om jongmense op ʼn kreatiewe manier van die geskiedenis te vertel.
Gert Johan Coetzee gee beurse vir mode-entoesiaste
Drie studente staan vanjaar die kans om ʼn Gert Johan Coetzee-beurs vir modeontwerp en modekommunikasie aan die Northwest School of Design in Klerksdorp te ontvang. Aansoeke vir dié beurse word nog ingewag tot 15 Augustus.
Nuwe Mej. SA ʼn miljoenêr
Inskrywings vir Mej. SA het Maandagoggend amptelik geopen en groot pryse is op die spel.
SA’ner wil Mnr. Wêreld-kroon huis toe bring
“Ek hoop om die eerste Suid-Afrikaner en Afrikaner te wees om dié gesogte titel te wen, maar indien dit nie vir my bestem is nie, hoop ek om soveel lewens moontlik aan te raak deur my betrokkenheid by die kompetisie,” het hy vertel.
Só lyk die 25 Mev. Suid-Afrika-finaliste
Die top 25 finaliste vir die jaarlikse Mev. Suid-Afrika-skoonheidskompetisie is onlangs tydens die Kansa Gala-ete by Emperors Palace bekendgemaak.
[Foto’s] SA’nertjie is Jong Mej. Heelal
Zenande Mncwabe (7) van Empangeni in KwaZulu-Natal is die afgelope week tydens ʼn glansgeleentheid in Turkye, gekroon as Jong Mej. Heelal.
Kry afslag by H&M vir ou klere en linne
Pluk onmiddellik daardie ou klere, handdoeke en linne uit jou kas! H&M se jongste veldtog bied jou nou die geleentheid om twee 15%-afslagkoopbewyse te kry vir dié ou materiaal.
Om te wys of nie te wys nie
Ons wat te vet, te maer, te verwring of te oud is, moet onsself maar goed bedek en die voorreg geniet om te kyk na die klein minderheid wat goed gebou en aantreklik is en klere kan dra om vir ons ʼn bietjie mooi lyf te wys.
‘Moeder van Rooibos’ en Annique-pionier sterf
Die stigterslid van Annique velsorgprodukte, dr. Annique Theron, is Sondag in die vroeë oggendure in die ouderdom van 86 oorlede ná ʼn kort siekbed.
Blommekind met ʼn goeie kop vir sake
n Moderne blommekind. Dís hoe ’n mens Ulricke Laubscher, skeppende juwelier en eienaar van die onderneming Wooden Lace, in ʼn paar woorde op die oog af sou opsom. Dié 28-jarige blondekop het egter ʼn slim kop vir sake op haar skouers en is nou al drie jaar heeltyds haar eie baas.
Noordwes-ontwerpskool bied internasionale kwalifikasie
Die Northwest School of Design, waarby die bekroonde ontwerper Gert-Johan Coetzee betrokke is, bied nou ʼn lisensiaatskap in mode aan met internasionale erkenning.
Rolene Strauss gereed om kroon te oorhandig
Rolene Strauss gaan 19 Desember amptelik haar kroon as Mejuffrou Wêreld aan haar opvolger oorhandig wanneer die nuwe Mejuffrou Wêreld tydens die 65ste Mejuffrou Wêreld-skoonheidskompetisie in Sanya, China, aangekondig word.
Klein skoonheid wil mense help
Dié jong meisie wat van Kempton Park afkomstig is, gesels passievol oor haar kroning en dié projek.
Gert-Johan Coetzee skenk R180 000 mode-ontwerp studiebeurs
Christopher Gill se raad aan jongmense wat wil inskryf, is om reg te maak vir harde werk. “ʼn Mens leer ongelooflik baie, maar dit vra toewyding want dis veeleisend. Dis regtig bedoel vir mense wat ʼn groot passie het om te leer oor mode en ontwerp. As jy louwarm is, gaan dit nie werk nie!”
[Video] Plaaslike ontwerper berei voor vir New Yorkse modeweek
ʼn Kaapse ontwerper gaan eersdaags sy nuwe ontwerpe op die New Yorkse modeweek ten toon stel.
Mej. Doof SA: Meer as ’n mooi gesig
Sy sê Mej. Doof SA moet nie net ʼn mooi gesig wees nie, maar ook ʼn ambassadeur vir die dowe gemeenskap. Sy moet die horendes kan leer van al die probleme waarmee dowes te kampe het.
Video: Wat sou jy graag aan jou lyf wou verander?
Die Jubilee-projek het onlangs dieselfde vraag aan 50 persone gestel: wat sal jy graag aan jou liggaam wou verander? Die kinders se antwoorde het almal verras. Die video is die afgelope twee weke reeds bykans 4 miljoen keer op YouTube gekyk.
Foto’s: Modes op die rooitapyt by 2014 se staatsrede
Die rooitapyt is Donderdag uitgerol vir pres. Jacob Zuma se staatsrede by die parlement in Kaapstad. Lede van die parlement, kabinetministers, afgevaardigdes en genooide gaste het swierig vir die geleentheid opgetooi.
EFF-modes te koop
Die revolusionêre modes van die Economic Freedom Fighters (EFF) word nou te koop aangebied.
Prikkelpoppe en brakke modelleer vir liefdadigheid
Dit is nie aldag dat skoonhede en honde dieselfde loopplank deel nie.