Jesus beteken inderdaad Verlosser. Hy het gekom om mense van ʼn troostelose toekoms te red. Hy het gesterwe sodat ons kan lewe.
ToekomsVenster: Iemand nooi iemand in ’n verhouding
Het jy al hierdie Iemand, die hoofletter I ontmoet? Hy maak van jou iemand met hoop en verwagting.
Luister: Bok van Blerk – ‘As ek Afrikaans sing, gaan mense my hoor’
“Ek dink nie jy moet jou vasstaar teen die verlies wanneer jy iets verloor nie. Dit is dalk die begin van iets nuuts, iets groters.”
Podlitiek: Kwotas, geld en nogmaals geld
Hierdie week is Paul Maritz, Hermann Pretorius, en Ernst van Zyl agter Podlitiek se mikrofone en praat oor kwotas vir vroulike politici, die CR 17-veldtog en SA se pensioenfondse. Die gedagte van staatshande op ons hardverdiende rande laat Podlitiek ril.
ToekomsVenster: Hy is ’n Helper
Jy kan die Here vertrou met jou uitdagings. Hy sal jou nie teleurstel nie. Sy hulp kom somtyds op verrassende maniere na jou.
ToekomsVenster: Ons God is geduldig
God het jou oneindig lief en is geduldig tot die uiterste. Ek ken jou nie, Hy weet alles. Is jy dalk op ʼn plek waar jy die geduld van God beproef en kyk hoe ver jy sy geduld kan strek?
Luister: ‘Ander Mens’ propvol aksie met donker humor
“Ander Mens het regtig ongelooflike spesiale effekte. Dit het ʼn klankbaan wat jy nodig het om in daardie kwaliteit klank te hoor. Hierdie is die tipe fliek wat regtig op die grootskerm gekyk moet word.”
Luister in 3 minute: Pensioenfondse en ’n nuwe kredietwet
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, gesels in vandeesweek se aflewering van ‘3 Minute, 3 Sake’ oor die ANC se uitlatings oor pensioenfondse, die Black Management Forum se planne om te litigeer oor transformasie en pres. Cyril Ramaphosa se bekragtiging van ʼn nuwe kredietwet.
Luister: Wiele2Wiele gesels oor Volvo se luukse XC90
Hierdie week gesels die Wiele2Wiele-span oor Volvo se luukse XC90 sportnutsvoertuig, spaar brandstof met die Suzuki Ciaz en gee hulle ouderdom weg met Opel se Corsa GSI. Ironman 4×4 SA gee ook raad oor hoe om die boendoes aan te pak.
Luister: Roan Ash oor Proe’toria-fees, Nashville en die getroude lewe
“Ek voel nie asof ek ʼn groot naam in die bedryf is nie. Dit is net vir my wonderlik om ʼn vertoning te doen en dan is die teater vol. Dit beteken baie vir my. Ek is ongelooflik bevoorreg.”
ToekomsVenster: Hierdie fakkel gee lig
Hy daarenteen is in alle opsigte getrou.
ToekomsVenster: God, die ewige
Jou naam is in sy handpalm gegraveer.
ToekomsVenster: Vol deernis
Ervaar vandag die vriendelike, deernisvolle nabyheid van Hom.
Podlitiek: Die NGV kort salf en Ramaphosa se eerste jaar en ʼn half
Hierdie week vier Podlitiek, of betreur, die 18 maande sedert Cyril Ramaphosa se inhuldiging as president. Daar word ook gefokus op die betogings in Hongkong en wat dit in die breër geo-politiek vir die wêreld beteken.
ToekomsVenster: Jesus, die Christus
Aan die einde is dit nie van belang wat ander mense sê nie. Ons luister dalk te veel na ander mense se opinies. Daarom die vraag aan die dissipels – wie sê julle is ek? Daardie vraag kom ook na elkeen van ons toe.
Luister in 3 minute: Grondverslag, gesondheid en emigrasie bespreek
In die jongste aflewering van ‘3 Minute, 3 Sake’ word terugvoer gegee oor Sakeliga se werksessie wat handel oor die presidensiële adviespaneel se grond- en landbouverslag.
Luister: Wiele2Wiele rits rond in Nissan Micra, Audi RS5
In dié week se aflewering gesels Wiele2Wiele oor Audi se RS5 Sportback, kyk met nuwe oë na Opel se Combo Van-paneelwa en rits rond met Nissan se Micra.
ToekomsVenster: Hy is die Beskermer
Jy kan Hom vandag vertrou met jou lewe. Hy sorg vir jou.
ToekomsVenster: Hy is die Alfa
In die volgende weke gaan ons aan die hand van die alfabet nadink oor sommige karaktereienskappe van God. Kom skuif vandag onder hierdie sambreel van genade in.
ToekomsVenster: Jesus maak ons rustig
“Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.”