Suid-Afrika het vandag in Dunedin ʼn voorsprong van 2-0 in hul Wêreldbeker-wedstryd teen Argentinië weggesmyt.
Nyakane wil speelkans met albei hande aangryp
“Elke speler wat die Groen -en-goud dra, wil sy hand opsteek en sy beste lewer. Terselfdertyd is die kompetisie onder die spelers groot, maar dit gaan nie net oor Trevor nie, dit gaan oor die span.”
80 000 toeskouers by All Blacks/Wallabies-toets verwag
Dalk – net dalk – kan ʼn volgepakte MCG die skaal in Australië se guns swaai wanneer hulle hierdie naweek met die All Blacks kragte meet.
Roger, Rafa nie eens beste van eie era – Connors
“Iemand het op Twitter ʼn foto van ʼn 50-jarige Novak Djokovic gedeel waarin hy steeds besig is om ʼn wennerstoespraak op Wimbledon se hoofbaan te gee. Ek was mal daaroor.”
Netbal-wêreldbeker: ʼn Prettige uitstappie vir die hele gesin
Die Netbal-wêreldbeker Fan Park is ʼn opwindende geleentheid wat op 6 Augustus by SuperSport Park in Centurion plaasvind.
Proteas moet WB op hoë noot teen Wallis begin
Die twee lande was al drie keer vantevore by die Wêreldbeker-skouspel slaags en die Suid-Afrikaners het nie net ʼn spul doele aangeteken nie, maar hulle was ook nog nie aan die verloorkant nie.
Stokes tree in die bres vir Anderson
James Anderson vier sy verjaardag op die vierde dag van die Oval-toets en Engeland-ondersteuners sal vir ʼn vurige boulskof wens wanneer hy die 41 kersies op sy verjaardagkoek doodblaas.
Buhai het visier op nóg ʼn major
Buhai verdedig oor twee weke ook haar gesogte Britse Ope-titel wat sy verlede jaar op Muirfield gewen het.
Lloyd ryg weer die kishoue in
Lloyd Harris begin weer momentum op die internasionale tennisverhoog opbou nadat ʼn gewrigbesering hom maande langs die baan gehou het.
Wallabies gʼn kanonvoer, maan Lienert-Brown
“Australië sal glo dat hulle die wedstryd kan wen.”
Tatjana erken sy het nie medalje verwag
Teenstanders wees gewaarsku: Tatjana Schoenmaker moet nog haar voorkeuritem (200 m-borsslag) swem.
Klaasen slaan sewe sesse teen New York
Heinrich Klaasen het ʼn onoorwonne 110 lopies vir die Seattle Orcas teen ʼn goeie MI New York-boulaanval – wat spelers soos Trent Boult en Rashid Khan insluit – gemoker.
Super Schoenmaker swem silwer los
Oudergewoonte is ondersteuners met ʼn groot Tatjana Schoenmaker-glimlag beloon toe sy omdraai en haar tyd (1:05.84) op die groot skerm sien.
Amerikaanse Meesterstrofee het Rory se naam op
“Ek het die gevoel dat Rory aanstaande jaar die Meesters gaan wen. Hy is eenvoudig té goed om nie sukses te behaal nie. Dit is net ʼn kwessie van tyd voordat alles bymekaar kom en hy vir die res van die deelnemers weghardloop.”
’n Paar Bomb Squad-lede in opdrafspan!
Spelers soos Malcolm Marx, Grant Williams, Kurt-Lee Arendse en Manie Libbok is in die Springbokke se opdrafspan, terwyl Duane Vermeulen die kapteinskapleisels sal vasvat.
Schoenmaker maak litte vir eindstryd los
Tatjana Schoenmaker het vandag die derde vinnigste kwalifiserende tyd in die 100 m-borsslageindstryd by die Wêreldkampioenskap in Japan opgestel.
Kolbe mik na Ellispark-eerste
Indien Cheslin Kolbe vir die naweek se toets teen Argentinië gekies word, sal dit sy eerste Springbok-wedstryd op die ikoniese Ellispark wees.
Coetzee laat die paaltjies vir Texas spat
Gerald Coetzee het vier paaltjies teen die San Fracisco Unicorns laat kantel en hy het onder meer van Marcus Stoinis, Corey Anderson en Aaron Finch ontslae geraak.
Netbal-wêreldbeker: Spanne in Kaapstad verwelkom
Suid-Afrika kom op 28 Julie teen Wallis te staan.
Meder trots op haar rekordtyd in Japan
Rebecca Meder het haar eie Suid-Afrikaanse rekord in die 200 m-wisselslagitem by die Wêreldkampioenskap in Japan verbeter.