“Vyf jaar is ʼn lang tyd vir ʼn professionele tennisspeler, tog voel dit vir my ook soos gister wat ek laas hier gespeel het.”
Geruite vlag swaai weer vir vlieënde Max
Max Verstappen het oudergewoonte sy teenstanders se vordering in sy truspieëltjie dopgehou, terwyl die 18-jarige Oliver Bearman ʼn stewige vertoning in die rooi van Ferrari gelewer het.
Sesnasies: Italië maak pasta van Skotte
Die Skotte, wat rustyd met 22-16 voor was, het vir die laaste drie minute met mening aangeval en meer as 20 fases afgedwing in ʼn poging om die wendrie te druk.
Gholf: Scheffler vat voor, McIlroy blaas vuur
Suid-Afrika se Erik van Rooyen (217, +1) en Christiaan Bezuidenhout (218, +2) is heel verder terug in dié toernooi in die Amerikaanse PGA-reeks.
Stormers marsjeer voort teen Saints
Die Stormers het sewe drieë gedruk om sy vertoonwedstryd teen die Northampton Saints op Franklin’s Gardens te wen.
Elmé glimlag breed ná gooi van amper 60 m
Elmé Botha, ʼn Oos-Kaapse hamergooi-ster, mik na hoër hoogtes nadat sy die provinsiale rekord in dié item verbeter het.
Toetskrieket: Indië klop vuisvoos Engeland
Dis nooit maklik om deur Indië te toer nie, maar om darem die soveelste keer boedel oor te gee, moet die gevaarligte laat flikker.
Marnus anker Aussie-beurt terwyl Matt baljaar
Marnus Labuschagne het 90 lopies in Australië se eerste kolfbeurt gemoker, terwyl Nieu-Seeland se Matt Henry sewe paaltjies laat kantel het.
Carlos leer uit sy eerstestelfoute
Carlos Alcaraz het weliswaar die eerste stel teen Italië se Matteo Arnaldi in Kalifornië verloor, maar hy het uiteindelik die wedstryd met 6-7, 6-0 en 6-1 beklink.
Ys in haar are – SA’ner laat die rekords in Noorweë spat
Sonder ʼn duikpak het Amber Fillary éérs 100 m, tóé 105 m en tóé 110 m onder die ys in Noorweë geswem. Die Guinness-wêreldrekord moet nou in vet letters agter haar naam staan.
Gholf: Palmer kon nie vir beter gevra het nie
Ses van die wêreld se beste spelers, onder wie die voorste speler op die wêreldranglys, asook vier ander wenners van Major-toernooie, het saam voorgeloop ná die tweede ronde van een van die glanstoernooie van die reeks.
Groot klopjag by Safa-kantoor
Die klopjag en beslagleggingsoperasie volg op bewerings van diefstal en bedrog wat met sokkerbaas Danny Jordaan verbind word.
Baasbrein Rassie kan nou ook spog met eredoktorsgraad
“Hierdie gesogte erkenning is nie net welverdiend nie, maar ook ’n getuienis van die merkwaardige bydraes en buitengewone impak wat Rassie op die gebied van sport en innoverende sportbestuur gemaak het.”
Fernando blitsig en Carlos olik in Saoedi-Arabië
Aston Martin se Fernando Alonso is tevrede met hoe dinge in die oefenlopies verloop het, maar hy het gewaarsku om nie té gou die vreugdevure aan te steek nie.
Kontinuïteit is Steve se wagwoord
“Ek kon baie veranderinge gemaak het, maar ek glo in die spelers. Ek weet dat hulle vasberade is om hierdie naweek goeie rugby [teen Ierland] te speel; ʼn mens kon hul teleurstelling ná die Skotland-wedstryd aanvoel.”
Kookwater-Keenan medevoorloper by Glendower
Die talentvolle Wes-Kaapse gholfster Keenan Davidse het Donderdag op Glendower in Edenvale van die beste gholf van sy loopbaan gespeel.
Kiwi’s kou klippe teen Hazlewood
Josh Hazlewood kom weliswaar van ʼn klein Australiese dorpie, maar hy kan groot vertonings op die krieketveld lewer. Hy het nou vyf paaltjies op die eerste dag van die tweede toets teen Nieu-Seeland laat kantel.
Raducanu slaan wennoot in Kalifornië
“Ek geniet dit om in Amerika te speel; ek het van my beste vertonings hier gelewer en ek is baie bly om weer terug te wees.”
Brok vat voor in vertoonwedstryd
Die Stormers speel Saterdag weg van die huis in ʼn vertoonwedstryd teen die Northampton Saints.
Laura vat vlam in Indië
Suid-Afrika se Laura Wolvaardt het 76 vinnige lopies vir haar span in die Indiese Premierliga vir vrouespelers geslaan.