Daag die teks jou uit? Wat maak jy daarmee?
Wiele2Wiele gesels oor Nissan se Magnite
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Nissan Magnite, ‘n B-segment-sportnuts. Hulle gee ook raad oor wat om te doen as jou motor se vensters opwasem en gesels oor BMW se nuwe 1250-motorfietsreeks.
Luister: Ray Dylan sing steeds die land aan die brand
“As jy weet jou poeding werk en die mense hou daarvan, bly daarby.”
ToekomsVenster: Kom ons gesels oor barmhartigheid
Dit is barmhartig in die volle sin van die woord.
Radiodramakompetisie vier ʼn kwarteeu
“Klank bied soveel moontlikhede, sonder dat ʼn skrywer hom- of haarself oor ʼn begroting hoef te bekommer.”
ToekomsVenster: Om Sy getuies te wees
Het jy al jou getuienis met iemand gedeel?
ToekomsVenster: Krag van die Heilige Gees
Hoe staan dit met die Heilige Gees in jou lewe?
Luister: Koop jy binnekort vir die eerste keer huis?
Francois Janse van Rensburg gaan oor die volgende vier weke met Maroela Media gesels oor dié proses en sommer ook ʼn paar wenke gee oor hoe om die aankoop van jou eerste huis so maklik as moontlik te doen.
Kommer oor openbare skuld; skerper aanslag teen ekonomiese vryhede
In vandeesweek se “3 Minute, 3 Sake” gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die Reserwebank se kommer oor openbare skuld en finansiële stabiliteit.
Podlitiek: Sonder werk, steeds ingeperk, Malema haat nog sterk
Onder normale omstandighede sou ’n verslag wat meld dat meer as 70% van ’n land se jeug werkloos is, parlementslede van ’n kontinentale parlement wat mekaar dreig met moord en ’n Rampbestuurswet wat al tot 400% van sy toegelate strekking verleng is, skokgolwe deur die land stuur – maar hierdie is nie normale omstandighede nie.
‘Die pad na selfbestuur’: ANC-regering al meer soos besettingsmag
Buys skryf verder dat dit egter mettertyd duidelik geword dat die ANC net die destydse toegewings gemaak het om mag te bekom waarna hulle daardie einste mag begin gebruik het om hul sosialistiese doelstellings te verwesenlik. Kom luister na die voorlesing van dié hoofstuk.
ToekomsVenster: Ons sukkel met wag
Wat is dit waarvoor die Here sê jy moet wag? Moenie in ongeduld verval nie, want Hy stel nooit teleur nie.
ToekomsVenster: ’n Metafoor vir die Vader se teenwoordigheid
Miskien sal wolke vir ons nuwe betekenis kry? Mag elke wolk iets van God se teenwoordigheid in jou lewe simboliseer.
Wiele2Wiele gesels oor Audi se SQ8
Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se SQ8 met Audi se kragtigste dieselenjin nog en vertel jou hoe die Audi Q2 verander is. Hulle gaan ry ook met Kia se Picanto X-Line.
ToekomsVenster: Pinkster en die koms van die Heilige Gees
Ons dien ’n drie-enige God en alhoewel geen mens die misterie daaraan kan verduidelik nie, is dit hoe God Hom aan ons openbaar.
ToekomsVenster: Tekens van God se Koninkryk
Ons taak is om die hemel aarde toe te bring. Ons rig deur ons lewens, ons interaksie met ander mense tekens op van God se Koninkryk. In en deur ons woorde en dade leer ander mense hoe die hemel daar uitsien.
Saak teen SEB-regulasies draai weer in hof; plaaslike ekonomiese situasie bekyk
In hierdie week se aflewering van “3 Minute, 3 Sake” praat Gerhard van Onselen oor Sakeliga se uitgebreide veldtog teen SEB-en verkrygingsregulasies wat die week weer in die hof gedraai het. Hy kyk vervolgens na die ekonomie in die tweede kwartaal en, laastens, na stof tot nadenke vir sakelui in die huidige ekonomiese toestande.
ToekomsVenster: Daar is ’n blye weersiens
Daar is ’n weersiens vir hulle, ja, vir al God se kinders. Soos die Hemelvaart dink ons nie gereeld na oor die wederkoms van Jesus nie. Tog is ons vandag en elke dan, nader aan daardie gebeurtenis.
Podlitiek: Staat wil jou wapens kom haal, Mkhize-tenderskandaal
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die nuutste korrupsieskandaal waarby Zweli Mkhize, minister van gesondheid, betrek word.
‘Die pad na selfbestuur’: 1994 is verby
In hierdie hoofstuk klim Flip Buys kaalvuis in oor die “aannames” van die 1994-skikking en beoordeel dan hierdie aannames aan die uiteindelike gevolge wat uitgespeel het. Kom luister saam na die voorlesing.