‘n Negejarige seun van Parys in die Vrystaat word vermis nadat hy Woensdag deur die see by Margate aan die KwaZulu-Natalse suidkus meegesleur is.
Soekresultate vir: KwaZulu-Natal
Wittebroodspaartjie ry glo seun (14) dood
‘n 14-jarige seun van Secunda in Mpumalanga is dood nadat hy op die N2 in Umgababa buite Karridene in KwaZulu-Natal deur ‘n motor raakgery is.
Man op plaas doodgeskiet ná Sondagmiddagete
Carl Wessels (55) is Sondag op ʼn plaas naby New Hanover in KwaZulu-Natal doodgeskiet toe hy, sy vrou en twee vriende inbrekers by hul vriende se plaashuis onkant betrap het.
Twee dood, vyf beseer na motor omslaan
Twee mense is dood en vyf mense beseer na ‘n voertuig op die Wartburg-pad buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
Twee sterf in KZN-ongelukke
‘n Man en ‘n vrou is in afsonderlike ongelukke in KwaZulu-Natal dood.
Kind sterf in N3-botsing
‘n Kind is Saterdagoggend dood na ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n motor in Van Reenenspas op die N3 in KwaZulu-Natal.
SOE gaan Nkandla-sperdatum mis
Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het Vrydag gesê die vrystelling van sy verslag, oor veiligheidsopgraderings aan president Jacob Zuma se private woning in Nkandla in KwaZulu-Natal, gaan vertraag word.
Kind uit rioolpyp gered
ʼn 11-jarige meisie is Donderdagmiddag gered nadat sy in ʼn nou rioolpyp beland en vasgesit het.
Lewenslank na hy kleindogter verkrag
‘n Man van KwaZulu-Natal is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy sy 12-jarige kleindogter verkrag het.
Drie in hof ná grootste dwelmklopjag ooit
Die drie mans wat Dinsdag tydens ʼn dwelmklopjag by die grootste dwelmlaboratorium tot dusver in Suid-Afrika in hegtenis geneem is, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.
Christoff Becker gaan weer parool vra
Die departement van korrektiewe dienste sê hy sal ‘n dringende aansoek deur Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof vier, om weer op parool vrygelaat te word teenstaan.
Foto’s: Klopjag op grootste dwelmlaboratorium in DBN-spogbuurt
Die KwaZulu-Natalse polisie het Dinsdag geskiedenis gemaak toe hulle op die grootste dwelmlaboratorium wat nog ooit in die provinsie ontdek is, in Hillcrest, Durban toegeslaan het.
Graad 11-leerling pleit skuldig op moord
ʼn Graad 11-leerling het Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, skuldig gepleit op die moord van ʼn veiligheidswag by die skool en roof met verswarende omstandighede.
Motorfietsryer se skuldigbevinding ter syde gestel
‘n Motorfietsryer van Margate, KwaZulu-Natal se skuldigbevinding en gevolglike vonnis nadat hy teen 190km/h betrap is, is Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg ter syde gestel.
Vrou sterf, twee beseer in gru-ongeluk
‘n Vrou is dood en twee mense is beseer in ‘n gru-ongeluk op die N2 tussen Zinkwazi en die Tugela-brug in KwaZulu-Natal.
10-jarige brand met kookwater
ʼn 10-jarige is ernstig beseer toe sy met kookwater by ʼn huis in Wyebank naby Kloof in Durban, KwaZulu-Natal, gebrand het.
Wonderkind bevestig toewyding aan Suid-Afrika
Suid-Afrika se jongste dokter, wat as 20-jarige gekwalifiseer het, het sy toewyding om sy land te dien, bevestig, het Rapport Sondag berig.
Foto’s: Tenk slaan om in Van Reenenspas
ʼn Tenk van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Vrydagaand in die Van Reenenspas in KwaZulu-Natal omgeslaan toe dit van die vragmotor, wat dit vervoer het, afgeval het.
Tiener van bewegende trein afgestamp
ʼn 14-jarige seun is Vrydag op ʼn trein naby Warner Beach in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, beroof en toe afgestamp.
Engelstalige universiteite in Brics glo nie watwonders
Agt Suid-Afrikaanse universiteite is onder QS se top 100 universiteite in Brics-lande in 2013 aangedui. Die lys is pas bekend gemaak.