Hoewel die brand saamgeval het met die aanvang van die plundering in KwaZulu-Natal en Gauteng, is daar geen bewyse dat dié brande deur brandstigters veroorsaak is nie.
Kleuter wat byna verdrink terug by die huis
Die gesin het op 6 Junie by vriende in Centurion gekuier toe Dan-Roux in die swembad beland en byna verdrink het.
Onluste: Ammunisie, gesteelde buit gevind
Danksy wenke uit die gemeenskap kon die polisie reeds heelwat gesteelde items terugvind.
Covid-19-statistieke: Net minder as 16 000 nuwe gevalle
Die algehele getal gevalle was Vrydag minder as ʼn dag tevore, maar is steeds meer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae.
Honderde winkels begin skade weens oproer bepaal
“Sasria het voorts die versekering deur ʼn openbare verklaring gegee dat hy die finansiële vermoëns het om eise na te kom, hoewel vertragings verwag kan word weens die talle sakeondernemings en bedrywe wat geraak word.”
Departement krabbel terug oor verbod op brandstof in kanne
Brandstof mag nou weer aan klante met draagbare houers verkoop word, mits dit ʼn goedgekeurde houer is.
Regering ‘onvoorbereid’, maar ‘opstand misluk’ – Ramaphosa
“Spesialiseenhede van ons wetstoepassingsagentskappe werk onverpoos om diegene verantwoordelik vir die beplanning en koördinering van die geweld aan te keer. Ons gaan geen steen onaangeroer laat om hulle te laat boet nie.”
Kyk Ramaphosa se toespraak hier
Pres. Cyril Ramaphosa sal die land Vrydagaand om 20:30 weer toespreek.
Groot kommer ná meer as miljoen patrone gesteel word
“Kan dit wees dat die beweerde plundering van 1,5 miljoen patrone moontlik nie net toeval was nie, maar eerder ʼn georkestreerde poging om toegang te verkry tot ammunisie om verdere aanvalle te steun?”
Renosterhoringdiewe skuldig bevind
Jonathan Jeremy Perring (37), Keanon Terblanche (28) en Christo Shaun Swartz (30) is Donderdag in die streekhof op Gqeberha (Port Elizabeth) gevonnis.
Wes-Kaap sê hy het genoeg brandstof
Die provinsie het wel probleme ondervind met die beskikbaarheid van gas.
Ramaphosa praat weer vanaand
Intussen het die dodetal weens die oproer tot 212 gestyg.
Gauteng bereik viruspiek
Die Gautengse regering sê daaglikse nuwe infeksies bly egter hoog en talle mense benodig steeds hospitalisasie.
Tweede getuie geroep in saak teen vermeende verkragter
Beeldmateriaal wys ook hoe Memese in ’n stadium sy eie glas met Gouws s’n ruil, waarna sy binne minute onstabiel begin raak.
Nou dreig Shivambu met geweld oor grond
Die DA sê die bedekte dreigement dat dit wat die afgelope week in die land gebeur het, ʼn piekniek was in vergelyking met wat sal gebeur met grondonteiening, moet verwerp word met die minagting wat dit verdien.
Beamptes vas wat man met misdadiger ruil
Twee polisielede het glo ʼn man onregmatig in hegtenis geneem nadat hulle hom glo wou voorhou as ʼn verdagte wat vroeër die dag uit polisieaanhouding ontsnap het.
Russiese vliegtuig skoonveld
Altesame 17 passasiers, onder wie vier kinders, is aan boord.
Dodetal styg weens vloede in Europa
Intussen is nog mense dood ná ʼn modderstorting in Noord-Rynland-Wesfale.
‘Ryk’ sakeman plunder saam
Hy het glo ’n wasmasjien, drank en braaitoerusting opgeraap en in sy Jeep Wrangler geprop.
Onlus-aanhitsers: ‘Ons is op hul spoor’
“Die aanhitsers wil onbestendigheid veroorsaak, maar ons weet nie wat hulle werklike bedoelings in sy geheel is nie,” sê Ramaphosa.