“Rassie Erasmus mag Saterdag nie toegelaat word om water vir die spelers op die veld aan te dra nie. Dit is ’n skuiwergat wat die Springbokke uitbuit en ek hou niks daarvan nie.”
Peter de Villiers gesels saam op Die Losgemaal
De Villiers was aan die stuur van sake toe die Springbokke die Leeus in 2009 ore aangesit het en oudergewoonte kleur hy die gesprek met sy unieke persoonlikheid en sêgoed in.
Nienaber glo dat Kwagga sy man sal staan
“Kwagga Smith is ’n masjien. Hy laat my dink aan daardie kinders wat in o. 7-wedstryde speel. Hy is die kleinste ou op die veld, maar hy mik altyd om die grootste ou plat te trek,” het Nemani Nadolo destyds getwiet.
Leeus kies hul Van der Merwe teen Bokke
“Ons gaan ons bes doen om die wedstryd te wen,” het Warren Gatland gesê nadat hy sy span vir die eerste toets bekend gemaak het.
Nienaber kies sy span wat Leeus moet tem
Siya Kolisi is terug om ’n span met 21 Wêreldbeker-wenners teen die Britse en Ierse Leeus te lei.
Gatland tevrede met Leeus se voorbereiding
Volgens die uitgeslape breier het Duhan van der Merwe weer eens sy kanse met albei hande aangegryp.
Bokspelers maar flou teen Pretoria se Blou
“Ek wou gehad het die ouens moes hul kleim vir ’n plek in die toetsspan afsteek, maar ongelukkig het nie almal dit gedoen nie. As ’n span was ons beslis nie op dreef nie.”
Wallabies pluk (net-net) Hane se vere
Hoewel die Franse die reeks verloor het, kan hulle baie meer uit drie toetse pluk wat binne die bestek van ʼn paar dae gespeel is.
All Blacks spoel oor Fidji
Saterdag was dit die All Blacks van ouds, waar hulle Fidji voorlangs gewurg, agterlangs geslaan en nege drieë gedruk het.
Bulle laat Bok-spelers in Kaapstad bloos
’n Wedstryd wat gereël is om antwoorde op die Springbok-bestuurspan se vrae vóór die toetsreeks te verskaf, het toe uiteindelik vir nóg meer vrae gesorg.
Kyk: Morné Steyn goed genoeg vir Boktrui
“Die ervaring wat hy na die stryd bring, is goud werd. Ek dink hy het beslis nog baie om te bied.”
Onluste beïnvloed ook CB-toernooi
“Ons leef in ongewone tye en hoewel dit nooit goed is om wedstryde te kanselleer nie, het ons nie veel van ’n keuse gehad nie.”
Alun Wyn op Leeus se plaasvervangersbank
Duhan van der Merwe word ook weer vir Kaapse stryd losgelaat.
Am besing ‘briljante’ Kolbe se lof
“Cheslin is een van ons belangrikste spelers en hy was oudergewoonte weer oral op die veld – dit is wonderlik om hom in die span te hê.”
Rassie en kie. wys klipharde spel kan Leeus tem
Toe die tuisspan op die veld draf, het die A-Team se temamusiek oor die stadion se luidsprekers gespeel. En oudergewoonte het die uitgeslape Rassie Erasmus se planne gewerk.
Stonehouse gesels met die ‘Losgemaal’-manne
Jimmy Stonehouse kuier dié keer saam op Die Losgemaal en die Pumas se hardebaard-breier gee sy mening oor vanaand se SA A-span-kragmeting teen die Britse en Ierse Leeus.
Springbokke wil deur spel hoop bring
“Op grond van dít wat ons op televisie en sosiale media gesien het, leef ons in baie hartseer tye.”
OP-rugbypresident verloor Covid-19-stryd
“André Rademan het nooit ophou werk vir die Oostelike Provinsie nie en sy afsterwe is baie hartseer nuus – nie net vir sy familie en vriende nie, maar ook vir rugby in die provinsie.”
Faf en Cheslin gereed vir aksie
“Ek het teen hulle in Europa gespeel en ek is maar net te deeglik bewus van wat hulle op ’n rugbyveld kan doen.”
Quade Cooper se burgerskap-aansoek afgekeur
“Dit lyk asof dit deesdae nie genoeg is om die Wallabies 70 keer op die rugbyveld te verteenwoordig nie.”