Die land se nuut aangestelde minister van finansies, Nhlanhla Nene, maak vanoggend nuus om ‘n ander rede as sy aanstelling. ‘n Video wat wys hoe ‘n stoel onder Nene meegegee het tydens ‘n SABC-onderhoud het vanoggend weer soos ‘n veldbrand op sosiale media begin versprei.
Vreemd
Video: Oumas vlieg vir die eerste keer
Twee oumas van Nederland wat nog nooit gevlieg het nie, het uiteindelik hul vrees oorkom en ʼn nuwe vriendskap gesmee.
Video: Lawa en ‘n blikkie Coke
Bryan Lowry, ʼn professionele fotograaf van Hawaii wat vulkane afneem, wou weet wat sal met ʼn blikkie Coca-Cola gebeur indien dit met lawa in aanraking kom. Die video is reeds meer as 11 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Sny ‘n ui sonder om te huil
Die kok Jack Scalfani wys in dié video hoe om ‘n ui te sny sonder dat jy begin huil.
Nuwe video van SA-toerisme maak jou trots
SA Toerisme het Donderdag ‘n nuwe bemarkingsvideo op YouTube gelaai wat enige Suid-Afrikaner trots kan laat voel op ons land. Die video het boonop aan die einde ‘n kinkel in die kabel wat jou twee keer laat dink.
Video: Nuwe wiele vir boklammetjie
Frostie, ʼn sneeubokkie van Edgar’s Mission in Australië, het ʼn splinternuwe loopraam gekry wat hom uiteindelik nou vryheid bied om rond te beweeg.
Video: Rolprente oor die vermiste Vlug MH370
Twee rolprente, wat geïnspireer is deur die vermiste Vlug MH370 van Malaysia Airlines, word aan kopers by die Cannes-rolprentfees voorgehou, skaars twee maande nadat dié vliegtuig met 239 mense aan boord verdwyn het. Lokprente vir al twee rolprente volg onderaan die berig.
Video: Kameraman so byna ʼn hedendaagse Jona
Rainer Schimpf het ʼn noue ontkoming gehad toe ʼn walvis hom so amper aan die kus van Port Elizabeth in die Oos-Kaap ingesluk het.
Video: Gras en sonlig vir die eerste keer
Nege speurhonde (beagles) is vandeesmaand uit ʼn laboratorium gered en ʼn video van die honde wat vir die eerste keer sonlig en gras ervaar, word wyd op sosiale media versprei.
Dieselfde uitrusting, 40 jaar lank
Dale Irby, ʼn liggaamsopvoedingonderwyser, dra al die afgelope 40 jaar dieselfde uitrusting vir die jaarboekfoto.
Video: Video van superseldonderstorm ‘n internetsensasie
‘n Tydsverloopvideo van ʼn superseldonderstorm wat Sondag in Wyoming, Amerika plaasgevind het, is die afgelope twee dae reeds meer as 4 miljoen keer gekyk.
Foto’s: Polisiebeamptes red hond uit modder
Twee polisiebeamptes van Williston, Noord-Dakota het meer as hul plig gedoen toe hulle ‘n hond wat nekdiepte in modder vasgekeer was, gered het.
Video: Sy dra tweelingsus oor wenstreep
Die 13-jarige tweelingsussies Chloe en Claire Gruenke het dalk laaste gekom in die 800m tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Illinois in die VSA maar hulle het beslis die skare se harte gewen.
$40 000 in tweedehandse rusbank
Drie vriende, wat meer as $40 000 (R413 000) in ʼn tweedehandse rusbank ontdek het, het boonop die geld aan die 91-jarige weduwee teruggegee.
Video: Leeuwyfie vang blesbok in die lug
Hierdie blesbok by die Shamwari-wildreservaat in die Oos-Kaap, het nie ʼn kans gestaan teen honger leeuwyfies nie.
Video: Heldhaftige kat red seuntjie toe hond hom aanval
Die Triantafilo-gesin se kat is nou ʼn internetsensasie en ʼn held nadat hy die vierjarige Jeremy gered het toe ʼn hond hom aangeval het. Die video is die afgelope 24 uur reeds meer as 5.2 miljoen keer gekyk.
Video: Só werk kitskos-tamatiesoushouertjie
Enigiemand wat al skyfies by ‘n bekende kitskosrestaurant met die groot geel M in hul logo geëet het, het moontlik al gewonder of die tamatiesoushouertjie dalk te klein is.
Video: Spesiale liedjie vir die bruid
Andrea se pa is net voor haar troue oorlede, maar haar broer en familielede het haar nie in die steek gelaat vir haar “pa en dogter”-dans nie. Die video is reeds byna 6 miljoen keer gekyk.
Video: Eerste Moedersdag vir dolfynkoei
Die geboorte van ʼn babadolfyn by die Donetsk-dolfinarium in Oekraïne is op video vasgelê.
Video: Ma se aanraking laat babatjie leef
ʼn Australiese babaseuntjie wat vroeggebore en daarna klinies dood verklaar is, het later deur sy ma se aanraking weer begin asemhaal en leef.