Siya Kolisi, die Sprinkbokkaptein, Ox Nche en Jaden Hendrikse is desperaat vir speeltyd nadat die span Sondag in Brittanje aangekom het om hul voorbereiding vir die Wêreldbeker-rugbytoernooi voort te sit.
19-jarige Fils maak Davisbeker-debuut
Arthur Fils gaan sy debuut vir Frankryk se Davisbeker-span maak.
VSA se Ryderbekerspan; Mickelson se dobbelary
Amerika se Ryderbeker-kaptein, Zach Johnson, sit met ʼn tameletjie slegs twee weke voordat hy sy span vir die gesogte tweejaarlikse kragmeting met Europa bekend moet maak.
Kolfsensasie Brevis opgeroep vir Protea-diens
Brevis, wat verlede jaar die voorste lopiemaker by die o.19-wêreldbeker was, het reeds sy buiging in verskeie franchise-kompetisies wêreldwyd gemaak.
Wêreldbeker dalk neusie verby vir Franse se Ntamack
Ntamack het die kruisligament in sy linkerknie tydens Saterdag se 30-27-opwarmingsoorwinning teen Skotland geskeur, het die Franse sportdagblad L’Equipe berig.
Bok-vroue oorgehaal vir nuwe toernooi
Die Springbok-vrouespan sal in hul openingswedstryde van die nuwe WXV 2-toernooi, wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind, teen Skotland en Italië te staan kom.
Smith se Aussies lag breed
Die son het Sondagaand in LIV-gholf se Bedminster-toernooi in New Jersey helder op die Australiër Cameron Smith en sy mede-Aussies se Ripper-span geskyn.
‘Gʼn samesweringsteorie oor Pollard’ – Nienaber
Springbok-afrigter Jacques Nienaber het reageer op sosialemediaplasings rakende ʼn verskuilde plan om die Bokke se Wêreldbeker-groep te verander ten einde voorsiening te maak vir die insluiting van die losskakel Handré Pollard.
Wát ʼn belewenis om in die Kruger te draf!
“Hie! Eina!” brul ek terwyl ek na die kramp in my regterbeen gryp. Die volgende oomblik wil ʼn mede-drawwer by my weet presies waar die “hiëna” is wat ek kwansuis gewaar het.
Gewoonteoortreder Farrell weer in die sop
Owen Farrell is in Januarie vir ʼn soortgelyke oortreding geskors en sy swak dissiplinêre rekord kan teen hom begin tel.
WB-opwarmtoets: Skotte gee Franse gryshare
Die Skotte het dalk nie die Franse of Bokke se fisieke brekers nie, maar hulle is goed afgerig, hul tegniek is baie goed en met hul verdediging en aanval skort daar baie min.
Gholf: Stinger-span byt seer in LIV-toernooi
Die Stinger-span bestaan uit die kaptein Louis Oosthuizen, Dean Burmester, Branden Grace en Charl Schwartzel.
Momentumbou hoog op Bokke se prioriteitslys
“Elke keer in die aanloop tot ʼn Wêreldbeker-toernooi is daar uitdagings wat deur die land in die gesig gestaar word. Ons beskik oor die unieke geleentheid om weer vir glimlagte op mense se gesigte te sorg.”
Amerikaner eindig Alcaraz se onoorwonne lopie
“Dit help beslis as jy weet dat jy al vantevore met jou teenstander klaargespeel het.”
In Frankryk se ‘ovaalwêreld’ kraai rugby koning
In ʼn streek in die suidweste van Frankryk word die mure van kamers en kroeë nie met die foto’s van sokkerhelde Kylian Mbappe en Ousmane Dembele versier nie, maar met dié van Antoine Dupont, Cyril Baille en Romain Ntamack. Dít is rugbywêreld.
Wêreldbekertoernooi: Is Manie pure (Lib)Bok?
Manie Libbok behoort soomloos die mas in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi op te kom, want die Springbokke se voorspelers sal die grondslag lê en die skrumskakel Faf de Klerk sal hom genoegsaam kan beskerm, of so word daar allerweë gehoop.
Goue Affie laat gewigstootrekord spat
Die 16-jarige Hencu Lamberts het met sy toppoging van 20,17 m die Statebond-rekord in Trinidad en Tobago verbeter.
Gholf: Ashley-hulle beland onder die valbyl
Dit was ʼn goor Vrydagmiddag vir Suid-Afrika in die Britse Ope vir vroue wat in Surrey buite Londen gespeel word, want nie Ashleigh Buhai, Paula Reto of Lee-Anne Pace kon vir die laaste twee rondes kwalifiseer nie.
Daag jouself uit en wen ʼn Toyota Fortuner
ʼn Gelukkige Maroela Media-leser sal een van vier finaliste wees om ʼn 25%-kans te staan om ʼn splinternuwe Toyota Fortuner te wen.
Vrouegholf: Buhai sal moet uithaal indien sy titel wil behou
Suid-Afrika se Ashleigh Buhai het ’n berg om te klim as sy haar Britse Ope-titel suksesvol wil verdedig.