Die staat het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevra die 52-jarige vrou, wat skuldig bevind is aan die ontvoering van Zephany Nurse byna 20 jaar gelede, moet direkte tronkstraf opgelê word.
Vragmotor beland bo-op motor tydens lisensietoets
Twee mans is dood en nog een beseer nadat ʼn vragmotor Donderdag bo-oor ʼn motor gery het in Atlantis in die Wes-Kaap.
Video: ‘Studentebetogings kan weer opvlam’
Studenteleiers waarsku hernieude betogings vir gratis tersiêre onderrig kan opvlam weens vertragings deur die kommissie wat in Januarie tot stand gebring is om studiegeld te ondersoek.
‘Ek sal staatstenders ondersoek’, sê OB-kandidaat
“Indien die staat korrupsie kan hokslaan, sal dit die grootskaalse verlies van belastinggeld wat eintlik aan dienslewering bestee moet word, verhoed.”
Veldbrand in natuurreservaat eis ses
Ses mense is weens brandwonde dood nadat ʼn veldbrand vroeër vandeesweek in die Suikerbosrand-natuurreservaat buite Heidelberg in Gauteng uitgebreek het.
Vrou op Noordwes-kleinhoewe vermoor
Die liggaam van ʼn 44-jarige vrou is Woensdag in haar huis op ʼn kleinhoewe by Silkaatsnek naby Hartbeespoortdam in Noordwes gevind.
[Foto’s] Brand woed by Potch-hoërskool
Brandbestryders in Potchefstroom in Noordwes het Donderdag in die vroeë oggendure nagenoeg twee uur lank gespook om ʼn brand by HTS Potchefstroom in bedwang te bring.
[Foto’s] Wêreld se eerste artroskopie op renoster uitgevoer
Geskiedenis is vroeër vandeesweek in Pretoria gemaak toe die eerste artroskopie op ʼn jong renosterbul uitgevoer is.
Valke slaan toe op dwelmlaboratorium
Die Valke het Dinsdag twee verdagtes in hegtenis geneem nadat hulle op ʼn dwelmlaboratorium naby Kemptonpark aan die Oos-Rand toegeslaan het.
Staking in petroleumbedryf verskerp
Lede van die vakbond Ceppwawu sal vandag buite brandstofdepots en sommige farmaseutiese maatskappye in vier provinsies betoog as deel van die vakbond se landwye staking.
Berugte bendelid gevonnis vir moorde
ʼn 28-jarige man wat in 2013 twee mans in ʼn oop veld in Bethelsdorp in die Oos-Kaap in ʼn bendegeweldvoorval doodgeskiet het, is Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth gevonnis.
Nog #FeesMustFall-betogings dalk op pad
“Ons is baie teleurgesteld en ons stel dit op rekord dat ons massas mense agter ons het. Ons sal in die strate ontmoet.”
Vermiste meisie se lyk in spruit gevind
Die liggaam van ʼn 16-jarige meisie van Phalaborwa in Limpopo, wat sedert Saterdag vermis was, is Dinsdag in ʼn spruit buite die dorp gevind.
Eskom-werkers staak
Nagenoeg 15 000 Eskom-werkers verbonde aan die National Union of Mineworkers (NUM), het Woensdag by ʼn onbeskermde staking aangesluit ten spyte van ʼn hofbevel wat die kragverskaffer Dinsdagaand bekom het.
Kommer oor OB-kandidate
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Woensdag sy kommer uitgespreek oor drie kandidate op die kortlys vir openbare beskermer (OB).
Betoë oor seksklagtes teen modelbaas dán aangehoor
Die verhoor van Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelbaas wat tereg staan op verskeie aanklagte wat verkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie insluit, is Woensdag in die stad se hooggeregshof tot September uitgestel.
Twee in hof vir verkragting van 17-jarige
Twee mans het Woensdag in die Dutywa-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn in verband met die verkragting van ʼn 17-jarige meisie.
‘Vonke spat by Verenigde Nasies’
Volgens die vakbond Solidariteit het gemoedere vandag hoog geloop by die sitting van die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie.
Drie Eskom-base by Koeberg geskors
Eskom het aangekondig hy het drie senior bestuurders by sy Koeberg-kragstasie in die Wes-Kaap geskors.
Verslag toon basiese bankkoste is relatief laag
Strawwe mededinging onder die vier groot Suid-Afrikaanse banke, het tot gevolg gehad dat die koste van basiese bankrekeninge relatief laag gehou word, terwyl die verskille in die koste van bankrekeninge vir die middelklas steeds klein bly.